Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w10 2/1 bl. 21
  • Kan God spyt voel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan God spyt voel?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Laat die rigters jou geloof versterk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Bybelboek nommer 7—Rigters
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Baälaanbidding—die stryd om die Israeliete se harte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Dien God sonder om spyt te voel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
w10 2/1 bl. 21

Kom nader aan God

Kan God spyt voel?

RIGTERS 2:11-18

AS ONVOLMAAKTE mense voel ons almal soms spyt. Ons voel byvoorbeeld dalk spyt wanneer ons besef dat ons ’n fout gemaak het. Dit is interessant dat die Bybel sê dat Jehovah spyt kan voel. ‘Maar God is volmaak’, sê jy. ‘Hy maak nie foute nie!’ In watter sin voel God dan spyt? Die antwoord kan ons help om iets ontsagwekkends te verstaan: Jehovah het gevoelens, en ons dade kan ’n uitwerking op sy gevoelens hê. Kyk na die woorde wat in Rigters 2:11-18 opgeteken is.

Die Bybelboek Rigters is ’n verslag van ’n veelbewoë tydperk in Israel se geskiedenis. Die nasie het op dié stadium in Kanaän gewoon, die land wat God aan Abraham belowe het. Die weg wat Israel die daaropvolgende paar eeue gevolg het, kan opgesom word as ’n herhalende kringloop van vier stadiums: ontrouheid, onderdrukking, smeking en verlossing.a

Ontrouheid. Israel is deur die Kanaäniete beïnvloed sodat hulle “Jehovah versaak” en ander gode begin volg het; hulle het in die besonder “Baäl en die Astoret-beelde begin dien”.b Hierdie ontrouheid het neergekom op afvalligheid. Geen wonder dat die Israeliete Jehovah, die God wat Israel uit Egipte verlos het, “aanstoot gegee het” nie!—Verse 11-13; Rigters 2:1.

Onderdrukking. Wanneer Jehovah se regverdige toorn ontvlam het, het hy sy beskerming onttrek van sy volk wat hom die rug toegekeer het. Die Israeliete het dan “in die hand van hulle vyande” geval, wat ingekom en die land geplunder het.—Vers 14.

Smeking. Wanneer die Israeliete in uiterste nood verkeer het, het hulle spyt gevoel oor hulle verkeerde weë en tot God om hulp geroep. Hulle smeking word aangedui deur die woorde “gekerm weens hulle onderdrukkers” (vers 18). Smeekbedes tot God was deel van die herhalende kringloop (Rigters 3:9, 15; 4:3; 6:6, 7; 10:10). Hoe het God gereageer?

Verlossing. Jehovah het Israel se gekerm gehoor en “spyt gevoel”. Die Hebreeuse woord wat met “spyt voel” vertaal word, kan beteken om “van gedagte of voorneme te verander”. Een naslaanwerk sê: “Jehovah, wat deur hulle gekerm beweeg is, het sy voorneme om te straf, verander in ’n voorneme om te verlos.” In sy barmhartigheid het Jehovah “rigters verwek” wat sy volk van hulle vyande verlos het.—Vers 18.

Het jy opgelet wat God beweeg het om spyt te voel of van gedagte te verander? Dit was sy volk se veranderde gesindheid. Dink so daaraan: ’n Liefdevolle pa dissiplineer dalk ’n kind wat oortree het, miskien deur hom ’n sekere voorreg te ontneem. Maar wanneer hy sien dat die kind werklik spyt is, besluit die pa om die straf te beëindig.

Wat leer ons omtrent Jehovah uit hierdie verslag? Terwyl opsetlike sonde sy toorn wek, beweeg berouvolle harte hom om barmhartigheid te bewys. Die feit dat ons dade ’n uitwerking op God se gevoelens kan hê, stem ’n mens tot nadenke. Jy kan gerus leer hoe jy Jehovah se ‘hart kan bly maak’ (Spreuke 27:11). Jy sal nie spyt wees nie.

[Voetnote]

a Rigters 2:11-18 is deel van ’n inleidende opsomming wat ’n oorsig gee van Israel se gedragspatroon, wat in die daaropvolgende hoofstukke in besonderhede bespreek word.

b Baäl was die vernaamste god van die Kanaäniete, en Astoret was ’n godin wat as Baäl se vrou beskou is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel