Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w12 3/1 bl. 30-31
  • “Hy het Jehovah bly aankleef”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Hy het Jehovah bly aankleef”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Hy gee ons wilsvryheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Rolmodel—Hiskia
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
  • ’n Koning se geloof word beloon
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
  • God help koning Hiskia
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
w12 3/1 bl. 30-31

Leer jou kinders

“Hy het Jehovah bly aankleef”

WEET jy wat dit beteken om iemand aan te kleef?—a Dit beteken om iemand as belangrik te beskou, om hom baie lief te hê en te respekteer. Ons wil praat oor iemand wat volgens die Bybel die ware God, ‘Jehovah, bly aankleef het’. Sy naam is Hiskia. Kom ons kyk wat ons uit sy voorbeeld kan leer.

Hiskia het nie gelukkige kinderjare gehad nie. Sy pa, Agas, die koning van Juda, het opgehou om Jehovah te dien. Agas het die leiding geneem in die aanbidding van valse gode toe Hiskia ’n seuntjie was. Agas het selfs ten minste een van sy seuns—Hiskia se eie broer—laat doodmaak en aan ’n god wat hy aanbid het, geoffer!

Hoewel Agas slegte dinge bly doen het, het Hiskia aangehou om Jehovah te gehoorsaam. Dink jy dat dit vir hom moeilik was om dit te doen?—Beslis. Maar Hiskia het nie moed opgegee nie! Kom ons kyk wat hom gehelp het om Jehovah aan te kleef, en hoe ons dieselfde kan doen.

Hiskia het van ander geleer wat Jehovah aangekleef het. Dawid was so ’n persoon. Al het Dawid honderde jare vroeër gelewe, kon Hiskia uit die Skrif van hom leer. “As my eie vader en my eie moeder my sou verlaat”, het Dawid geskryf, “sal Jehovah my opneem.”

Sien jy wat Dawid gehelp het om aan Jehovah gehoorsaam te wees?— Dit was sy geloof! Dawid was seker dat Jehovah hom sou help as hy gehoorsaam is. Hy het glad nie daaraan getwyfel nie! Dawid se voorbeeld het Hiskia sekerlik gehelp om Jehovah aan te kleef deur Hom te gehoorsaam. Jy kan ook daarvan seker wees dat Jehovah jou sal help as jy hom aankleef deur hom te gehoorsaam.

Maar gestel jou ma of pa aanbid nie Jehovah nie, wat dan?— God sê dat kinders aan hulle ouers gehoorsaam moet wees. Jy moet dus gehoorsaam wees aan jou ouers. Maar as jou ouers vir jou sê om iets te doen wat God sê jy nie moet doen nie, kan jy verduidelik waarom jy dit nie kan doen nie. Jy moenie leuens vertel, steel of ander slegte dinge doen wat God sê verkeerd is nie, maak nie saak wie vir jou sê om dit te doen nie. Om God te gehoorsaam, is die regte ding om te doen!

Daar is goeie voorbeelde wat ons kan volg. Hiskia het nie net die voorbeeld van Dawid gehad nie, maar ook dié van sy oupa Jotam. Hoewel Jotam gesterf het voordat Hiskia gebore is, kon Hiskia by hom leer, net soos ons vandag in ons Bybel van hom kan leer. Kan jy aan ander goeie voorbeelde dink wat ons kan volg?—

Die Bybel vertel natuurlik ook van party van die foute wat Hiskia, Dawid, Jotam en ander onvolmaakte mense gemaak het. Maar hierdie mense het Jehovah liefgehad, hulle foute erken en probeer doen wat reg is. Onthou, net God se Seun, Jesus, was volmaak. Ons moet veral van hom leer en sy voorbeeld probeer volg.

Lees in jou Bybel

  • 2 Konings 18:6; 2 Kronieke 28:1-3

  • Psalm 27:10; Efesiërs 6:1; Kolossense 3:20

  • 2 Kronieke 27:1, 2; 1 Petrus 2:21

a As jy saam met ’n kind lees, dien die aandagstreep as ’n herinnering om te pouseer en die kind aan te moedig om sy gedagtes uit te spreek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel