Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w12 6/15 bl. 32
  • Goedhartigheid versag bitterheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Goedhartigheid versag bitterheid
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Van depressie tot geluk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soeke na die waarheid beloon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Sê vir hulle dat jy lief is vir hulle
    Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Vasbeslote om volgens Jehovah se sedelike standaarde te lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
w12 6/15 bl. 32

Goedhartigheid versag bitterheid

’N BEJAARDE vrou was baie onvriendelik toe George en Manon, twee Getuies in Nederland, met haar oor die goeie nuus van die Koninkryk gepraat het. Hulle het uitgevind dat sy twee mans en ’n seun aan die dood afgestaan het en dat sy aan ernstige gewrigsontsteking ly. Hoewel sy gedurende die gesprek ietwat bedaar het, het sy nooit werklik vriendelik geword nie.

George het egter vir Manon gesê dat hulle miskien vir die vrou ’n bos blomme moet neem omdat sy so eensaam en bitter gelyk het. Toe hulle dit gedoen het, was die huisbewoner, Rie, aangenaam verras. Maar dit was vir haar ’n ongeleë tyd, en daarom het hulle afgespreek om weer by ’n latere geleentheid te kom. Toe George en Manon op die afgesproke tyd teruggegaan het, het niemand die deur oopgemaak nie. Hoewel hulle op verskillende tye teruggegaan het, kon hulle haar nie weer kry nie. Hulle het selfs begin dink dat sy hulle vermy.

Eendag het George Rie uiteindelik tuis gevind. Sy het om verskoning gevra dat sy nie die afspraak gehou het nie en het verduidelik dat sy in die hospitaal was. “Maar jy sal nooit raai wat ek gedoen het nadat julle twee hier weg is nie”, het sy gesê. “Ek het die Bybel begin lees!” ’n Aangename gesprek het gevolg, en ’n Bybelstudie is begin.

Terwyl Rie die Bybel bestudeer het, het sy verander van ’n verbitterde persoon in ’n gelukkige, vriendelike vrou. Hoewel sy huisgebonde was, het sy dadelik vir almal wat haar besoek het, van haar nuutgevonde geloof begin vertel. Haar gesondheid het haar nie toegelaat om gemeentelike vergaderinge dikwels by te woon nie, maar sy was verheug wanneer broers en susters haar besoek het. Op die dag toe sy 82 geword het, het sy ’n kringbyeenkoms bygewoon en is sy gedoop as ’n simbool van haar toewyding aan God.

Ná haar dood net ’n paar maande later is ’n gedig wat sy geskryf het, gevind. Daarin het sy die pynlike eensaamheid van die ouderdom beskryf en die belangrikheid van goedhartigheid benadruk. “Hierdie gedig het my diep getref”, sê Manon, “en ek is so bly dat Jehovah ons gehelp het om goedhartigheid aan haar te betoon.”

Ja, Jehovah se voorbeeld spoor ons aan om sulke liefde en goedhartigheid te betoon (Ef. 5:1, 2). Ons bediening sal vrugbaar wees wanneer ons ‘ons as God se bedienaars aanbeveel deur goedhartigheid’.—2 Kor. 6:4, 6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel