Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 9/1 bl. 15
  • Van depressie tot geluk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van depressie tot geluk
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Soeke na die waarheid beloon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • ‘Gelukkig is die mens wat wysheid gevind het’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Sy vertroos ander ten spyte van haar gesondheidsprobleme
    Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Die goeie nuus word in België aanvaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 9/1 bl. 15

Koninkryksverkondigers berig

Van depressie tot geluk

JEHOVAH is ’n gelukkige God (1 Timotheüs 1:11, NW). Hy wil hê dat diegene wat hom dien ook gelukkig moet wees. As een van Jehovah se knegte terneergedruk is, sal hy hom gevolglik help om die pyn te verduur en hom selfs soms help om ’n gelukkige gees te herwin. Die volgende ondervinding uit Uruguay lig dit toe.

’n Suster het in ’n kliniek in Montevideo op die uitslag van ’n X-straalondersoek gewag. ’n Vrou wat langs haar gesit het, was baie bang vir wat die dokter dalk vir haar sou sê na die ondersoek wat sy ondergaan het. Die suster het haar vertel dat sy, sedert sy ’n Getuie vir Jehovah geword het, vir niks meer bang is nie. Maar die vrou het gesê sy hou nie van die Getuies nie omdat hulle te veel van mense verwag.

Die suster het haar toe vertel hoe ’n kennis van Bybelwaarheid haar gehelp het. Haar 18-jarige dogter het gesterf en sy het agt jaar lank aan ernstige depressie gely. Nòg psigiaters nòg duur medisyne kon haar help om hierdie depressie te oorkom. Sy het gesê sy is ’n paar keer in die hospitaal opgeneem, maar daar was geen verbetering nie. Bediendes moes haar huishouding waarneem, want sy kon niks doen nie. Sy het probeer selfmoord pleeg omdat sy belangstelling in die lewe verloor het. Dit het gelyk of niks help nie.

Toe, het sy die vrou vertel, het Jehovah se Getuies haar eendag besoek en Bybellektuur by haar gelaat. Dit het haar belangstelling in God se Woord gewek, en sy het die Bybel begin deurlees. Iets het binne-in haar verander. Sy het begin om soggens op te staan en belangstelling in haar huishouding te toon. Sy het uiteindelik besluit om self na haar huis om te sien en het gevind dat sy dit kon doen. Dit was asof sy nooit siek was nie! Dit het haar baie gelukkig gemaak.

Sy het nie na die psigiater teruggegaan nie. Haar kennis van God se Woord het haar wil om te lewe versterk, en dit was vir haar die beste medisyne. Sy het na Jehovah se Getuies gesoek, en hulle het ’n gereelde studie met haar begin hou. Sy het ook vergaderinge begin bywoon, en sy is kort daarna gedoop. Depressie pla haar nie meer nie, en sy put nou genot daaruit om Jehovah te dien.

Die vrou in die wagkamer het aandagtig geluister. Toe sê sy vir die suster: “Ek loop Jehovah se Getuies kort-kort raak; maar as ek ooit die een of ander tyd in die toekoms een van Jehovah se Getuies word, sal dit wees oor wat jy my nou vertel het. As ’n mens na jou luister, is dit soos om lig in ’n donker plek te begin sien.”

Baie mense in talle wêrelddele sien hoe vrugteloos dit is om lewensprobleme self te probeer oplos en hulle wend hulle tot Jehovah God. Hoe gelukkig is hulle tog wanneer hulle van God se komende nuwe wêreld leer waar almal gelukkig sal wees en depressie iets van die verlede sal wees!—Spreuke 16:20.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel