Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w12 11/1 bl. 4-5
  • Vraag 1: Het my lewe ’n doel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraag 1: Het my lewe ’n doel?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Streef ’n sinvolle doel in die lewe na
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Die ware doel van die lewe
    Ontwaak!—1992
  • Wat is die doel van die lewe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wat het God in gedagte vir ons?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
w12 11/1 bl. 4-5

Vraag 1: Het my lewe ’n doel?

ROSALIND, wat in Engeland grootgeword het, het ’n onlesbare dors na kennis gehad. Sy wou ook mense help. Nadat sy skool klaargemaak het, het sy ’n gesogte betrekking beklee wat behels het dat sy die haweloses help, en sy het ook mense met liggaamsgebreke en leergestremdhede gehelp. Hoewel sy bevredigende werk gehad het en ’n goeie bestaan gemaak het, sê sy: “Ek het jare lank gewonder: ‘Waarom is ons hier?’ en ‘Wat is die doel van die lewe?’”

Waarom vra mense hierdie vraag?

Mense is nie soos redelose diere nie. Ons het die vermoë om uit die verlede te leer, vir die toekoms te beplan en ’n doel in ons lewe te probeer vind.

Wat sê party is die antwoord?

Baie mense meen dat die najaging van rykdom of roem die hoofdoel van die lewe is en dat hulle sodoende geluk kan verkry.

Wat gee hierdie antwoord te kenne?

Ons stel ons eie prioriteite in die lewe. God se wil is minder belangrik as ons eie begeertes.

Wat leer die Bybel?

Koning Salomo het ontsaglike rykdom vergaar en genot nagejaag, maar hy het gevind dat hierdie dinge hom nie ’n doel in die lewe gegee het nie. Hy het aangedui wat ’n mens ’n ware doel in die lewe gee toe hy geskryf het: “Die slot van die saak, nadat alles gehoor is, is: Vrees die ware God en onderhou sy gebooie. Want dit is die hele verpligting van die mens” (Prediker 12:13). Wat behels dit om God se gebooie te onderhou?

Deel van God se voorneme vir ons is dat ons die lewe geniet. Salomo het geskryf: “Vir ’n mens is daar niks beters nie as dat hy eet en inderdaad drink en sy siel die goeie laat sien weens sy harde werk. Ook dit het ek gesien, ja ek, dat dit uit die hand van die ware God is.”—Prediker 2:24.

God wil ook hê dat ons ons gesin moet liefhê en vir hulle moet sorg. Let op die eenvoudige, praktiese leiding wat aan elke gesinslid gegee word.

  • “Mans [behoort] hulle vrouens lief te hê soos hulle eie liggaam.”—Efesiërs 5:28.

  • “Die vrou . . . moet diep respek vir haar man hê.”—Efesiërs 5:33.

  • “Kinders, wees gehoorsaam aan julle ouers.”—Efesiërs 6:1.

As ons hierdie Bybelbeginsels toepas, sal ons ’n mate van geluk en tevredenheid vind. Maar die belangrikste ding wat ons kan doen, is om soveel as moontlik oor ons Skepper te leer en ’n hegter verhouding met hom op te bou as ons Vriend. Trouens, die Bybel nooi ons om ‘nader aan God te kom’. Dan maak dit hierdie merkwaardige belofte: “Hy sal nader aan julle kom” (Jakobus 4:8). As jy hierdie uitnodiging aanvaar, sal jy ’n ware doel in die lewe vind.

Rosalind, wat vroeër aangehaal is, meen nou dat sy die doel van die lewe gevind het. In die artikel met die titel “Die Bybel verander lewens” kan jy lees wat sy sê tot haar veranderde gesindheid gelei het.

Om meer uit te vind oor hoe jy jou lewe kan lei op ’n manier wat God behaag, sien hoofstuk 12 van die boek Wat leer die Bybel werklik? Dit kan afgelaai word van www.pr2711.com/af

Wat het Jesus oor die doel van die lewe gesê?

Jesus het glad nie getwyfel oor die doel van sy lewe nie. Hy het gesê: “Hiervoor is ek gebore en hiervoor het ek in die wêreld ingekom, om van die waarheid te getuig” (Johannes 18:37). Jesus het sy lewe daaraan gewy om mense die waarheid omtrent God en Sy voornemens te leer.

Ons sal ware sin in die lewe vind as ons Jesus se voorbeeld volg. Trouens, Jesus nooi ons om by hom te leer (Matteus 11:29). Kyk na net twee maniere waarop ons dit kan doen.

Jesus het geleer dat ons slegs gelukkig kan wees as ons “bewus is van [ons] geestelike behoefte” (Matteus 5:3). Ons kan ons geestelike behoefte bevredig as ons kennis inneem van “die enigste ware God, en van die een wat [hy] uitgestuur het, Jesus Christus”.—Johannes 17:3.

Jesus het sy volgelinge beveel om ander die dinge te leer wat hulle geleer is. Hy het gesê: “Gaan dus en maak dissipels van mense van al die nasies, en doop hulle in die naam van die Vader en van die Seun en van die heilige gees, en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het.”—Matteus 28:19, 20.

Diegene wat hulle geestelike behoefte bevredig deur die Bybel te bestudeer en toe te pas wat hulle leer, vind dat hulle lewe ten goede verander. Hulle begin voel dat hulle ’n ware doel in die lewe het wanneer hulle ander begin help om van God te leer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel