Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/85 bl. 1-3
  • Lê julle nog meer daarop toe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Lê julle nog meer daarop toe
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • GROTER INSPANNING BRING GESEËNDE RESULTATE
  • HOU VOL MET DIE GOEIE OPSWAAI
  • Loof Jah deur intekeninge te verkry
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur intekeninge tydens herbesoeke aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Bied die goeie nuus aan—Deur intekeninge met vrymoedigheid aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Intekeninge
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 1/85 bl. 1-3

Lê julle nog meer daarop toe

1 Toe die apostel Paulus en sy metgeselle om en by die jaar 50 G.J. die “evangelie van God”onder die Thessalonicense verkondig het, het talle dit as “die woord van God” aanvaar en toegepas wat hulle geleer het.​—1 Thess. 2:8, 13; Hand. 17:1-4.

2 Paulus het hierdie gelowiges onderrig oor “hoe [hulle] moet wandel en God behaag”. Nadat hy gehoor het dat hulle standvastig bly, het hy die lede van daardie jong gemeente aangespoor om met selfs groter ywer en vasberadenheid aan die waarheid gehoorsaam te bly. Ja, hy wou hê hulle moes hulle ‘nog meer daarop toelê’.​—1 Thess. 4:1, vgl. NAV.

3 Op grond van daardie aansporing aan die Thessalonicense wil ons ook daarna strewe om in ’n groter mate uiting te gee aan ons geloof deur ywerige deelname aan Koninkrykswerk. Ons moet self aanhou om in die waarheid te wandel terwyl ons die boodskap verkondig wat lewe vir ander kan beteken (Joh. 17:3; 1 Tim. 4:16). Ons sal gedurende Januarie en Februarie weer eens ander nooi om gereeld die uitstekende inligting in Die Wagtoring in te neem deur op hierdie tydskrif in te teken.

GROTER INSPANNING BRING GESEËNDE RESULTATE

4 Die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Mei 1983 het ’n paar uitstekende wenke bevat oor hoe ons doeltreffender kan wees wanneer ons die intekening aanbied. Dit sal nuttig wees om nou die inligting in daardie byvoegsel te hersien. Daardie wenke het vrug gedra. Ter toeligting: In die 1982-diensjaar het ons 13 797 intekeninge verkry, maar in die 1983-diensjaar het dit tot 20 428 vermeerder en gedurende die 1984-diensjaar was daar 22 710! Watter geseënde resultate ontvang ons tog as ons ’n groter poging aanwend om die enigste boodskap van ware hoop na die huise van mense te neem!

HOU VOL MET DIE GOEIE OPSWAAI

5 Sou dit nie verstandig wees om aan te hou om die uitstekende wenke toe te pas wat ons ontvang het rakende die aanbieding van intekeninge nie? Vra jouself af: ‘Het ek ’n negatiewe of ’n positiewe gesindheid teenoor die aanbieding van die intekening by elke gepaste geleentheid? Besluit ek vooraf of die persoon die intekening wil hê of kan bekostig, of laat ek die persoon self besluit? Bied ek eers net twee tydskrifte aan en dan die intekening as die mense uitsonderlike belangstelling toon? Of vind ek dit doeltreffender om eers die intekening aan te bied? Het ek, benewens positiewe aanbiedings van huis tot huis, die intekening al vir my kollegas, in straatwerk, op my tydskrifroete, vir my bure en familielede aangebied?’

6 ’n Geesdriftige aanbieding van die intekening kom uit ’n hart wat geraak is deur die uitstekende inligting in die tydskrifte. Ons Skool-Handleiding sê gepas dat ’n mens entoesiasties is as jy ‘daar sterk van oortuig is dat jou gehoor moet hoor wat jy te sê het’ [sgAF bl. 163 par. 1). Dit geld ook vir inligting wat ons wil hê hulle moet lees. Neem dus die verskillende soorte mense in ag wat jy waarskynlik in jou gebied sal teëkom en kies gedagtes wat hulle kan help om te sien waarom hulle hierdie tydskrifte gereeld moet ontvang.

7 Party verkondigers het gevind dat dit help om die intekeningstrokies op die eerste besoek in te vul vir persone wat belowe om later in te teken. Volg dit op deur getrou op die vasgesteldetyd terug te gaan. Hou dus ’n akkurate huis-tot-huisverslag.

8 As ons besef dat slegs een artikel in ons tydskrifte persone soms gehelp het om die weg tot die lewe te vind, sal dit ons help om ons ‘nog meer toe te lê’ op die noodsaaklike werk om die evangelie met ander te deel deur ’n positiewe uitnodiging tot hulle te rig om intekenaars te word. Het jy al vir jouself ’n intekeningdoelwit gestel vir hierdie kampanje? Jy kan mettertyd vir die intekenaar die Paradys op aarde- of Verenig in aanbidding-boek wys en verduidelik hoe ons tuisbybelstudies hou. Spreuke 3:27 sê: “Hou ’n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom [nie].”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel