Voortreflike Nuwe Verkondigerhoogtepunt vir September—34 554!
Watter treffende bewys van Jehovah se goedheid! Dit is sekerlik nog ’n aanduiding dat Jehovah ons gebede met genoeë verhoor. Ons sê soos die psalmis Dawid: “Ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd” (Ps. 145:1). Die 1 648 gewone pioniers vir September is ’n hoogtepunt. Dit is inderdaad ’n uitstekende manier om die 1985-diensjaar te begin. Daar was ook ’n hoogtepunt in Lesotho van 768 verkondigers en in Swaziland van 766 verkondigers. Mag dit ons voorneme wees dat ons sal aanhou om volop te saai, vol vertroue in die belofte dat ons volop sal maai.—2 Kor. 9:6.