Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/85 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 6 JANUARIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 13 JANUARIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 20 JANUARIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 27 JANUARIE
Ons Koninkryksbediening—1985
km 1/85 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 6 JANUARIE

Lied 129 (66)

7 min: Aankondigings en plaaslike aankondigings.

20 min: “Lê julle nog meer daarop toe.” Vrae en antwoorde. Vra twee of drie verkondigers of pioniers om te vertel watter wenke in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Mei 1983 hulle gehelp het om meer doeltreffend te wees in hulle aanbieding van intekeninge wanneer paragraaf 5 bespreek word.

18 min: “Bied die goeie nuus aan​—Met Die Wagtoring.” Bespreek met behulp van vrae. Hou twee kort demonstrasies deur goed voorbereide verkondigers waarin een Die Wagtoring van 1 Januarie en die ander die nommer van 15 Januarie gebruik. Hersien die tydskrif saam met die gehoor en bespreek ander geselspunte. Spoor ondersteuning van tydskrifwerk op tweede Saterdag, 12 Januarie, aan.

Lied 126 (103) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 13 JANUARIE

Lied 164 (73)

8 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag vir Desember.

20 min: “Help nuwelinge om deel te hê aan Koninkryksvermeerdering.” Bespreek aan die hand van vrae. Hou na ’n bespreking van paragraaf 5 ’n kort demonstrasie van ’n bekwame Getuie wat nuweling help om vir velddiens voor te berei. Berei vir huis-tot-huis-werk voor met behulp van huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’.

17 min: “Leer jou kinders om Jehovah te dien.” Bespreking tussen twee gesinshoofde, verkieslik een met kinders in laerskool en die ander met tienderjarige kinders. Nadat hulle gedagtes in die eerste twee paragrawe bespreek het, meld die een vader ’n situasie waarin kinders spesiale hulp van ouers nodig het, soos vlagsaluering by die skool (of ’n ander geskil wat tans in julle gebied ’n probleem is). Nooi die gehoor om te kyk terwyl hy demonstreer hoe hy sy kinders in laerskool gehelp het om hierdie saak te behartig. (Gebruik inligting in Groot Onderwyser- en/of Bybelverhale-boek.) Na die demonstrasie nader ’n tienderjarige kind van die ander vader hom op die verhoog en vra hom ’n vraag oor die viering van nasionale feesdae. Vader nooi kind om te sit en laaste twee paragrawe op bladsy 21 van die Skool-brosjure te lees. Kind verstaan. Gesinshoofde sluit die bespreking af, beklemtoon hoe noodsaaklik dit is dat alle ouers die nodige stappe doen sodat hulle hulle kinders met hulle probleme kan help deur gebruik te maak van die publikasies wat voorsien is.

Lied 183 (39) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 20 JANUARIE

Lied 99 (118)

18 min: Plaaslike aankondigings. “Kringbyeenkomste—Praktiese raad.” Geesdriftige toespraak. Hersien ook kortliks instruksies in brief gedateer 1 Oktober 1980 met betrekking tot die gebruik van die MEDICAL ALERT-kaartjie. (Kyk Aankondiging.)

7 min: Bied die jongste tydskrifte aan. Demonstreer twee kort aanbiedings van huis tot huis wat elk nie meer as een minuut lank is nie. Die een vestig die aandag op die jongste Wagtoring en die ander op die jongste Ontwaak! Spoor almal aan om tydskrif dag, Vierde Saterdag van die maand, te ondersteun.

20 min: Reël in ooreenstemming met plaaslike behoeftes, of hou dienstoespraak gebaseer op onderwerp “Moenie terugdeins nie” (wAF84 1/10 bl. 29).

Lied 190 (107) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 27 JANUARIE

Lied 157 (58)

10 min: Plaaslike aankondigings. Spoor ondersteuning van velddiens op eerste Sondag van die maand aan.

20 min: “Help jou kinders om na aan God te wees.” Toespraak gebaseer op Die Wagtoring (wAF84 1/8 ble. 5-7). Sluit ondervindinge in uit artikel “’n Spesiale gebied” (wAF84 15/7 bl. 7). Spoor jong verkondigers aan om hulle klasmaats en onderwysers as hulle “spesiale gebied” te beskou. Laat jong verkondigers ondervindinge vertel oor wat hulle al op skool gedoen het om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig.

15 min: Jongmense—Moenie bedrieg word nie. Toespraak en demonstrasie. Soos daar by die “Koninkryksvermeerdering”-Streekbyeenkomste gemeld is, is jongmense ’n spesiale skyf vir Satan. Hy pik op die wat onervare is en mislei hulle soos hy Eva mislei het. Bedrieg jongmense deur verlokkings, versoekings en verleidings. Bevorder gedagte dat jongmense iets misloop. Kweek selfsugtige begeerte om ‘jou eie kop te volg’, self te besluit wat goed, sleg is. Ons moet waak teen sy “liste” (Ef. 6: 11). Hy laat weë van die wêreld, soos geslagsonsedelikheid, rook, dwelmmisbruik, omgang met ongelowiges en wêreldse vermaak aantreklik voorkom. Laat sulke dinge onskadelik lyk, soos die vrug aan die boom vir Eva gelyk het. Jehovah maak voorsiening om jongmense daarteen te beskerm dat hulle bedrieg word: Jeug- en Groot Onderwyser-boek, Skool-brosjure, Ontwaak!-rubriek, “Jongmense vra”, vergaderinge, byeenkomste, ouers en ouere manne. Lei nou toneel in waar tienderjarige seun ’n ouere man nader om ’n probleem te bespreek. Sy vader wil nie hê dat hy by die skool aan georganiseerde sport moet deelneem nie. Hy wil weet of dit werklik so sleg is. Ouere man stel vriendelik en met begrip voor dat hulle met die vader praat en ’n tyd vasstel wanneer hulle die inligting in hoofstuk 16 van die Jeug-boek kan hersien. Hy wys vir die seun die hoofstuk en doen aan die hand dat hy dit voor die tyd deurlees. Almal stem saam. Sluit af met kommentaar oor hoe lief ouere manne, ouers en organisasie ons getroue jong bedienaars het. Ons wil hulle teen Satan se liste beskerm (2 Kor. 11:3). Spoor jongmense en ouers aan om die raad afkomstig van die getroue dienskneg te gebruik en daardeur gerig te word.

Lied 221 (73) en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel