Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/85 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 3 FEBRUARIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 10 FEBRUARIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 17 FEBRUARIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 24 FEBRUARIE
Ons Koninkryksbediening—1985
km 2/85 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 3 FEBRUARIE

Lied 108 (20)

5 min: Plaaslike aankondigings.

10 min: “Vind ten volle baat by die Teokratiese Bedieningskool.” Toespraak deur skoolopsiener. Sluit bemoedigende kommentare in wat almal wat aan die vereistes voldoen, sal beweeg om in te skryf, hulle toewysings ernstig te beskou, en ten volle by die weeklikse program te probeer baat vind. Verwys na bladsye 72-74 van die Ons bediening-boek.

10 min: “Laat u Naam geheilig word”​—Watter naam? Hersien glanspunte van die brosjure. Hierdie publikasie bevat ’n groot verskeidenheid bewyse dat God se naam Jehovah is en dat almal dit moet eer. Bring brosjure se hoof kenmerke na vore en beklemtoon hoe dit gebruik kan word om belangstellendes te laat besef hoe belangrik die goddelike naam is en hoe noodsaaklik dit is om meer van die ware God te leer wat daardie naam dra. Spoor almal aan om dit te lees en deeglik met die inhoud vertroud te raak sodat hulle voorbereid sal wees om dit hierdie maand in die velddiens te gebruik wanneer die aanbod van die hand gewys word.

20 min: “Die seëninge van Jehovah se diens. “Vraag-en-antwoordbespreking deur diensopsiener. Laat ’n gesin na ’n bespreking van paragraaf 5 demonstreer hoe hulle beplan om gedurende Maart en April hulppionierdiens te doen. Meld vir die gehoor dat die voorbeeld wat ouere manne en bedieningsknegte gestel het een van die redes was waarom ons verlede jaar soveel hulppioniers gehad het. Hulle sal ongetwyfeld weer in Maart en April baie bedrywig wees. Hulle sal gedurende een naweek in Maart die Koninkryksbedieningskool bywoon. Maar Maart het vyf naweke en party sal die ander vier vir hulppionierdiens kan gebruik. Anders kan hulle dit in April doen. Wat van die res van die gemeente, aangesien talle ouere manne en bedieningsknegte hulle dit ten doel sal stel? Kan ons probeer om in April ’n hoogtepunt van ten minste 6 000 te bereik? Sluit af deur gehoor hartlik aan te moedig om hulppionierdiens een van hulle hoof doelwitte gedurende Maart en/of April te maak.

Lied 59 (31) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 10 FEBRUARIE

Lied 186 (101)

5 min: Aankondigings in Ons Koninkryksbediening van toepassing op gemeente. Plaaslike aankondigings.

15 min: “Jongmense, ‘wat julle saai, sal julle maai’” (wAF84 15/11 ble. 28-31). Toespraak en bespreking met twee of drie jongmense.

10 min: Reël plaaslik in ooreenstemming met behoeftes van die gemeente.

15 min: “Bied die goeie nuus aan​—Op ’n manier wat persoonlike vreugde verskaf.” Geesdriftige bespreking deur diensopsiener. Nooi gehoor om ondervindinge te vertel wat vir hulle vreugde verskaf het, soos tyd toelaat. Hersien velddiensreëlings vir die week.

Lied 16 (29) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 17 FEBRUARIE

Lied 156 (108)

10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag.

15 min: “Geniet Koninkryksbelange die voorkeur in jou lewe?” Toespraak deur ouere man. Voer onderhoud met hulppionier of gewone pionier wat voltydse diens betree het in plaas daarvan om ander belange na te jaag. Maak ook van hierdie geleentheid gebruik om hulppionierdiens in April aan te moedig.

15 min: Vraebus. Twee broers bespreek aftikel op verhoog. Sluit wenke en raad in wat plaaslik van toepassing sal wees rakende veiligheid van Koninkryksaal.

5 min: Vestig die aandag op een of twee artikels in die jongste tydskrifte en spoor almal hartlik aan om vierde Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem.

Lied 172 (92) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 24 FEBRUARIE

Lied 191 (18)

10 min: Teokratiese nuus en plaaslike aankondigings.

10 min: Gebruik vir plaaslike behoeftes. Anders kan bemoedigende velddiensondervindinge gebruik word. Reël vooraf sodat verkondigers ondervindinge gereed sal hê.

15 min: ’n Geloofversterkende toespraak deur die presiderende opsiener oor “Het ons hulp nodig om die Bybel te verstaan?” Kyk Die Wagtoring 1/5/81, bladsye 16-19.

10 min: Aanbod vir Maart. Hersien die lektuuraanbod vir Maart: Oorlewing-boek. As aanbod van die hand gewys word, sal ons die brosjure “Laat u Naam geheilig word”​—Watter naam? of Jy kan vir ewig op die aarde lewe! saam met ’n tydskrif teen ’n bydrae van 65c aanbied. Of ’n brosjure en die twee tydskrifte kan teen 90c aangebied word. Stel ’n paar geselspunte in die brosjures voor en gebruik veral die illustrasies. Meld ’n paar van die voortreflike artikels in die jongste tydskrifte wat hierdie week in die diens gebruik sal word. Spoor ondersteuning op eerste Sondag van die maand aan.

Lied 160 (8) en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel