Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/85 bl. 1-2
  • Dien Jehovah met standvastigheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dien Jehovah met standvastigheid
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Daniël het God met standvastigheid gedien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Uit die bek van leeus gered!
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • Daniël in die leeukuil
    My boek met Bybelverhale
  • Skep moed! Die millennium is ophande
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 4/85 bl. 1-2

Dien Jehovah met standvastigheid

1 Hoe bly is ons dat Jehovah nooit in sy goedertierenheid wankel nie. By hom is daar geen “verandering of skaduwee van omkering” nie (Jak. 1:17). Hy is altyd gereed om goeie dinge te voorsien vir diegene wat hom liefhet. Maar is ons standvastig in ons toewyding aan hom? Ons moet beslis ons bes doen om Jehovah se voorbeeld na te volg.​—Ef. 5:1, 2.

2 Daniël is een van die talle skitterende voorbeelde in die Bybel van mense wat standvastig was in hulle diens aan Jehovah. Hy het Jehovah gedurigdeur genader vir leiding en het deurgaans Sy wil gedoen. Selfs toe hy geweet het dat ’n wet uitgevaardig is wat alle gebede belet het behalwe gebede tot die koning, het hy aangehou om openlik tot Jehovah te bid “net soos hy tevore gedoen het”. Sy vonnis: dood in die leeukuil! Maar God het sy engel gestuur en “die bek van die leeus toegesluit”. Darius, die koning, het tereg geredeneer: “Mag jou God wat jy gedurigdeur vereer [“met standvastigheid dien”, NW], jou verlos!” (Dan. 6:7-11, 17, 23). Ja, Daniël het standvastig gebly in sy gehoorsaamheid aan Jehovah se vereistes, en Jehovah het hom gered.

3 As ons dieselfde volgehoue toewyding toon deur aan Jehovah se wette gehoorsaam te bly, kan ons ook met vertroue verwag om sy seën en goedkeuring te ontvang. Is dit nie verblydend om die ywer vir God se werk te sien wat sy volk vandag toon nie? Die ywer in Koninkryksdiens het hoogtepunte in ure, herbesoeke en Bybelstudies tot gevolg gehad. Hoe hartverblydend is dit ook om die groot aantal verkondigers te sien wat vrywillig vir hulp- en gewone pionierdiens aansoek doen! Ons is verheug om te sien hoe besorg julle is oor die geestelike welsyn van regskapenes in die veld. Diegene wat met sulke ywer werk, geniet Jehovah se goedkeuring en seën.

4 Net soos Daniël sal ons ook vyande hê wat ons geloof sal probeer aftakel en ons van ons getroue aanbidding van Jehovah probeer wegkeer. Die Duiwel, die gees van die wêreld, en ons eie vleeslike swakhede oefen druk uit wat ons kan laat weifel in ons diens. Hoe kan ons versterk word om standvastig te bly? Diegene wat al baie jare lank bestendig is in die waarheid, sê dat ’n hegte verhouding met Jehovah hulle die meeste help om hierdie druk te weerstaan. En hoe verkry hulle dit? Soos Daniël bid hulle gereeld en vra hulle Jehovah om hulp en leiding. Hulle maak seker dat hulle Jehovah se gees het deur gereeld vergaderinge by te woon waar sy Woord bespreek word. Al hierdie dinge, tesame met gereelde tye vir persoonlike studie, help hulle om toetse te deurstaan en ander tot “liefde en goeie werke” aan te spoor.​—Hebr. 10:24.

5 Deur hierdie selfde kanale te gebruik om God se gees te verkry sodat hulle op die regte weg bly, word toegewyde broers en susters oral toegerus om die dinge wat hulle leer met ander te deel. Hierdie standvastiges sê dikwels dat die verkondiging van hulle hoop aan ander die beste manier is om hulle eie oë op die prys gevestig te hou. En net soos Daniël versterk is deur sy omgang met ander jong manne wat God se wette gerespekteer het, kan omgang met ander in die Koninkryksdiens ons versterk om standvastig te bly in die geloof en Jehovah se guns te geniet.​—Dan. 1:6, 17.

6 Laat ons gedurende April probeer om ’n goeie voorbeeld te stel in standvastige diens aan Jehovah. Jehovah sal ons ywerige werk seën wanneer ons van huis tot huis gaan, herbesoeke doen, tuisbybelstudies hou en van ander geleenthede gebruik maak om die goeie nuus te verkondig. En deur behoorlike aandag te skenk aan die geestelike behoeftes van die nuwelinge wat reeds met ons omgaan, kan ons hulle help om Jehovah ook met standvastigheid te dien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel