Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/85 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 2 JUNIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 9 JUNIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 16 JUNIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 23 JUNIE
Ons Koninkryksbediening—1985
km 6/85 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 2 JUNIE

Lied 109 (119)

10 min: Plaaslike aankondigings en Aankondigings uit Ons Koninkryks-bediening.

15 min: “Die ontoegekendegebied-kampanje—Sal jy ’n volle aandeel hê?” Geesdriftige bespreking deur diensopsiener. Bespreek brief van 1 Mei 1985 en gedagtes uit die artikel “Reaksie op die ‘Macedoniese oproep’ in Japan” in Die Wagtoring van 15 Maart 1985. Sukses hang in ’n groot mate af van die gesindheid waarmee ons beplan. Moedig positiewe beplanning aan ten spyte van verswakking van ekonomiese toestande. Kan jy langer in ontoegekende gebied bly indien jy ’n hulppionier is? (5 min.) Voer onderhoud met gesin wat gereeld die kampanje ondersteun. Watter planne beraam julle om die kampanje ten volle te ondersteun? Onkoste? Verblyf, ens.? Meld watter naweke die gemeente in ontoegekende gebied sal werk.

20 min: “Vertel daagliks die goeie nuus van redding.” Vrae en antwoorde. Kort demonstrasie oor gedeelte van ’n gesin se oefensessie waar een lid van die gesin ’n eenvoudige aanbieding uit Ons Koninkryksbediening vir ’n ander lid doen. Spoor almal aan om tweede Saterdag tydskrif werk te doen asook om Sondag van huis tot huis te werk met die aanbod, indien moontlik.

Lied 129 (66) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 9 JUNIE

Lied 91 (54)

10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag.

20 min: Leer ander met behulp van die tydskrifte. Gehoorbespreking en demonstrasies. Hoe kan ons die onderrigkuns toepas wanneer ons tydskrifte aanbied? Beklemtoon die grondslag vir goeie onderrigting: Vertroue op Jehovah (2 min.) Onthou ons boodskap kom van Jehovah af; bevorder God se belange en nie ons eie nie. Vestig aandag op die Bybel en die boodskap daarin oor die goeie nuus van die Koninkryk; dit is noodsaaklik ten einde harte te bereik. Voorbereiding. (2 min.) Ons kan ander slegs leer wat ons self weet. Lees jy die tydskrifte? Ons almal moet. Terwyl jy dit lees, moet jy veral let op punte waarin die mense wat jy teëkom miskien belang sal stel. In watter artikels of gedagtes sal ’n man, vrou, kind, beroepsman of iemand wat werkloos is, belangstel? Probeer hierdie gedagtes in jou eie woorde stel. Voorsien waarin die huisbewoner belang sal stel en die besware wat hy sal opper. Vrae. (2 min.) Goed bewoorde vrae kan baie doeltreffend wees om mense se belangstelling gaande te maak en aandag op die artikel te vestig wat jy in jou aanbieding wil gebruik. Doeltreffende gebruik van vrae sal jou help om ander te leer en belangstelling te wek. Illustrasies. (2 min.) Jesus het ander met behulp van woordbeelde geleer (Matt. 13:34, 35). Die tydskrifte bevat prente wat hoofgedagtes of -lesse wat in die materiaal bespreek word lewendig uitbeeld. As aandag op hierdie prente gevestig word, sien en hoor mense, en dit verhoog die doeltreffendheid van jou onderrigting. Herhaling. (2 min.) As jy gereeld met die jongste nommers terugkeer, kan dit die huisbewoner progressief help om meer van die Koninkrykshoop te leer. Dit kan jou ook help om ’n verhouding met die huisbewoner op te bou wat tot ’n Bybelstudie kan lei (sgAF bl. 49-54).

(9 min.) Twee demonstrasies. Laat ervare verkondiger(s) aanbiedings van 30 tot 60 sekondes van die jongste tydskrifte doen. Vestig die aandag in die eerste demonstrasie op Die Wagtoring en in die tweede op Ontwaak! Spoor gehoor aan om aandagtig daarna te luister. Vra gehoor na elke demonstrasie om kommentaar te lewer oor hoe die onderrigtegnieke wat vroeër bespreek is, toegepas is.

(1 min.) Voorsitter spoor almal aan om die gedagtes toe te pas wat bespreek is. Ons bestee baie tyd in die velddiens daaraan om tydskrifte aan te bied. Ten einde soveel moontlik te bereik, moet ons almal progressief probeer om ons onderrigvermoë met behulp van tydskrifte te verbeter.

15 min: “Kan jy ’n pionier wees?” Vrae en antwoorde. Lees sleutelparagrawe.

Lied 12 (68) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 16 JUNIE

Lied 116 (49)

10 min: Plaaslike aankondigings en toespraak oor “Staan vas in die geloof”. Wek geesdrif vir kringbyeenkoms en beklemtoon die waarde daarvan om elke sessie by te woon.

15 min: Gebruik vir plaaslike behoeftes of toespraak oor “Moet nooit vergeet dat jy ’n getuie is nie!” in Die Wagtoring van 1 Junie 1984 bladsye 21-6. Beklemtoon gedagtes onder tussenhofies “Gebruik jou tyd om ander te help” en “Wees gereed om informeel te getuig”.

15 min: “Hou aan om mekaar te help.” Vrae en antwoorde.

5 min: Velddiens vir die naweek. Spoor almal aan om die vierde Saterdag van die maand tydskrifwerk te doen. Vestig aandag op die artikels in die jongste nommers van Die Wagtoring en Ontwaak! wat byval sal vind by die verskillende mense in die gemeente se gebied. Demonstreer aanbieding van 30 tot 60 sekondes met jongste tydskrifte, gebruik gepaste artikel.

Lied 216 (108) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 23 JUNIE

Lied 92 (51)

10 min: Plaaslike aankondigings. Ook gemeente se velddiensrapport vir Mei. Prys broers vir werk wat in die veld gedoen is.

20 min: “Bied die goeie nuus aan​—Vir alle mense.” Vrae en antwoorde. Kort demonstrasie met verkondiger wat persoon nader wat kyk hoe Getuies van huis tot huis gaan. Laat verkondigers kommentaar lewer oor hulle pogings om almal met die goeie nuus te bereik, soos tyd toelaat.

15 min: Bied die Oorlewing-boek in Julie aan. Stel gepaste geselspunte voor, soos die titels van die eerste sewe hoofstukke of die eerste paragraaf van elkeen van hierdie hoofstukke. Prente op bladsye 4, 5, 33 en 41 kan gebruik word. Voorbereide verkondiger demonstreer hoe ‘Onderwerp van gesprekke’ gebruik word en vestig aandag op paragraaf 1 van hoofstuk 3 wanneer die Oorlewing-boek aangebied word. Verkondiger plaas die boek in huisbewoner se hande.

Enigeen van die brosjures, maar veral die kleur- of “Laat u Naam geheilig word”-brosjure, kan as alternatiewe aanbod gebruik word teen ’n bydrae van 40c. Of bied een van die brosjures saam met die jongste tydskrifte aan teen 90c. ’n Ouer publikasie kan ook aangebied word, soos aangetoon word onder Aankondigings.

Spoor ondersteuning van velddiens hierdie Sondag aan.

Lied 220 (19) en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel