Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/85 bl. 1-2
  • Verkondig die goeie nuus met vrymoedigheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verkondig die goeie nuus met vrymoedigheid
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • VERTROU OP JEHOVAH
  • AANBOD VIR DIE MAAND
  • Volg Jesus na—Preek met vrymoedigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Getuig jy met vrymoedigheid?
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • ‘Spreek die Woord van God met vrymoedigheid’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Verkondig die goeie nuus met vrymoedigheid
    Ons Koninkryksbediening—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 7/85 bl. 1-2

Verkondig die goeie nuus met vrymoedigheid

1 As Jehovah se Getuies het ons talle redes om die Koninkryksboodskap onbevrees en met vrymoedigheid te verkondig. Ten eerste verteenwoordig ons Jehovah. Ten tweede verg die belangrikheid van die boodskap op sigself dat ons met vertroue praat. Die versekering dat hy met ons is en ons sal versterk, moet ons beweeg om die waarheid onbevrees te verkondig (Jer. 1: 17,19). Daarbenewens kan ons bemoediging put uit die voorbeeld van ander wat ten spyte van ontberinge en struikelblokke volhard het in die doen van God se wil.​—Hand. 4:29, 31.

2 ’n Besef van die belangrikheid van die goeie nuus behoort ons aan te moedig om dit met vrymoedigheid te verkondig. Hierdie Koninkrykswaarhede kom nie van ’n menslike bron af nie, maar ‘deur goddelike openbaring’ (Gal. 1:11, 12). Die Koninkryk is die toetssteen waarvolgens alle mense geoordeel sal word. Jesus het derhalwe getoon dat ons onbevreesde verkondiging van die goeie nuus selfs belangriker is as ons huidige lewe.​—Mark. 8: 34, 35.

VERTROU OP JEHOVAH

3 Teenkanting teen die boodskap sterk ons slegs in ons voorneme om met vrymoedigheid te preek (1 Thess. 2:2). Juiste kennis van Jehovah en geloof in sy Woord bou ’n innerlike krag op wat enige vrees verdryf vir diegene wat ons dalk probeer verhinder (1 Pet. 3:13,14). Jehovah se beloftes verseker ons dat ons onder sy liefdevolle sorg verkeer. Bemoedig Jesus se belofte dat hy met ons sal wees tot die voleinding van die wêreld ons nie ook nie? (Matt. 28:20). Terwyl ons met vrymoedigheid preek, kan ons met vertroue soos die psalmis sê: “Die HERE is vir my; ek sal nie vrees nie: wat kan ’n mens my doen?”​—Ps. 118:6.

4 ’n Nadere beskouing van die geskiedenis van getroue manne kan moedige volharding in God se diens kweek. Petrus en die ander apostels was bekend vir die vrymoedigheid waarmee hulle gepreek het (Hand. 4:13; 5:29). Kort na Paulus se bekering het hy “vrymoediglik” begin getuig en daarin volhard (Hand. 13:46; 14:3). Ons kan ook krag put uit “so ’n groot wolk” van voorchristelike getuies, asook uit die hedendaagse voorbeelde van ons broers in plekke soos Malawi, Turkye, Korea en dele van Oos-Europa. Hulle reputasie van geloof en vrymoedigheid in die predikingswerk beweeg ons om moedig voort te gaan in Jehovah se diens.​—Hebr. 12:1.

AANBOD VIR DIE MAAND

5 Ons kan met goeie rede gedurende Julie onbevrees die Oorlewing-boek enenige van die ouer publikasies in ons plaaslike en ontoegekende gebied aanbied. Hoewel party huisbewoners in die boodskap belang sal stel, sal ander waarskynlik onverskillig wees en nie belangstel nie. Hoe sal ons reageer? Sal die gesindhede van diegene wat ons teëkom ons daarvan weerhou om met oortuiging en vrymoedigheid te preek? Sal ons toelaat dat ongunstige toestande in die gemeenskap ’n demper op ons ywer plaas? As ons besef hoe belangrik die boodskap is wat ons verkondig en die mensdom se behoefte aan ’n vaste vooruitsig op oorlewing aanskou, sal ons nie huiwer om die goeie nuus onbevrees aan ander te verkondig nie.

6 Gebed is nog ’n manier waarop ons moedige volharding in die bediening aankweek. Paulus het gesê dat ‘gebed by elke geleentheid in die Gees’ ons die vermoë kan gee om “met vrymoedigheid” te spreek (Ef. 6:18-20). Gedurende tye van benoudheid het Jehovah gou die gebed van die psalmis verhoor deur hom ‘moedig te maak met krag in sy siel’ (Ps. 138:3). Mag ons verenigde gebede ten behoewe van mekaar die weg vir ons baan om ‘des te meer die woord onbevrees te spreek’, terwyl ons vir ander die weg wys tot oorlewing in Jehovah se nuwe stelsel.​—Filip. 1:14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel