Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 30 JUNIE
Lied 107 (57)
10 min: Plaaslike aankondigings en bespreking van dagteks. Spoor gereelde gesinsbespreking van teks aan.
15 min: “Verkondig die goeie nuus met vrymoedigheid.” Vrae en antwoorde. Lees gekose paragrawe en sleuteltekste soos tyd toelaat. Hersien geselspunte uit Oorlewing-boek en ouer publikasies op die spesiale aanbod wanneer paragraaf 5 bespreek word. Spoor gemeente aan om soveel moontlik van die ouer publikasies te versprei. Indien beskikbaar, kan twee publikasies teen R1,00 of drie teen Rl,50 aangebied word. Ware vrede en veiligheid-boek kan ingesluit word waar twee of meer ouer publikasies aangebied word.
20 min: Besef die dringendheid van ons openbare bediening. Gehoorbespreking.
(3 min.) Voorsitter: ’n Voorreg om deel te neem aan die uitvoering van belangrikste werk in ons tyd (Matt. 24:14; 28:19). Gee blyk van ondersteuning en samewerking van die engele (Openb. 14: 6, 7). Aangesien baie min tyd oorbly vir die volbrenging van hierdie werk moet dit met dringendheid gedoen word. Nodig om volle en gereelde deelname aan bediening te he (Matt. 9:37, 38; Ef. 5: 15-17).
(15 min.) Lees en bespreek met gehoor die volgende vrae en gekose tekste (nie al die tekste hoef gelees te word nie): Watter persoonlike verantwoordelikheid bring toewyding mee? (Matt. 11: 28-30; Luk. 6:40, 45). Hoe weet ons dat die predikingswerk vandag die hoof werk van die Christengemeente is? (Luk. 8:1; 9:1, 2; 10:1, 8, 9). Hoe is ons deelname aan die bediening ’n toets van ons liefde vir Jehovah en sy organisasie? (Openb. 12:12,17; Matt. 10:32, 33; 25:31-33, 37-40). Wat moet ons gesindheid teenoor ’n voile aandeel in die bediening wees? (Rom. 11:13; 15:16; 1 Kor. 9:16).
(2 min.) Slot: Hersien hoofgedagtes, beklemtoon Skriftuurlike redes vir ons persoonlike beskouing van die bediening. Spoor almal aan om hierdie naweek aan die diens deel te neem; meld reëlings vir bedrywighede op eerste Sondag van die maand.
Lied 27 (7) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 7 JULIE
Lied 67 (38)
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Spoor almal aan om hierdie Saterdag tydskrifwerk te doen. Demonstreer twee tydskrif aanbiedings van 60 sekondes. Vestig die aandag in die een op die jongste Wagtoring en in die ander op die jongste Ontwaak!
20 min: “Streef julle as ’n gesin geestelike doelwitte na?” Vraag-en-antwoordbespreking. Lees paragrawe en tekste soos tyd toelaat. 15 min: “Ouers, beskerm julle kinders.” Toespraak deur ouere man oor artikel in Die Wagtoring van 15 Maart 1985 op bladsye 25-27.
Lied 157 (73) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 14 JULIE
Lied 151 (25)
8 min: Plaaslike aankondigings, asook lot vir goeie aspekte van gemeente se rapport vir Junie. Rekeningverslag.
7 min: Waarom hulppionierdiens doen? Voer onderhoud met een of twee verkondigers wat onlangs hulppioniers was. Lok kommentare uit oor: Waarom het hulle besluit om pionierdiens te doen? Hoe het hulle tyd daarvoor ingeruim? Hoe het hulle persoonlik daarby baat gevind? Laat hulle bemoedigende velddiensondervindinge met betrekking tot pionierdiens vertel.
15 min: “Help ander om vooruitgang te maak in die bediening.” Bespreking van die artikel met behulp van vrae en antwoorde.
15 min: ’n Gebalanseerde beskouing van ‘teken’. Vraag-en-antwoorddekking van “Vrae van lesers” in Die Wagtoring van 15 April 1985. Die ouere man wat hierdie deel behartig, moet vrae oor die materiaal voorberei en al die paragrawe laat lees.
Lied 132 (70) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 21 JULIE
Lied 93 (48)
8 min: Plaaslike aankondigings en “Dien waar daar meer hulp nodig is”. Stel geselspunte in jongste tydskrifte voor wat in die veld gebruik kan word. Herinner broers daaraan om kort aanbiedings voor te berei.
12 min: “Streekbyeenkomsreëlings vir 1985.” Sekretaris bespreek paragraaf 1 tot 8 van byvoegsel. Bespreek aan die hand van vrae en antwoorde. Spoor broers aan om vroeg om verblyfplek aansoek te doen as gemeente ’n byeenkoms ver weg gaan bywoon.
10 min: Help om julle Koninkryksaal skoon te hou. Bespreking met gemeente deur ’n broer wie se gesin ’n voorbeeld stel in die skoonmaak en instandhouding van die saal. Bespreek die vrae en die toepassing van die beginsels in die gegewe tekste. Waarom is ’n skoon Koninkryksaal so belangrik? (Neh. 12:30; 2 Kron. 29:2-5,15-17). Hoe kan kinders in hierdie opsig geleer word? (Spr. 22:6). Hoe kan die toewysings vir die skoonmaak van die Koninkryksaal gereel word? (1 Kon. 5:14). Hoe moet die ruskamers van die Koninkryksaal lyk? (Deut. 23:14). Wat moet ons gesindheid teenoor die skoonmaak van die Koninkryksaal wees? (Neh. 10:39). Bespreek plaaslike reëlings vir die skoonmaak van die Koninkryksaal.
15 min: “Bied die goeie nuus aan—Vir familielede en kennisse.” Vrae en antwoorde. Demonstreer ’n taktvolle benadering wat ’n verkondiger kan gebruik wanneer hy ’n familielid besoek. Demonstreer ook hoe Getuie die waarheid met ’n kennis deel wat hy nie gesien het sedert hy een van Jehovah se Getuies geword het nie.
Lied 31 (66) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 28 JULIE
Lied 35 (15)
8 min: Plaaslike aankondigings en kort bespreking van “Gee aandag aan verspreiding van Ontwaak!”
12 min: “Hoe ruim is jou liefde?” Toespraak gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 15 Maart 1985, bladsy 21-23.
15 min: “Streekbyeenkomsreëlings vir 1985.” Sekretaris bespreek materiaal in byvoegsel vanaf tussenhofie “Vervoerreëlings”. Bespreek aan die hand van vrae en antwoorde. Beklemtoon die belangrikheid daarvan om vroegtydig finale reëlings te tref vir vervoer tussen die byeenkomsterrein en verblyfplek, asook die noodsaaklikheid om die nodige geld daarvoor te spaar. Spoor almal hartlik aan om te beplan om al vier dae teenwoordig te wees.
10 min: Berei voor vir velddiens in Augustus. Moedig almal op ’n hartlike en besielende wyse aan om die eerste Sondag van die maand velddiens te doen. Hersien lektuuraanbod vir Augustus, en beklemtoon nuttige gedagtes met betrekking tot die aanbieding. Lewer opbouende kommentaar oor ‘Onderwerp vir gesprekke’.
Lied 30 (89) en slotgebed.