Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/85 bl. 1-2
  • Toon geloof deur vergenoeg te wees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon geloof deur vergenoeg te wees
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HOU DIE KONINKRYK EERSTE
  • DOEN WAT ONS KAN
  • ‘Hou aan om eers die koninkryk te soek’
    Aanbid die enigste ware God
  • Wees tevrede met wat jy het
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Het jy “die geheim daarvan geleer” om tevrede te wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Is dit moontlik om vergenoeg te wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 9/85 bl. 1-2

Toon geloof deur vergenoeg te wees

1 Dit verg sterk geloof om vergenoeg te wees in ’n wêreld vol ontevredenheid. Die meeste mense is nie tevrede met wat hulle het nie. Hulle wil meer hê, ongeag wat dit kos (Pred. 5: 9,11b; 1 Tim. 6:9). Satan probeer materialistiese neigings in ons aanwakker, en probeer ons verlok met dinge wat ‘begeerlik is vir die oë’ (1 Joh. 2: 16). Dit is wat hy in die tuin van Eden gedoen het, en dit het gewerk. Daarom gebruik hy vandag soortgelyke liste om onbehoedsames te bedrieg.

2 Ten einde ons teen Satan se bedrog te verdedig, moet ons ons geloof toon deur vergenoeg te wees met wat ons het. Jesus het sy dissipels geleer om die Vader in gebed om “ons daaglikse brood” te vra (Matt. 6:11). As ons met sy voorsienings tevrede is, bevry dit ons van sorge en kan ons Koninkryksbelange eerste stel. As ons materiële dinge nastreef, kan ons nie beweer dat dit ons beskouing is nie (Matt. 6:33). Jesus het gewaarsku dat ons nie ‘skatte op die aarde’ moet bymekaarmaak nie. Hy het ons aangespoor om ons oog reg te hou, net op een ding ingestel, naamlik die doen van God se wil.​—Matt. 6:19, 22.

HOU DIE KONINKRYK EERSTE

3 Nadat ons tot kennis van die waarheid gekom het, moes ons veranderinge in ons lewens aanbring. Ons moet nou vasbeslote wees om steeds Koninkryksbelange eerste te stel. Ons wil nie aan ons materiële besittings geheg wees soos die ryk, jong heerser nie. Hy het vir Jesus gevra: “Watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?” Omdat hy nie bereid was om die veranderinge te maak wat Jesus aanbeveel het nie, het hy bedroef weggegaan (Matt. 19:16-22; Luk. 18:18-23). Ons is egter bly om hierdie veranderinge te maak. Noudat ons in die regte rigting beweeg, is die uitdaging om Koninkryksbelange eerste in ons lewe te hou. Dit is reg en nodig dat ons werk om geskikte “voedsel en klere” te voorsien. Maar Satan het die slag om ’n persoon al hoe meer by sekulêre werk betrokke te laat raak, wat Koninkryksbelange dan op die agtergrond skuif. Ons kan Satan se subtiele strikke vermy deur vergenoeg te wees en nie toe te laat dat geldgierigheid ons mislei nie. ​—1 Tim. 6:7-10.

4 Soos die apostel Paulus ontvang ons talle seëninge as ons ons lewens om die Christenbediening bou. Hy het hard gewerk en mede-Christene aangespoor om dieselfde te doen (1 Thess. 2:9; 2 Thess. 3:7-12). Hy het voortdurend aan maniere gedink waarop hy die Koninkryksverkondiging kon bevorder, en tog het hy tere besorgdheid getoon oor die geestelike welsyn van almal in die gemeentes (1 Thess. 2:7,8). Ons moet ons ook besig hou met die verkondiging van die goeie nuus en die behoeftes van ander. Vergenoegdheid spruit uit die wete dat ons Jehovah se wil doen.

DOEN WAT ONS KAN

5 Party van ons kan meer tyd as ander aan die veldbediening bestee. Maar ons kan ander nie na aanleiding van ons situasie oordeel nie. Individuele omstandighede verskil. Ouderdom, gesondheid en gesinsverantwoordelikhede is almal faktore wat in ag geneem moet word. Ons moet ander dus nie kritiseer nie, maar voortgaan om deur geloof beweeg te word om self te verbeter en God na die beste van ons vermoë te dien. Hierdie gesindheid sal nie onvergenoegdheid veroorsaak of vir ander ontmoedigend wees nie.

6 Jehovah het vir ons baie gegee om in die Koninkrykswerk te doen. In September sal ons die Ware vrede en veiligheid-boek teen 50c aanbied. Ons sal die grootste welslae met die verspreiding van lektuur behaal as ons vertroud is met die publikasie wat ons aanbied. Wees geesdriftig oor die boodskap daarin, wetende dat dit ’n belangstelling in God se Koninkryk by opregte mense kan aanwakker.

7 Ons sterk geloof in Jehovah se beloftes beweeg ons om die goeie nuus ywerig te verkondig. Laat ons aanhou om vooruitgang te maak, vergenoeg en vol vertroue dat Jehovah ons met sukses sal seën as ons sy wil getrou doen.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel