Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/85 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1985
Ons Koninkryksbediening—1985
km 9/85 bl. 3

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir September: Enige ouer publikasie op die spesiale aanbod, veral die Ware vrede en veiligheid-boek., teen 50c. (Kyk lys saam met brief van 22 April 1985. [Engels: “Let Your Kingdom Come” teen Rl,40.]) Oktober : Intekening op Ontwaak! of Die Wagtoring, of albei, teen ’n bydrae van R6.50 vir elke jaar-intekening. November: Ware vrede en veiligheid-boek. teen ’n bydrae van 50c. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures saam met enige ouer publikasie op die spesiale aanbod teen ’n bydrae van R4,70.) Desember: Enige ouer publikasie op die spesiale aanbod teen ’n bydrae van 50c. Bied die Ware vrede en veiligheid-boek teen 50c aan as dit beskikbaar is.

• Gemeenterekeninge moet op 1 September, of so gou moontlik daarna, geouditeer word deur die presiderende opsiener of iemand wat hy aanstel.

• 1986-kalender van Jehovah se Getuies: Verkondigers en pioniers moet asseblief hulle kalenders deur die gemeentes bestel. Gemeentes behoort nou al bestellings vir hierdie kalenders te neem. Stuur dan hierdie bestelling op 1 Oktober 1985 of so gou moontlik daarna aan die Genootskap op die gewone lektuurbestelvorm (S-14). Kalenders in ander tale moet onder “Other Language Publications” aangegee word, met die getal vir elke taal asook die jaar 1986. Die kalenders sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chinees, Engels, Frans, Duits, Grieks, Italiaans, Portugees, Sotho, Xhosa en Zulu.

Kalenders is beheerde voorraaditems en lektuurrekeninge sal met Rl,40 per eksemplaar gedebiteer word. Dit is die prys vir verkondigers, pioniers en die publiek. Geldsendings moet nie gemeentelike bestellings vergesel nie, behalwe waar gemeentes se rekening ’n nadelige saldo het. In sulke gevalle moet kontant die bestellings vergesel. Totdat die kalenders beskikbaar is en uitgestuur word, sal dit as “Will Send Later” op gemeentelike fakture verskyn,

• Daar is nog baie kalenders vir 1985 in Afrikaans, Grieks, Xhosa en Zulu beskikbaar. Dit kan teen ’n verlaagde prys van 25c elk verkry word terwyl hulle nog in voorraad is. Gemeentes kan dit op die gewone lektuurbestelvorm bestel.

• Neem asseblief daarvan kennis dat daar van 1 September 1985 af pioniertariewe vir Bybels in Afrikaans en die Swart tale sal wees. Die nuwe pryse is soos volg:

Gem. en Pio. Publiek

Bybels in Swart tale R3,50 R4,00

Bybels in Afrikaans

(Ou vertaling) R3.50 R4,00

(Nuwe vertaling) R4,40 R5,00

Pas asseblief alle pryslyste hierby aan.

• Weens die stygende koste het die Bestuursliggaam aanbeveel dat ons die prys van ons tydskrifte van 1 September af verhoog. Hieronder is die nuwe pryse vir tydskrifte en intekeninge.

Gem. en Pio. Publiek

Die Wagtoring en Ontwaak!

Verspreiderseksemplare ,15 ,30

Halfmaandelikse intekeninge

Een jaar R3.25 R6,50

Ses maande R1.65 R3,25

Maandelikse intekeninge

Slegs een jaar R1.65 R3,25

• Neem asseblief daarvan kennis dat daar nie minder as vyf tydskrifte aan gemeentes gestuur word vir verspreidersbestellings nie. Die Genootskap stuur hierdie bestellings slegs in veelvoude van vyf. Hou dit asseblief in gedagte wanneer julle gemeentelike bestellings vir tydkrifte instuur. Gebruik altyd die Verspreidersbestelvorm (M-202-AF) wanneer julle ’n bestelling plaas of julle gemeente se tydskrifbestelling verander.

• Die artikel “School and Jehovah’s Witnesses​—The Brochure Is Helping” in Awake! van 8 September 1985 meld dat die brosjure vrylik aan onderwysers gegee en met hulle bespreek word. Soos vroeër deur die Genootskap gemeld is, word dit nie in Suid-Afrika gedoen nie, weens ander omstandighede. Wat in die artikel in Awake! bespreek is oor die verspreiding van die brosjure, geld dus slegs vir sekere lande waar daar geen probleem met die verspreiding van die Skool-brosjure onder onderwysers en skoolowerhede is nie. Die res van die inligting in die artikels sal egter vir ouers en leerlinge nuttig wees.

• Gemeentes moet asseblief onderskeid tref tussen Ondersoek die Skrif elke dag en die Yearbook wanneer hierdie items bestel word. Onthou asseblief dat bestellings vir die 1986 Yearbook slegs na 1 Desember 1985 ingestuur kan word.

• Van September af sal kringopsieners ’n skyfietoespraak hou met die titel “Baie word tot regverdigheid gelei in die tyd van die einde”. Dit is ’n geskiedkundige verslag van Jehovah se volk in onlangse tye wat vir alle belangstellendes baie insiggewend sal wees.

• Daar is gekwalifiseerde elektrisiëns by Roodekrans nodig. Kan jy jou beskikbaar stel? Doen asseblief aansoek deur die Dienskomitee van jou gemeente.

• Nuwe publikasies beskikbaar:

Jy kan vir ewig op die aarde lewe!​—Arabies, Spaans

From Kurukshetra to Armageddon—And Your Survival​—Tamil

The Divine Name That Will Endure Forever​—Portugees

Stel van 10 poskaarte van Brooklyn (gemeente en publiek: 70c; pioniers: 70c)​—Engels

• Weer in Suid-Afrika beskikbaar:

New World Translation of the Holy Scriptures (Gewone uitgawe, bil2)​—Duits, Portugees

My boek met Bybelverhale​—Portugees

Oorlewing tot in ’n nuwe aarde ​—Portugees

Die waarheid wat lei tot die ewige lewe​—Pools

’n Veilige toekoms—Hoe jy dit kan vind​—Sepedi

Awake!​—omslag

• Uit voorraad in Suid-Afrika:

Sing Praises to Jehovah (Klein uitgawe)​—Engels

• Neem asseblief daarvan kennis dat aangesien ons broers in Swaziland gevra is om die streekbyeenkoms in Durban by te woon, die opvolgbyeenkoms vir Swaziland gekanselleer is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel