Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 1 SEPTEMBER
Lied 64 (35)
10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek met gehoor hoe noodsaaklik dit is om ’n goeie begin in velddiensbedrywighede te hê deur vroeg in die maand uit te gaan. Pioniers vind dit nuttig om aan die begin van die jaar ekstra hard te werk sodat hulle hulle uurvereiste van 1 000 uur vir die jaar kan bereik. Spoor almal aan om ’n goeie voorraad van die ouer publikasies in ’n verskeidenheid tale te kry en dit in velddiens byderhand te hê. Herinner gehoor daaraan dat kampanje om ouer publikasies te versprei tot einde van die jaar duur.
15 min: “Toon geloof deur vergenoeg te wees.” Vraag-en-antwoordbespreking.
20 min: “’n Seisoen vir groter inspanning.” Dekking aan die hand van vrae en antwoorde. Voer kortliks onderhoude met een of twee wat in die verlede hulppionierdiens gedoen het en beplan om dit weer hierdie lente te doen. September is die laaste maand van die ontoegekendegebied-kampanje. Spoor almal in die gemeente geesdriftig aan om hulle bes te doen om hierdie maand die kampanje te ondersteun. Demonstreer kortliks hoe die Ware vrede en veiligheid-boek, as dit beskikbaar is, saam met ’n ander ouer publikasie teen R1,00 of saam met twee tydskrifte teen Rl,10 aangebied kan word. Bespreek die gemeente se reëlings vir ontoegekende gebied.
Lied 98 (91) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 8 SEPTEMBER
Lied 164 (73)
10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag.
20 min: “Hoe kan ons mekaar se geloof versterk?” Toespraak en gehoorbespreking. Ouere man wat hierdie gedeelte behartig, moet eers kommentaar van gehoor uitlok oor praktiese maniere waarop die volgende punte toegepas kan word sodat ons ons eie geloof kan opbou en hierdie eienskap in ander kan versterk. (1) Kweek ’n hegte verhouding met Jehovah, Jesus Christus en met mekaar in die gemeente aan (Hebr. 11:6). (2) Maak die Christenbediening een van die belangrikste dinge in jou lewe en deel dit met ander (Jak. 2:26). (3) Laat die wat sterk is ‘die swakhede dra van die wat nie sterk is nie’ (Rom. 15:1; Gai. 6: 10). (4) Moedig opbouende gesprekke, gereelde Bybellees, en volharding in gebed aan. Ouere man verduidelik dan dat dit baie tyd en inspanning in ons daaglikse roetine verg. Party vind dit dalk moeilik, maar dit is nodig (Jud. 3). Waarom moet ons mekaar se geloof versterk terwyl ons op ons hoede bly? Die Duiwel probeer ons verhouding met Jehovah vernietig deur valse leringe, bandeloosheid, minagting vir goddelik ingestelde gesag, murmurering en ontevredenheid, selfsug. Hoe noodsaaklik is dit dat ons mekaar se geloof versterk? “Die regverdige sal uit die geloof lewe.”—Gal. 3:11; Rom. 1:16,17.
15 min: Hersien en demonstreer die gebruik van huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’. Sluit demonstrasie af deur Ware vrede en veiligheid-boek saam met jongste twee tydskrifte aan te bied teen Rl,10, waar boek beskikbaar is. Spoor almal aan om hierdie Saterdag tydskrifwerk te doen.
Lied 100 (81) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 15 SEPTEMBER
Lied 22 (31)
10 min: Plaaslike aankondigings, Teokratiese nuus en Aankondigings in Ons Koninkryksbediening wat plaaslik van toepassing is.
15 min: “Bied die goeie nuus aan —Met behulp van gedrukte wenke.” Vraag-en-antwoordbespreking. Toon deur middel van ondervindinge hoe plaaslike gemeente baat gevind het by die toepassing van wenke in Ons Koninkryksbediening.
20 min: Gemeente se diensrapport vir 1985-diensjaar. Word behartig deur diensopsiener. Toon wat die plaaslike verkondigers verrig het. ’n Paar totale en gemiddeldes kan verstrek word met
betrekking tot Bybelstudies, herbesoeke, hulppioniers, ensovoorts. Laat gehoor kommentaar lewer oor wat hulle graag gedurende die 1986-diensjaar wil doen.
Lied 136 (65) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 22 SEPTEMBER
Lied 178 (67)
8 min: Plaaslike aankondigings en “Plekke waar hulp nodig is”.
15 min: “Vredeliewende mense is waarlik nodig”, gebaseer op Die Wagtoring van 1 Julie 1985, bladsy 12-15. Ouere man demonstreer hoe hy die behoefte aan vredeliewendheid met ’n nuwe verkondiger sal bespreek wat opgelei is in die wêreld se aggressiewe taktieke en nog geneig is om voorkeur te gee aan mense wat hy as belangrik beskou. Beklemtoon dat menslike wysheid deur goddelike wysheid vervang moet word en dat dit noodsaaklik is dat ons vredeliewende evangeliedienaars moet wees.
12 min: “Studie in die ‘Laat u Naam geheilig word’-brosjure.” Studiehouer bespreek gedagtes met ’n broer in sy groep wat wil weet hoe dit behartig sal word.
10 min: Stel etlike goed voorbereide tydskrif aanbiedings van 30 tot 60 sekondes voor wat verkondigers Saterdag in tydskrifwerk kan gebruik, en demonstreer dit. Spoor velddiensbedrywigheid geesdriftig aan.
Lied 170 (95) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 29 SEPTEMBER
Lied 54 (55)
10 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om die eerste Sondag van die maand velddiens te doen.
15 min: Plaaslikebehoeftes.
10 min: “Wandel waardig . . . met lankmoedigheid.” Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 1 Augustus 1985.
10 min: Intekeningaanbod vir Oktober. Bespreek geselspunte in tydskrifte van 1 en 8 Oktober wat in velddiens gebruik kan word en stel gepaste aanbiedings voor.
Lied 20 (28) en slotgebed.