Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/85 bl. 3-4
  • Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1986

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1986
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • INSTRUKSIES
  • ROOSTER
Ons Koninkryksbediening—1985
km 10/85 bl. 3-4

Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1986

INSTRUKSIES

Gedurende 1986 moet die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehou word:

LEERBOEKE: Die Bybel, die New World Translation of the Holy Scriptures [bi12], Bybelonderwerpe vir bespreking [tdAF], Die Wagtoring [wAF] en die boeke “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si] en My boek met Bybelverhale [myAF] sal vir toewysings gebruik word.

Die skool word met lied, gebed en verwelkoming geopen en verloop daarna soos volg. [Alternatiewe liedere kom uit die liedereboek van 1966.]

TOEWYSING NR. 1: 15 minute. Dit moet deur ’n ouere man of ’n bekwame bedieningskneg behartig word. Dit sal gebaseer word op die deel “Why Beneficial” in “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” oor die Bybelboek wat bespreek word. Hierdie toewysing moet ’n instruksietoespraak van tien minute wees en gevolg word deur ’n mondelinge hersiening van vyf minute. Die gedrukte vrae moet daarvoor gebruik word. Die doel moet nie wees om net materiaal te dek nie, maar om die aandag te vestig op die praktiese waarde van die betrokke materiaal en die gedagtes wat vir die gemeente die nuttigste sal wees, moet beklemtoon word. Almal word aangemoedig om sorgvuldig voor te berei om ten volle baat te vind by hierdie materiaal.

Die broers wat hierdie toespraak hou, moet noukeurig by die bepaalde tyd hou. Private raad moet gegee word, indien nodig.

GLANSPUNTE UIT DIE SKRIFGEDEELTE: 6 minute. Dit moet behartig word deur die skoolopsiener of ’n ander bekwame ouere man of bedieningskneg. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. Nadat ’n kort geheelbeeld van die toegewese hoofstukke gegee is, moet die gehoor gehelp word om in te sien waarom en hoe die inligting vir ons van nut is. Gaan jongste nommers van Die Wagtoring na vir bykomende glanspunte. Die skoolopsiener sal die studente daarna versoek om na hulle onderskeie klaskamers te gaan.

TOESPRAAK NR. 2: 5 minute. Dit is ’n voorlesing van die toegewese materiaal in die Bybel en moet deur ’n broer behartig word. Dit geld in die hoofskool en die ander groepe. Die leestoewysings is gewoonlik kort genoeg sodat die student kort kommentare tydens sy inleiding en slot kan lewer, en selfs tussenin. Geskiedkundige agtergrond, profetiese of leerstellige betekenis en die toepassing van beginsels kan ingesluit word. Al die toegewese verse moet gelees word.

TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Hierdie toespraak word aan susters of kinders toegewys. Die student kan sit of staan terwyl sy die toespraak hou. Die skoolopsiener sal een assistent aanwys, maar bykomende assistente kan gebruik word. Agtergronde kan situasies by die huis, gedurende velddiens, in die gemeente of elders insluit. Die suster wat die toespraak hou, kan die bespreking inlei sodat die agtergrond duidelik blyk, of haar assistent(e) kan dit doen. Die klem moet op die materiaal val, nie op die agtergrond nie. Die student moet ’n gepaste tema kies.

TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Dit moet aan ’n broer of ’n suster toegewys word. Wanneer dit aan ’n broer toegewys word, moet dit ’n toespraak aan die hele gehoor wees. Dit sal gewoonlik die beste wees as die broer sy toespraak met die Koninkryksaalgehoor in gedagte voorberei, sodat dit werklik leersaam en nuttig is vir diegene wat dit hoor. As die materiaal egter besonder geskik is vir ’n ander praktiese en gepaste agtergrond, staan dit die broer vry om sy toespraak dienooreenkomstig te ontwikkel. Die student moet die tema gebruik wat verskaf word.

Wanneer die materiaal aan ’n suster toegewys word, moet dit op dieselfde manier as Toespraak nr. 3 gehou word. Sy moet egter die gegewe tema gebruik.

RAAD EN KOMMENTAAR: Na elke studentetoespraak sal die skoolopsiener spesifieke raad gee, maar nie noodwendig volgens die program vir progressiewe raadgewing op die Spraakraadgewingstrokie nie. Hy moet hom eerder toespits op die spraakhoedanighede waarin die student kan verbeter. As die student ’n “G” verdien en daar geen ander spraakhoedanigheid met ’n “V” of “W” gemerk is nie, moet die raadgewer ’n spraakhoedanigheid aandui waaraan die spreker volgende aandag moet skenk deur ’n kring om die blokkie te trek waar die “G”, “V” of “W” gewoonlik geskryf word. Hy sal die student daardie aand daarvan verwittig en hierdie spraakhoedanigheid op die student se volgende Teokratiese Bedieningskool-toewysing (S-89-AF) aandui. Studente wat toesprake gaan hou, moet voorlangs in die saal sit. Dit sal tyd bespaar en die skoolopsiener ook in Staat stel om sy raad direk aan elke student te gee. As daar tyd is nadat raad gegee is, kan die raadgewer kommentaar lewer oor leersame en praktiese gedagtes wat die studente nie gedek het nie. Die skoolopsiener moenie meer as twee minute vir raad en kommentaar na elke studentetoespraak gebruik nie.

VOORBEREIDING VAN TOESPRAKE: Studente aan wie die eerste, tweede en derde toespraak toegewys word, moet ’n tema kies wat die beste dekking van die materiaal tot gevolg sal hê. Studente aan wie die Vierde toespraak toegewys word, moet die tema gebruik wat verskaf word. Voordat hulle die toespraak hou, moet studente die materiaal in die Skoolhandleiding deurlees wat die spraakhoedanigheid bespreek waaraan hulle aandag moet skenk.

TYDREËLING: Geen toespraak moet die tydgrens oorskry nie. Dit geld ook vir die raad en kommentaar van die skoolopsiener, Toesprake nrs. 2 tot 4 moet taktvol onderbreek word wanneer die tyd verstreke is. Die persoon wat gevra word om die “stopsein” te gee, moet dit dadelik doen wanneer die tyd verstreke is. As die broer wat Toewysing nr. 1 behartig die tydgrens oorskry, moet hy privaat raad kry. Almal moet hulle tyd goed dophou. Die program is altesaam 45 minute lank, lied en gebed uitgesluit.

SKRIFTELIKE HERSIENING: Van tyd tot tyd word daar ’n skriftelike hersiening gehou. Hersien ter voorbereiding die toegewese materiaal en voltooi die toegewese Skrifgedeelte. Die skoolopsiener sal reeds die hoofgedagtes gedek het wat nie deur die sprekers gemeld is nie. Slegs die Bybel mag gedurende hierdie hersiening van 25 minute gebruik word. Die res van die tyd sal gewy word aan ’n bespreking van die vrae en antwoorde. Elke student sien sy eie vraestel na. Die skoolopsiener sal al die antwoorde af lees en veral aandag gee aan die moeiliker vrae en almal help om die antwoorde goed te verstaan. Indien die plaaslike omstandighede dit om die een of ander rede vereis, kan die Skriftelike hersiening ’n week later gehou word.

GROOT EN KLEIN GEMEENTES: Gemeentes met ’n skoolinskrywing van 50 of meer studente kan reël dat bykomende groepe studente die toesprake voor ander raadgewers hou. Ongedoopte persone wie se lewens aan Christelike beginsels voldoen, kan natuurlik ook by die skool inskryf en toewysings ontvang.

AFWESIGHEID: Die hele gemeente kan waardering vir hierdie skool toon deur sover moontlik elke weeklikse sessie by te woon, hulle toewysings goed voor te berei en te antwoord wanneer vrae gestel word. Ons hoop dat al die studente hulle toewysings pligsgetrou sal uitvoer. Indien ’n studentespreker nie opdaag nie, kan ’n vrywilliger die toespraak hou en net soveel van die materiaal toepas as waarvoor hy hom op sulke kort kennisgewing bevoeg voel. So nie kan die skoolopsiener die materiaal met gehoordeelname dek.

ROOSTER

5 Jan. Skrifgedeelte: 2 Kronieke 26 tot 28

Lied 79 (104)

Nr. 1: Genesis

Nr. 2: 2 Kronieke 26:11-23

Nr. 3: myAF Verhaal 1

Nr. 4: tdAF 57A “Moet Christene hulle voorvaders aanbid?”

12 Jan. Skrifgedeelte: 2 Kronieke 29 en 30

Lied 33 (13)

Nr. 1: Exodus

Nr. 2: 2 Kronieke 30:1-12

Nr. 3: myAF Verhaal 2

Nr. 4: tdAF 2C “Is dit reg dat God die goddelose vernietig?”

19 Jan. Skrifgedeelte: 2 Kronieke 31 tot 33

Lied 7 (90)

Nr. 1: Levitikus

Nr. 2: 2 Kronieke 32:10-22

Nr. 3: myAF Verhaal 3

Nr. 4: tdAF 5C “Is die Bybel prakties vir die hedendaagse lewe?”

26 Jan. Skrifgedeelte: 2 Kronieke 34 tot 36

Lied 180 (100)

Nr. 1: Numeri

Nr. 2: 2 Kronieke 34:22-33

Nr. 3: myAF Verhaal 4

Nr. 4: tdAF 5F “Kan die Bybel mense van alle nasies en rasse help?”

2 Feb. Skrifgedeelte: Esra 1 tot 3

Lied 93 (48)

Nr. 1: Esra

Nr. 2: Esra 3:1-13

Nr. 3: myAF Verhaal 5

Nr. 4: tdAF 4A “Waarom is dit beter om nie bloedoortappings te neem nie?”

9 Feb. Skrifgedeelte: Esra 4 tot 7

Lied 41 (22)

Nr. 1: Deuteronomium

Nr. 2: Esra 6:1-13

Nr. 3: myAF Verhaal 6

Nr. 4: tdAF 7A “Watter feite bewys dat 1914 ’n gemerkte jaar is?”

16 Feb. Skrifgedeelte: Esra 8 tot 10

Lied 131 (60)

Nr. 1: Josua

Nr. 2: Esra 9:1-9,15

Nr. 3: myAF Verhaal 7

Nr. 4: tdAF 31A “Watter betekenis heg die Bybel aan die woord ‘kerk’?”

23 Feb. Skriftelike hersiening. Voltooi 2 Kronieke 26 tot Esra 10

Lied 42 (34)

2 Mrt. Skrifgedeelte: Nehemia 1 tot 3

Lied 118 (99)

Nr. 1: Nehemia

Nr. 2: Nehemia 3:1-13

Nr. 3: myAF Verhaal 8

Nr. 4: tdAF 33A “Watter betekenis hou Jesus se dood aan die folterpaal in?”

9 Mrt. Skrifgedeelte: Nehemia 4 tot 6

Lied 215 (117)

Nr. 1: Rigters

Nr. 2: Nehemia 6:1-13

Nr. 3: myAF Verhaal 9

Nr. 4: tdAF 8A “Waarom het die dood tot die hele mensdom deurgedring?”

16 Mrt. Skrifgedeelte: Nehemia 7 en 8

Lied 120 (26)

Nr. 1: Rut

Nr. 2: Nehemia 8:1-13

Nr. 3: myAF Verhaal 10

Nr. 4: tdAF 11B “Wie is die ware heerser van die wêreld?”

23 Mrt. Skrifgedeelte: Nehemia 9 tot 11

Lied 4(119)

Nr. 1: 1 Samuel

Nr. 2: Nehemia 9:4, 26-33, 36-38

Nr. 3: myAF Verhaal 11

Nr. 4: tdAF 1A “Watter beter toestande belowe God vir goeie mense?”

30 Mrt. Skrifgedeelte: Nehemia 12 en 13

Lied 36 (14)

Nr. 1: 2 Samuel

Nr. 2: Nehemia 13:15-18, 23-31

Nr. 3: myAF Verhaal 12

Nr. 4: tdAF 55A “Wie is die valse profete van ons dag?”

6 Apr. Skrifgedeelte: Ester 1 tot 5

Lied 64 (35)

Nr. 1: Ester

Nr. 2: Ester 4:6-17

Nr. 3: myAF Verhaal 13

Nr. 4: tdAF 18A “Waarom is geestelike genesing goed vir ’n Christen?”

13 Apr. Skrifgedeelte: Ester 6 tot 10

Lied 220 (19)

Nr. 1: 1 Konings

Nr. 2: Ester 6:1-13

Nr. 3: myAF Verhaal 14

Nr. 4: tdAF 18B “Watter fisiese seëninge hou God se Koninkryk in?”

20 Apr. Skrifgedeelte: Job 1 tot 3

Lied 102 (53)

Nr. 1: Job

Nr. 2: Job 2:1-13

Nr. 3: myAF Verhaal 15

Nr. 4: tdAF 24B “Wat is die Bybelse ‘hel’?”

27 Apr. Skriftelike hersiening. Voltooi Nehemia 1 tot Job 3

Lied 223 (61)

4 Mei Skrifgedeelte: Job 4 tot 6

Lied 174 (33)

Nr. 1: 2 Konings

Nr. 2: Job 6:1-11, 29, 30

Nr. 3: myAF Verhaal 16

Nr. 4: tdAF 24C “Waarvan is die Bybelwoord ‘vuur’ ’n sinnebeeld?”

11 Mei Skrifgedeelte: Job 7 tot 9

Lied 164 (59)

Nr. 1: 1 Kronieke

Nr. 2: Job 9:1-15

Nr. 3: myAF Verhaal 17

Nr. 4: tdAF 54B “Wat is die Christen se beskouing van feesdae?”

18 Mei Skrifgedeelte: Job 10 tot 12

Lied 113 (62)

Nr. 1: 2 Kronieke

Nr. 2: Job 12:1-16

Nr. 3: myAF Verhaal 18

Nr. 4: tdAF 3A “Waarom is die gebruik van beelde in ware aanbidding onvanpas?”

25 Mei Skrifgedeelte: Job 13 tot 15

Lied 59 (31)

Nr. 1: Spreuke

Nr. 2: Job 13:1-13

Nr. 3: myAF Verhaal 19

Nr. 4: tdAF 28A “Wat sê die Bybel oor God se naam?”

1 Jun. Skrifgedeelte: Job 16 tot 18

Lied 25 (50)

Nr. 1: Prediker

Nr. 2: Job 16:1-11, 22

Nr. 3: myAF Verhaal 20

Nr. 4: tdAF 28C “Hoe weet ons dat God bestaan as ons hom nie kan sien nie?”

8 Jun. Skrifgedeelte: Job 19 en 20

Lied 11 (12)

Nr. 1: Hooglied van Salomo

Nr. 2: Job 19:14-29

Nr. 3: myAF Verhaal 21

Nr. 4: tdAF 28D “Wat is God se eienskappe?”

15 Jun. Skrifgedeelte: Job 21 en 22

Lied 204 (109)

Nr. 1: Jesaja

Nr. 2: Job 21:19-34

Nr. 3: myAF Verhaal 22

Nr. 4: tdAF 29A “Waarop word die naam ‘Jehovah se Getuies’ gebaseer?”

22 Jun. Skrifgedeelte: Job 23 tot 26

Lied 70 (39)

Nr. 1: Jeremia

Nr. 2: Job 24:1, 2,14-25

Nr. 3: myAF Verhaal 23

Nr. 4: tdAF 30B “Wat is Jesus se posisie in verhouding tot Jehovah?”

29 Jun. Skriftelike hersiening. Voltooi Job 4 tot 26

Lied 20 (101)

6 Jul. Skrifgedeelte: Job 27 tot 29

Lied 140 (77)

Nr. 1: Klaagliedere

Nr. 2: Job 29:2-18

Nr. 3: myAF Verhaal 24

Nr. 4: tdAF 30D “Waarom is geloof in Jesus Christus noodsaaklik vir redding?”

13 Jul. Skrifgedeelte: Job 30 en 31

Lied 112 (59)

Nr. 1: Esegiël

Nr. 2: Job 31:23-37

Nr. 3: myAF Verhaal 25

Nr. 4: tdAF 32B “Watter voordele sal God se Koninkryk bring?”

20 Jul. Skrifgedeelte: Job 32 en 33

Lied 53 (27)

Nr. 1: Daniel

Nr. 2: Job 33:1-6, 23-33

Nr. 3: myAF Verhaal 26

Nr. 4: tdAF 32C “Wat sal Christus doen terwyl sy vyande nog bedrywig is?”

27 Jul. Skrifgedeelte: Job 34 tot 36

Lied 187 (93)

Nr. 1: Hosea

Nr. 2: Job 34:1-15

Nr. 3: myAF Verhaal 27

Nr. 4: tdAF 34B “Waarom is dit noodsaaklik dat ons op sekere tekens ag slaan?”

3 Aug. Skrifgedeelte: Job 37 tot 39:3

Lied 109 (43)

Nr. 1: Joël

Nr. 2: Job 37:5-14, 23, 24

Nr. 3: myAF Verhaal 28

Nr. 4: tdAF 36B “Wat sal gehoorsame mense volgens die Bybel ontvang?”

10 Aug. Skrifgedeelte: Job 39:4 tot 40:19

Lied 60 (86)

Nr. 1: Amos

Nr. 2: Job 39:34-40:9

Nr. 3: myAF Verhaal 29

Nr. 4: tdAF 36D “Wie alleen is gekies vir hemelse lewe?”

17 Aug. Skrifgedeelte: Job 40:20 tot 42

Lied 195 (105)

Nr. 1: Obadja

Nr. 2: Job 42:1-10,12-17

Nr. 3: myAF Verhaal 30

Nr. 4: tdAF 36E “Watter belofte wag op die onbeperkte aantal ‘ander skape’?”

24 Aug. Skrifgedeelte: Psalms 1 tot 6

Lied 168 (84)

Nr. 1: Psalms

Nr. 2: Psalm 2:1-12

Nr. 3: myAF Verhaal 31

Nr. 4: tdAF 26B “Wat is die Bybel se standaarde vir Christenhuwelike?”

31 Aug. Skriftelike hersiening. Voltooi Job 27 tot Psalm 6

Lied 37 (76)

7 Sept. Skrlfgedeelte: Psalms 7 tot 10

Lied 117 (56)

Nr. 1: Jona

Nr. 2: Psalm 8:1-10; 9:1-6

Nr. 3: myAF Verhaal 32

Nr. 4: tdAF 26C “Aan watter beginsel van hoofskap is alle gesinne onderworpe?”

14 Sept. Skrifgedeelte: Psalms 11 tot 17

Lied 217 (7)

Nr. 1: Miga

Nr. 2: Psalm 14:1-7; 15:1-5

Nr. 3: myAF Verhaal 33

Nr. 4: tdAF 50D “Wat moet ’n man sy vrou nooit toelaat om te doen nie?”

21 Sept. Skrifgedeelte: Psalms 18 tot 20

Lied 98 (91)

Nr. 1: Nahum

Nr. 2: Psalm 19:1-15

Nr. 3: myAF Verhaal 34

Nr. 4: tdAF 22C “Hoe moet ons valse leerstellings beskou?”

28 Sept. Skrifgedeelte: Psalms 21 tot 24

Lied 175 (104)

Nr. 1: Habakuk

Nr. 2: Psalm 23:1-6; 24:1-10

Nr. 3: myAF Verhaal 35

Nr. 4: tdAF 42A “Watter hoop is daar vir die dode?”

5 Okt. Skrifgedeelte: Psalms 25 tot 29

Lied 160 (88)

Nr. 1: Sefanja

Nr. 2: Psalm 26:1-12

Nr. 3: myAF Verhaal 36

Nr. 4: tdAF 42B “Watter twee soorte opstandings is daar?”

12 Okt. Skrifgedeelte: Psalms 30 tot 33

Lied 19 (101)

Nr. 1: Haggai

Nr. 2: Psalm 32:1-11

Nr. 3: myAF Verhaal 37

Nr. 4: tdAF 58A “Watter bewys is daar dat Christus se wederkoms onsigbaar sal wees?”

19 Okt. Skrifgedeelte: Psalms 34 tot 36

Lied 169 (117)

Nr. 1: Sagaria

Nr. 2: Psalm 36:1-13

Nr. 3: myAF Verhaal 38

Nr. 4: tdAF 58B “Hoe kan ons weet wanneer Christus teruggekeer het?”

26 Okt. Skriftelike hersiening. Voltooi Psalms 7 tot 36

Lied 49 (49)

2 Nov. Skrifgedeelte: Psalms 37 tot 39

Lied 36 (14)

Nr. 1: Maleagi

Nr. 2: Psalm 37:23-38

Nr. 3: myAF Verhaal 39

Nr. 4: tdAF 46A “Waarom is die wet ten opsigte van die ‘Sabbatdag’ nie bindend vir Christene nie?”

9 Nov. Skrifgedeelte: Psalms 40 tot 44

Lied 62 (34)

Nr. 1: Mattheüs

Nr. 2: Psalm 41:1-14

Nr. 3: myAF Verhaal 40

Nr. 4: tdAF 46B “Wie alleen moes die Sabbat vier?”

16 Nov. Skrifgedeelte: Psalms 45 tot 49

Lied 129 (66)

Nr. 1: Markus

Nr. 2: Psalm 45:1-8,11-18

Nr. 3: myAF Verhaal 41

Nr. 4: tdAF 46D “Wat sê die Bybel oor God se Sabbat?”

23 Nov. Skrifgedeelte: Psalms 50 tot 52

Lied 156 (11)

Nr. 1: Lukas

Nr. 2: Psalm 51:1-19

Nr. 3: myAF Verhaal 42

Nr. 4: tdAF 45B “Watter reëling vir redding het Jehovah getref?”

30 Nov. Skrifgedeelte: Psalms 53 tot 57

Lied 103 (87)

Nr. 1: Johannes

Nr. 2: Psalm 55:1-3,13-24

Nr. 3: myAF Verhaal 43

Nr. 4: tdAF 45D “Waarom is die opvatting ‘eenmaal gered, altyd gered’ nie Skriftuurlik nie?”

7 Des. Skrifgedeelte: Psalms 58 tot 62

Lied 2 (79)

Nr. 1: Handelinge

Nr. 2: Psalm 62:1-13

Nr. 3: myAF Verhaal 44

Nr. 4: tdAF 45E “Watter tekste weerlê die leer van ‘universele redding’?”

14 Des. Skrifgedeelte: Psalms 63 tot 67

Lied 155 (37)

Nr. 1: Romeine

Nr. 2: Psalm 65:1-14

Nr. 3: myAF Verhaal 45

Nr. 4: tdAF 49A “Hoe definieer die Bybel ‘sonde’?”

21 Des. Skrifgedeelte: Psalms 68 en 69

Lied 199 (112)

Nr. 1: 1 Korinthiërs

Nr. 2: Psalm 68:1-12, 33-36

Nr. 3: myAF Verhaal 46

Nr. 4: tdAF 49B “Waarom ly almal onder Adam se sonde?”

28 Des. Skriftelike hersiening. Voltooi Psalms 37 tot 69

Lied 82 (103)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel