Teokratiese Nuus
♦ Die broers in Costa Rica is besig om ’n nuwe takkantoor te bou. Hulle het nietemin n hoogtepunt van 8,768 verkondigers vir Mei gehad,’n vermeerdering van 12 persent, en hulle het 9,848 Bybelstudies gehou.
♦ Fiji het in Mei hulle vyfde opeenvolgende hoogtepunt in verkondigers gehad met 1,026 wat gerapporteer het. Dit was ’n vermeerdering van 21 persent. Die reeks kringbyeenkomste is deur 2,525 bygewoon.
♦ Haïti rapporteer hulle vyfde verkondigerhoogtepunt vir die diensjaar met 4,029 verkondigers in Mei. ’n Hoogtepunt van 6,681 Bybelstudies is ook bereik.
♦ Mexiko was baie bedrywig in Mei met ’n hoogtepunt van 166,241 verkondigers en 252,731 studies.