Teokratiese Nuus
♦ Die Afrikaland Gaboen het in Mei ’n hoogtepunt van 498 verkondigers gehad, ’n vermeerdering van 14 persent. Daar was ’n hoogtepunt van 932 Bybelstudies en die verkondigers het gemiddeld 14,6 uur in die veld bestee.
♦ Guatemala berig ’n vermeerdering van 13 persent in verkondigers met ’n hoogtepunt van 7,978 wat in Junie gerapporteer het. Hulle het ook ’n hoogtepunt van 8,802 Bybelstudies gehou.
♦ Nieu-Caledonië het in Junie ’n hoogtepunt van 705 verkondigers gehad, ’n vermeerdering van 19 persent. Studies het met 40 persent tot 963 vermeerder.
♦ Zaïre het in Junie ’n hoogtepunt van 34,941 verkondigers gehad. Die 3,432 hulppioniers het ’n goeie bydrae gelewer tot die bedrywigheid in die veld.
♦ Ondanks dreigemente en intimidasie gaan ons Swart broers voort met die predikingswerk te midde van onluste en oproere. Verslae toon dat hulle talle teëkom wat luister en dat hulle nie hul ‘onderlinge byeenkoms versuim’ nie (Hebr. 10:23-25). In Worcester het ’n polisieman vir ’n Swart suster wat in die predikingswerk besig was, gesê dat “as almal Wagtoring-mense was, daar geen moeilikheid meer sou wees nie”.