Teokratiese Nuus
♦ Australië was verheug om die afgelope diensjaar met ’n hoogtepunt van 42,453 verkondigers vir Augustus af te sluit.
♦ Indië het in Augustus ’n hoogtepunt van 7,410 verkondigers gehad.
♦ Op 10 November het 1,152 die toewyding van die Imbali-Koninkryksaal (Pietermaritzburg) bygewoon. Die Blanke. Kleurling- en Indiërbroers in die omgewing het saam met hulle Swart broers aan die saal gewerk. Die saal, wat sitplek vir 400 het, is binne nege maande opgerig.
♦ Nieu-Seeland het in Augustus ’n hoogtepunt van 9,143 verkondigers en ’n hoogtepunt in Bybelstudies gehad.