Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/86 bl. 1-2
  • Bied steeds intekeninge op Die Wagtoring aan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied steeds intekeninge op Die Wagtoring aan
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • BEREIK SOVEEL MENSE MOONTLIK
  • BEREI ’N AANBIEDING VOOR
  • Kondig Jehovah se Koninkryk aan
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Opvolgwerk met Intekening verval-strokies
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Bied Die Wagtoring gedurende April aan
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Velddiensvergaderinge
    Ons Koninkryksbediening—1989
Ons Koninkryksbediening—1986
km 2/86 bl. 1-2

Bied steeds intekeninge op Die Wagtoring aan

1 Ons almal was verheug om die opwindende artikels oor “Die ruiters van Openbaring” in Die Wagtoring se nommers van 1 en 15 Januarie te lees. Toekomstige nommers sal ongetwyfeld ons hoogste verwagtinge oortref. Laat ons dus alle persone wat belangstelling toon ywerig aanraai om gedurende die jaar al 24 nommers van hierdie aantreklike tydskrif te lees. Die intekening kos steeds slegs R6.50!

BEREIK SOVEEL MENSE MOONTLIK

2 Wat kan jy doen om in Februarie soveel mense moontlik met die intekeningaanbod te bereik? In die eerste plek kan jy ’n lys opstel van diegene wat jy kan besoek, soos gewese Bybelstudies, familielede, medewerkers, bure, skoolmaats en onderwysers. Jy het moontlik verlede maand tydskrifte by iemand gelaat wat besig was toe jy daar besoek afgelê het. Of iemand het miskien in ’n besondere nommer belanggestel. Gaan terug en bied hierdie maand die intekening aan. Hierdie mense ken jou reeds en sal dalk bereid wees om verder te gesels. As hulle reeds een nommer van die tydskrif geniet het, kan hulle belangstelling moontlik gewek word om dit gereeld deur middel van ’n intekening te kry. Wend gedurende Februarie ’n spesiale poging aan om hierdie individue te besoek.

3 Die Onderwerp vir gesprekke, “Wat hou die toekoms vir jou in?”, help ons om aan ons eie toekoms te dink. As ons hierdie onderwerp met ’n huisbewoner bespreek, moet ons hom help om hom voor te stel wat die toekoms vir hom kan inhou. Dit kan hom beweeg om ernstig oor die onderwerp na te dink en hom aanmoedig om na antwoorde oor die toekoms te soek. Hoe kan die ‘Onderwerp vir gesprekke’ gebruik word om die intekening doeltreffend aan te bied?

BEREI ’N AANBIEDING VOOR

4 Om die huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’ doeltreffend in te lei, kan jy sê: “Goeiemore. Hoe gaan dit? ... Ons deel ’n positiewe beskouing van die toekoms met ons bure. Vind u dat party situasies dit moeilik maak om positief te wees? ... Ek het die Bybel baie nuttig gevind in hierdie opsig. Die Bybel toon in Openbaring 1:1 dat God die een is wat openbaar wat die toekoms vir die mens inhou. [Lees.] Hoewel die mens onseker is oor wat die toekoms inhou, bestaan daar geen twyfel by God nie. In Openbaring 21:3, 4 sê sy Woord duidelik aangaande die toekoms: [Lees teks.] Klink dit vir u aangenaam? ...” Bied dan die intekening aan en beklemtoon ’n interessante gedagte in die jongste nommer.

5 Maar gestel die huisbewoner is besig. Wat dan? Jy kan dalk ’n besondere artikel in die tydskrif aanbied deur te sê: “Ons bied kortliks iets by besige mense aan.” En dan kan die eerste artikel in Die Wagtoring van 15 Februarie aangebied word: “Vir talle mense vandag is die mens se toekoms donker en sonder hoop. Sommige verbind selfs die Bybelse apokalips, of Armageddon, met mensevernietiging en wek dus vrees in die hart van hulle medemens. Die artikel ‘Apokalips—Wat is dit?’ verduidelik egter wat die Bybelse apokalips werklik is. Ek is daarvan seker dat u dit aanmoedigend sal vind om Die Wagtoring te lees. Ons bied ’n jaar se intekening van 24 nommers teen ’n bydrae van R6.50 aan.”

6 Voordat ons elke dag met velddiens begin, bid ons tot Jehovah om sy leiding. Ons kan seker wees dat hy ons voetstappe sal rig. Met Jehovah se seën op ons werk, moet ons nie huiwer om die intekening by elke geleentheid aan te bied nie. Onthou, Die Wagtoring en Ontwaak! bied lewensreddende informasie uit God se Woord aan (Sef. 2:2,3). Laat ons Jehovah se werk ywerig doen en op hom vertrou om ons te rig en te seën.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel