Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/86 bl. 1-4
  • Toon waardering vir die pionierdiens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon waardering vir die pionierdiens
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • MOEDIG PIONIERS AAN
  • Die seëninge van die pionierbediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Benodig—10 000 hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Pionierdiens—Is dit vir jou?
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Voortdurende vermeerdering vereis die vereenvoudiging van prosedures
    Ons Koninkryksbediening—1986
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 2/86 bl. 1-4

Toon waardering vir die pionierdiens

1 Jesus het sy dissipels aangemoedig om ‘die Here van die oes te bid dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur’ (Matt. 9:37, 38). Sommige toon waardering vir hierdie behoefte deur meer in die getuieniswerk te doen. Gedurende die 1985-diensjaar was daar elke maand ’n gemiddelde van 1 830 hulppioniers in Suid-Afrika. In April was daar ’n hoogtepunt van 5 765. Daar is tans meer as 2 000 gewone pioniers. Meer sluit steeds elke maand by die geledere van die pioniers aan en geniet die voordele en seëninge wat uit sulke groter bedrywigheid spruit.

2 Wat is party van die seëninge wat diegene ontvang wat hulle deelname aan die bediening vergroot deur pioniers te word? Dit is op sigself ’n uitsonderlike voordeel om daagliks oor God se Woord te dink en te praat. Omdat hulle hul tyd in die velddiens tot sowat 90 uur per maand vermeerder, kom hulle met meer belangstellendes in aanraking, versprei hulle meer lektuur, doen hulle meer herbesoeke en begin hulle meer Bybelstudies. Dit beteken dat daar meer op geestelike gebied gegee word en meer mense gehelp word om die waarheid te leer en dissipels van Jesus Christus te word. Pioniers word ook met groter vreugde geseën. —Hand. 20:35.

MOEDIG PIONIERS AAN

3 Nie almal kan pioniers wees nie, maar ons almal moet waardering vir die pionierdiens toon en diegene aanmoedig en ondersteun wat hierdie lewensnoodsaaklike werk doen. Hoe kan dit gedoen word? Ons kan reël om saam met pioniers te werk in die huis-tot-huisbediening en aanbied om saam met hulle herbesoeke te gaan doen. Pioniers het dikwels niemand saam met wie hulle in die middag kan werk nie. Kan jy getuieniswerk smiddae by jou rooster inpas sodat jy saam met die pioniers kan werk?

4 Aanmoediging en morele ondersteuning is belangrik. Een reisende opsiener het berig dat nie almal se kommentare aan pioniers bemoedigend is nie. Ons moet die belangrikheid van pionierdiens deeglik besef en waardering toon vir die pogings van diegene wat hulle sake so kan reël om daaraan deel te neem. Almal van ons moet voortgaan om ons liefde vir die velddiens en die pionierdiens te versterk.

5 Diegene wat reeds in die pionierdiens is, kan voortgaan om te toon dat hulle hul voorreg waarlik kosbaar ag deur ‘hulle kragtig in te span’ in Jehovah se diens (Luk. 13:24, NW). Daar moet aan die uurvereiste voldoen word. Persoonlike opofferings moet dikwels gemaak word om in die werk te volhard (Hebr. 13:15). Daar moet tred gehou word met die geestelike voedsel wat deur die getroue en verstandige dienskneg verskaf word om geestelik sterk te bly. Dit vereis alles baie inspanning en goeie beplanning, soos suksesvolle pioniers kan getuig.

6 Die apostel Paulus het gesê: ’Die hele skepping sug tesame en is tesame in barensnood.’ Vandag bereik hierdie gesug ’n klimaks (Rom. 8:22; 2 Tim. 3:1). Maar party van hierdie mense is gretig om die Koninkryksboodskap te hoor. Uit besorgdheid oor hulle welsyn en omdat die einde so naby is, moet elke lid van Jehovah se volk wat kan dit ernstig oorweeg om die pionierdiens te betree. Kan jy dit doen? Maart het vyf naweke en bied groter geleentheid om aan die uurvereiste vir hulppioniers te voldoen. As jy kan reël om hulppionierdiens in Maart en April te doen, sal dit jou ’n goeie voorsmaak gee van wat pionierdiens werklik is, en jy sal Jehovah se toenemende seën op jou pogings ondervind.—Ps. 34:9.

7 As ons Koninkryksbelange eerste stel en gereeld, na ons beste vermoë, ’n volle deelname aan velddiens het, toon ons ons waardering vir Jehovah se werk, die pionierdiens inkluis.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel