Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 30 MAART
Lied 142 (96)
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal aan velddiensreëlings vir die eerste Sondag van die maand. Enigeen wat wil, kan nog in April hulppionierdiens doen. Vra almal om volgende week Die Wagtoring van 15 Desember 1985 saam te bring.
20 min: “Wees vurig van gees.” Vrae en antwoorde. Hou ook kort demonstrasie gedurende bespreking van paragraaf 3 om te toon hoe ’n herbesoek gedoen kan word met die doel om belangstelling opnuut aan te wakker by iemand wat voorheen gestudeer en die Gedenkmaal bygewoon het. Spoor almal ten slotte aan om April ’n geestelik verkwikkende tyd te maak. Kondig aan hoeveel reeds ingeskryf het om in April hulppionierdiens te doen.
15 min: ‘Onderwerp vir gesprekke.’ Bespreek en demonstreer onderwerp en gebruik huidige aanbod. Dele uit die Ware vrede-boek, bladsy 8, paragrawe 11 en 12 kan dalk gelees word om die voortreflikheid te toon van die vrede en veiligheid wat God sal bring in vergelyking met wat die mens probeer doen. Sluit demonstrate af deur ’n herbesoek te reël, ’n Verkondiger kan ook demonstreer hoe om Psalm 119:165 in verband te bring met artikels oor Bybel in Die Wagtoring van 1 April. Meld dat die nommers van 15 April, 1 Mei en 15 Mei ook artikels bevat wat in verband gebring kan word met die laaste teks in ‘Onderwerp vir gesprekke’. Sodoende kan tydskrifte aangebied word wanneer aanbod van die boek nie aanvaar word nie. Toespraak oor Skepping-boek sal hierdie Sondag gehou word. Kondig titel aan.
Lied 162 (89) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 6 APRIL
Lied 122 (75)
10 min: Plaaslike aankondigings, Aankondigings in Ons Koninkryksbediening en rekeningverslag. Vra broers om tydskrif van 15 April volgende week saam te bring. Verstrek titel van toespraak oor Skepping-boek hierdie Sondag.
15 min: “Selfbeheersing noodsaaklik vir Christene.” Toespraak met gehoordeelname gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 15 Desember 1985. Maak praktiese, plaaslike toepassing.
20 min: “Bied die goeie nuus aan—Deur doeltreffende straatgetuienis.” Vrae en antwoorde. Demonstreer wenke in paragrawe 3 tot 5 nadat materiaal bespreek is. Vra gehoor om bykomende wenke oor wat in julle gebied doeltreffend is. Moedig deelname aan tydskrifwerk hierdie Saterdag aan.
Lied 107 (57) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 13 APRIL
Lied 101 (66)
12 min: Plaaslike aankondigings. Demonstreer kortliks tydskrifaanbiedinge en gebruik nommer van 15 April. Vra gehoor om verdere wenke oor geselspunte soos tyd toelaat.
18 min: ‘Doen aan almal goed.’Vraag-en-antwoordbespreking. Lees en bespreek tekste soos tyd toelaat. Spoor almal aan om nuwelinge te verwelkom.
15 min: Voer onderhoude met ’n paar gewone en hulppioniers oor wat hulle beweeg het om pioniers te word, hoe hulle vir pionierdiens beplan het en watter struikelblokke en probleme hulle oorkom het. Berei voor sodat kommentare prakties, nuttig en aanmoedigend sal wees vir ander wat pionierdiens nastreef. Kondig titel van toespraak oor Skepping-boek vir hierdie Sondag aan.
Lied 116 (51) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 20 APRIL
Lied 9(29)
10 min: Plaaslike aankondigings. Ook, “Maak goed gebruik van ouer traktate”. Stel gemeente in kennis van watter traktate in voorraad is. Verkondigers het dalk traktate tuis wat in velddienstas gesit moet word vir gebruik in velddiens. Slegs die traktate wat nog in ’n goeie toestand is, moet gebruik word. Spoor almal aan om op vierde Saterdag van die maand aan tydskrifwerk deel te neem. Toespraak oor Skepping-boek hierdie Sondag. Kondig titel aan.
20 min: Waar is jou skat? ’n Toespraak met mate van gehoordeelname wat beklemtoon dat ons geestelike doelwitte op die voorgrond moet hou en vertroue moet behou in Jehovah se vermoë om te voorsien. Dit is belangrik om dit reg te antwoord, aangesien die hart hom toespits op dit wat eerste in ons lewe gestel word (Matt. 6:21). Dit raak ons ewige lewe as ons die hart, die setel van motivering, bewaak en die begeertes daarvan in die regte rigting stuur (Spr. 4:23). Of ons ryk of arm is, ’n verkeerde beskouing van materiële dinge kan tot misplaaste vertroue lei en veroorsaak dat ons te besorg raak oor die gebrek aan materiële voordele (Spr. 10:15; 18:11; Luk. 12:15). Die waardevolste besitting is ’n goeie verhouding met Jehovah (Ps. 63:4, 5; 73:27, 28). Materiële dinge sal in die oordeelsdag niks help nie (Spr. 11:4). Dit is belangrik om nou ’n behoorlike balans te handhaaf terwyl geestelike doelwitte nagestreef word (Spr. 30:8,9). Christene behoort geestelike doelwitte soos hulp- en gewone pionierdiens, Bethel- en sendingdiens voor te staan of lofoffers aan Jehovah te vermeerder en te verbeter. Ouers hoef nie te vrees dat hulle jongmense se toekoms belemmer
as hulle geestelike doelwitte aan hulle voorhou nie (Ps. 37:25). Toon ons dat ons Jehovah en Koninkryksbelange, of ander dinge, liefhet wanneer belangrike besluite in ons lewe geneem moet word? (Kan van sommige in gemeente wat ’n goeie voorbeeld in hierdie opsig stel ’n paar gedagtes laat meld.) Rig jou geneentheid op die dinge wat ewig is. —Ps. 91:14-16; 2 Kor. 4:18.
15 min: Help kinders om te getuig. Onderhoud en demonstrasies. Ouers se vernaamste verantwoordelikheid is om kinders van kleins af te leer (2 Tim. 3:15). Almal kan daarvan bewus wees om kinders te help wanneer hulle saam met hulle velddiens doen. Kinders hou daarvan om by die deure betrek te word pleks van rond te staan. Vra een of twee ouers hoe hulle hul kinders in velddiens betrek. Het hulle ’n velddienstas met Bybel en lektuur as hulle oud genoeg is? Hoe stel jy kinders voor en laat jy hulle ’n teks lees of ’n aanbod maak? Demonstreer kortliks hoe ’n kind ’n gratis traktaat by ’n huisbewoner kan aanbied wanneer ouer verkondiger se aanbod nie aanvaar word nie. Demonstreer ook kortliks hoe ouer of ouer verkondiger ’n gesprek kan begin en die kind dan ’n teks kan laat lees. Spoor almal aan om daarvan bewus te wees om kinders te help om van huis tot huis te getuig.—Kyk Mattheus 21:16.
Lied 210 (92) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 27 APRIL
Lied 108 (95)
8 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal om op eerste Sondag in Mei aan velddiens deel te neem.
22 min: “Toon waardering vir gemeentelike vergaderinge.” Lei deel in met ’n toespraak van 3 minute wat paragrawe 1 en 2 dek. Ontleed gemeente se gemiddelde vergaderingbywoning vir die afgelope ses maande wanneer paragraaf 3 gedek word. Prys broers en moedig beter bywoning aan waar toepaslik. Tydens bespreking van paragraaf 5 en 6 moet ’n bejaarde verkondiger en een of twee verkondigers in hulle vroeë tienderjare twee of drie gedagtes meld oor waarom hulle by gereelde vergaderingbywoning baat vind.
15 min: Reël plaaslik of hou toespraak oor artikel “Jongmense vra ... ‘Kan ons nie net vriende wees nie?’” (Ontwaak! 22 Maart 1986, bl. 17). Lied 209 (116) en slotgebed.