Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/86 bl. 4
  • Maak goed gebruik van ouer traktate

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak goed gebruik van ouer traktate
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik traktate om die goeie nuus te verkondig
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Bied die goeie nuus aan—Deur traktate goed te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Traktaatverspreiding gaan verskerp word
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Waarom traktate vandag so nuttig in ons bediening is
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 4/86 bl. 4

Maak goed gebruik van ouer traktate

1 ’n Kort gedrukte boodskap wat saamgestel is om die aandag te trek en die gedagte te prikkel—dit is wat ons Koninkryksnuus-traktate deur die jare heen was. Dit is dus belangrik om dit verstandig te gebruik. Pleks van hierdie traktate te laat rondlê en te laat verbleik of vuil te laat word, moet ons wakker wees om hulle in ons bediening te gebruik!

2 Hoewel daar nie nou ’n kampanje is om traktate te versprei nie, kan verkondigers traktate wyslik gebruik wanneer die huisbewoner nie die gewone aanbod of die tydskrifte aanvaar nie. Hulle kan ook gelaat word waar huisbewoners nie tuis is nie. Elke traktaat bevat ’n beknopte opsomming van ’n tydige onderwerp en is dus doeltreffende instrumente om mense van verskillende gelowe en belangstellings te bereik. Soms is ’n goed gekose traktaat baie doeltreffend om ’n verdere getuienis te gee. Dit is gratis, kan vinnig gelees word en nooi die leser uit om verdere inligting te bekom.

3 Party gemeentes het nog ouer traktate in voorraad. Maak goed daarvan gebruik in jou bediening sodat hulle nie onbenut bly nie. Gemeentes kan Koninkryksnuus nr. 30 tot 33 bestel wanneer bykomende traktate verlang word. Jy wil moontlik ’n verskeidenheid traktate saamdra om in velddiens aan te bied. Maar maak seker dat die traktate wat jy gebruik nog in ’n goeie toestand is.

4 Lektuurknegte word aangespoor om ’n voorraad traktate op die toonbank of op enige ander gerieflike plek te plaas sodat diegene wat lektuur afhaal, kan sien wat beskikbaar is. Talle sal ongetwyfeld tog te bly wees om ’n voorraad teen die nodige bydrae te neem en dit doeltreffend in die velddiens te gebruik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel