Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 4 MEI
Lied 55 (18)
7 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Spoor almal aan om hierdie Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem.
10 min: Vraebus. ’n Toespraak met twee of drie pertinente vrae aan die gehoor om sleutelgedagtes te beklemtoon. Beklemtoon belangrikheid daarvan dat nuwelinge vinnig geestelike vooruitgang moet maak met die oog op die naderende groot verdrukking.
15 min: “Pas toe wat jy leer.” Vraag-en-antwoordbespreking. Wanneer paragraaf 6 bespreek word, moet daar beklemtoon word dat vorige wenke oor die aanbod van Ware vrede-boek in Mei gevolg moet word. Demonstreer ’n paar hiervan.
13 min: “Doeltreffende velddiensvergaderinge.” Toespraak. Beklemtoon dat dit belangrik is om betyds vir hierdie vergaderinge te wees en ten volle baat te vind by die informasie wat bespreek word. Sluit plaaslike ondervindinge met die Ware vrede-boek in.
Lied 121 (11) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 11 MEI
Lied 183 (73)
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Teokratiese nuus.
13 min: “Jongmense—Wat verlang julle van die lewe?” Toespraak gebaseer op hoofstuk 23, bladsye 180-186, van Jeug-boek. Beklemtoon dat Christenjeugdiges heilsame doelwitte moet stel, hulleself aan Jehovah moet toewy, hulle vir doop moet voorberei, gemeente moet ondersteun en bediening ernstig moet opneem. Probeer om op die pad te bly wat na die lewe lei.—Spr. 4:20-26.
22 min: “Ouers—Lei julle kinders in die velddiens op.” Vraag-en-antwoord-bespreking deur ouere man. Kinders moet van jongs af in die bediening opgelei word. Help hulle om te besef dat dit belangrik is dat hulle hulle toewy, en dat hulle hulle hiervoor asook vir doop voorberei namate hulle fisies sowel as geestelik groei. Hou ’n kort demonstrasie gedurende bespreking van paragraaf 5 en beklemtoon inligting wat in om-boek, bladsye 99 en 100, uiteengesit word. Ouer en kind nader ouere man, en ouer vra of sy seun (of dogter) bevoeg is om as ’n verkondiger gereken te word. Ouere man hersien vriendelik faktore wat in gedagte gehou moet word. Kind het ’n basiese kennis van waarheid. Wil hy velddiens doen? Getuig hy by die deure? Hoe voel ouer? Ouere man stem saam dat kind goed vaar en blykbaar bevoeg is om as ’n verkondiger te rapporteer. Voorsitter sluit deel af deur te beklemtoon dat gesinne saam vir velddiens moet voorbrei en daaraan moet deelneem.
Lied 221 (39) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 18 MEI
Lied 143 (76)
10 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om hierdie Saterdag tydskrifwerk te doen. Hersien kortliks spesifieke artikels in jongste tydskrifte wat aangebied kan word; meld geselspunte.
15 min: “Bied die goeie nuus aan—met die Redenering-boek.” Vrae en antwoorde. Demonstreer wenke in paragrawe 3 en 4. Kies die wat vir julle gebied gepas is. Hierdie demonstrasies moet kort en goed voorbereid wees. Laat gehoor na elke demonstrasie kommentaar lewer oor waarom materiaal in boek in plaaslike gebied doeltreffend sal wees.
20 min: “Roodekrans—in volle gang!” Vraag-en-antwoordbespreking van byvoegsel tot tussenhofie “Almal kan help—Hoe?”
Lied 163 (94) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 25 MEI
Lied 123 (63)
10 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om op eerste Sondag in Junie van huis tot huis te getuig. Lektuuraanbod sal Paradys op aarde-boek wees. Gee een of twee wenke oor hoe die lektuuraanbod met huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’ verbind kan word. Verkondigers moet lektuur afhaal vir velddiens hierdie naweek. Dek ook “Plekke waar hulp nodig is”.
15 min: “Verbeter die gehalte van ons vergaderinge.” Aansporende toespraak. Lig gedagtes in paragraaf 4 toe deur materiaal uit verlede week se Wagtoring-studie of die Gemeentelike Boekstudie te gebruik.
20 min: “Roodekrans—in volle gang!” Vraag-en-antwoordbespreking van byvoegsel vanaf tussenhofie “Almal kan help—Hoe?”
Lied 160 (88) en slotgebed.