Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/86 bl. 1-8
  • Ouers—Lei julle kinders in die velddiens op

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ouers—Lei julle kinders in die velddiens op
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • DIE WAARDE VAN ’N VOORBEELD
  • Bied die Goeie Nuus Aan—As ’n gesin
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Ouers—Lei julle kinders van kleintyd af op
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Ouers—Leer julle kinders om die predikingswerk te doen
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Hoe om ’n geestelike sterk gesin te bou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 5/86 bl. 1-8

Ouers​—Lei julle kinders in die velddiens op

1 Hoe noodsaaklik is dit tog om behoorlike versorging en aandag aan jou gesin te gee! Paulus het aan Timotheüs geskryf: “Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ’n ongelowige” (1 Tim. 5:8). Een van die belangrikste verantwoordelikhede van Christenouers, in geestelike sin, is om met hulle kinders te studeer en hulle op te lei (Deut. 6:6, 7; Ef. 6:4; 1 Tim. 4:15, 16). Gesinsopleiding sal bekwamer bedienaars oplewer om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig.​—2 Tim. 2:1, 2.

2 Ouers moet gereeld tyd inruim om saam met hulle kinders velddiens te doen. Dit is nie altyd maklik nie. Maar ons is dit almal eens dat dit talle ryk seëninge meebring as ons gereeld velddiens doen. As jy jou kinders gereeld saamneem, sal dit hulle help om die belangrikheid van velddiens te besef. Namate hulle ’n groter aandeel in die werk het, hulle vermoëns verbeter en Jehovah se seën op hulle werk ondervind, sal hulle vreugde toeneem.​—Ps. 71:17.

3 Wat kan jy doen om jou kinders te help om die veldbediening te waardeer en te geniet? Wys hulle hoe hulle deel daaraan kan hê. Berei

saam voor vir velddiens. Kinders waardeer die liefdevolle aandag, wat hulle help om deur progressiewe opleiding vooruitgang te maak. Na gelang van hulle ouderdom kan hulle leer om aandagtig by die deure te luister of ’n uitnodiging of traktaat aan die huisbewoners te gee. Lei hulle op om ’n teks te lees namate hulle vordering maak. Talle kinders geniet dit om tydskrifte aan te bied. ’n Eenvoudige tydskrifaanbieding kan maklik geleer word. Ouers kan hulle kinders help om goeie geselspunte in die jongste tydskrifte te kry en ’n doeltreffende aanbieding te maak. Gereelde en progressiewe onderrigting en opleiding deur ouers lewer positiewe resultate op.​—Ef. 4:13, 14.

DIE WAARDE VAN ’N VOORBEELD

4 Kinders boots na wat hulle sien. Die Bybel sê: “’n Goeie mens laat ’n erfenis na ook vir sy kleinkinders” (Spr. 13:22, NAV). Ouers moet derhalwe hul bes doen om die regte voorbeeld te stel. Jou gesindheid teenoor die bediening sal jou kinders grootliks beïnvloed. Toon jy deur jou gesprekke en gereelde deelname aan die predikingswerk vir jou kind hoe baie jy die veldbediening waardeer? Toon jou gesprekke en gesindheid dat jy die pionierdiens as ’n doelwit beskou waarna jonk en oud kan streef?​—Deut. 5:29.

5 Talle kinders wat nog nie gedoop is nie, doen velddiens. Ons is bly om hulle by ons te hê (Matt. 19:13-15). Hulle is dalk te jonk om ten volle te verstaan wat toewyding beteken. Maar die tyd staan nie stil nie. Ouers moet hulle kinders dus help om te sien dat dit nodig is om vooruitgang te maak en om hulle mettertyd toe te wy en te laat doop. Reageer jou kinders gunstig op die tug en vermaning van Jehovah? Pas hulle toe wat hulle tuis en in die gemeente leer? Ons hoop dat ons jong verkondigers steeds vooruitgang sal maak, en dat hulle liefde vir Jehovah en hulle begeerte om hom te dien, sal toeneem.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel