Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, Bybelonderwerpe vir bespreking [tdAF], “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], My Boek met Bybelverhale [myAF], en weeklikse Skrifgedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 4 Mei tot 22 Junie 1986.
[Let wel: Verwysings na die boeke myAF, si en na tdAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord. ]
Dui aan of die volgende stelling Waar of Onwaar is:
1. Met sy opstanding en hemelvaart is Christus Jesus tot ’n hoër posisie verhef as wat hy voorheen beklee het. [tdAF 30B]
2. Al die materiaal in Tweede Kronieke word eintlik in ander kanonieke geskiedskrifte gedek. [si bl. 84 par. 34]
3. Jeremia het klem gelê op die toekomstige verwoesting van Juda en Jerusalem, maar hy het nie van ’n herstelling gepraat nie. [si bl. 129 par. 40]
4. ’n Demon was die bron van Elifas se valse beskuldiging teen Job (Job 4:15-18). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk gAF75 8/8 bl. 21 (g75 22/5 bl. 27)]
5. Job het werklik nie die geskil verstaan waarby hy betrokke was nie (Job 7:20, 21). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 941, Deel II. D.]
6. In Job 12:2 het Job sy “troosters” vir hulle wysheid geprys. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 941, Deel II. H. 1.]
7. Volgens Job 17:9 laat die regverdige hom onder geen omstandighede uit God se organisasie struikel nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 940, tabel]
8. In Job 22:1-3 spot Elifas met Job se bewering dat God in sy onkreukbaarheid belangstel. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 942, Deel IV. A.]
9. Omdat hy daadwerklik opgetree en uitgekom het om die ywerige Jehu te groet, is Jonadab geseën deur genooi te word om saam te gaan in Jehu se wa (2 Kon. 10:15, 16). [si bl. 74 par. 33]
10. “Die huid van my tande” in Job 19:20 (NW) verwys na die emalje van die tande. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk rs bl. 63]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Wat is Jehovah se vier hoofeienskappe? [tdAF 28D]
12. Wie word vandag deur die Sulammitiese meisie in Die Hooglied van Salomo afgeskadu en vind hoofsaaklik baat by haar voorbeeld? [si bl. 117 par. 17,18]
13. In watter opsig het Jesus se geboorte die profesie in Jesaja 7:14 vervul? [si bl. 123 par. 35]
14. Watter belangrike gevolgtrekking oor hoe lank Jerusalem ’n woesteny sou wees, het Daniel uit die geskrifte van Jeremia gemaak? [si bl. 129 par. 38; kyk Jer. 25:11, 12; 29:10]
15. Wat weet wetenskaplikes omtrent die aarde wat hulle moontlik met Job 26:7 sal laat saamstem? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ceAF bl. 200]
16. Wat het Esau gedoen toe hy omtrent 40 jaar oud was wat vir sy ouers hartseer veroorsaak het? [myAF 17]
17. Watter fout het Dina begaan wat veroorsaak het dat sy onteer is? [myAF 20]
18. Waarom het Jakob se tien seuns Josef, hulle halfbroer, gehaat? [myAF 21]
19. Hoe het Josef die belangrikste man naas Farao in Egipte geword? (Gen. 41:16). [myAF 23]
Vul die ruimtes in die volgende stellings in:
20. Die naam Jehovah se Getuies is gebaseer op die teks in [tdAF 29A]
21. Die geslagsregisters in Eerste Kronieke het die vertroue van God se volk versterk in․․․․․․․wat by die herboude tempel gedien het. [si bl. 78 par. 22]
22. Volgens Spreuke 10:17 moet Christene gewillig wees om․․․․․․․te aanvaar. [si bl. 110 par. 31]
23. Prediker 5:9 toon dat․․․․․․․’n strik vir God se knegte kan span. [si bl. 114 par. 18]
24. Volgens Job 14:13-15 het Job sy hoop in․․․․․․․gestel. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 940, tabel]
25. Ragel het gesterf terwyl sy geboorte aan․․․․․․․, haar tweede seun, geskenk het. [myAF 19]
26. Josef se heer in Egipte was ․․․․․․․ [myAF 22]
Onderstreep die korrekte antwoord in die volgende stellings:
27. Dit was die bloedskuld van (Agas; Manasse; Sedekia) wat Juda se ondergang eindelik verseël het (2 Kon. 24:3). [si bl. 74 par. 34]
28. Die vermoë om iets in sy geheel te sien, is (wysheid; kennis; insig of onderskeidingsvermoë). [si bl. 109 par. 22]
29. Isak het met (Rebekka; Ragel; Sara) getrou. [myAF 16]
30. Ragel se vader was (Isak; Laban; Esau). [myAF 18]
Paar die volgende tekste met die stellings hieronder af: Jes. 40:18; Jes. 42:8; Matt. 14:6; Rom. 1:20; Openb. 20:14
31. Vuur is ’n sinnebeeld van vernietiging. [tdAF 24C]
32. In die Bybel het slegs heidene verjaarsdae gevier. [tdAF 54B]
33. Dit is nie moontlik om ’n beeld van God te maak nie. [tdAF 3A]
34. Die Bybel toon dat God ’n persoonlike naam het. [tdAF 28A]
35. Hoewel ons God nie kan sien nie, weet ons dat hy bestaan. [tdAF 28C]