Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/86 bl. 4
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1986
Ons Koninkryksbediening—1986
km 6/86 bl. 4

Vraebus

• Hoe kan ’n gemeente fondse insamel om ’n Koninkryksaal te bou?

In die meeste gevalle word geld verkry wanneer gemeentelede vrywillig bydra. Aangesien Jehovah die gewer van “elke goeie gif en elke volmaakte gawe” is, is dit net gepas dat ons hom ook ‘met ons waardevolle goed eer’ (Jak. 1:17; Spr. 3:9, NW). Die ouere manne kan vooraf vasstel (1) hoeveel geld deur regstreekse bydraes verkry kan word, (2) hoeveel geld deur lenings by verskillende verkondigers bekom kan word, (3) hoeveel geld dit nodig en raadsaam sal wees om te leen en (4) hoeveel die gemeente maandeliks aan lenings kan en sal afbetaal. Om dit vas te stel, kan strokies papier uitgedeel en elkeen die geleentheid gegee word om te toon wat en hoe hy voornemens is om by te dra solank die bouprojek duur. Julle kan ’n bydraebussie met “Koninkryksaalboufonds” daarop hê. Diegene wat met die gemeente omgaan, sal dan die geleentheid hê om iets by te dra vir die boukoste, maar dit moet gewillig, uit die hart, gedoen word, nie weens ’n begeerte na materiële gewin in ruil vir wat gegee word nie. Dit is bemoedigend vir verkondigers wanneer hulle van maand tot maand van die gemeente se finansiële situasie verwittig word.​—2 Kor. 9:7.

Party boers het gevra of dit reg sou wees om ’n “rommelverkoping”, “koekverkoping” of “bring en koop” te hou, of ’n aantal ander metodes te gebruik. Ons Koninkryksbediening vir Desember 1973 het hierdie saak bespreek. Dit het duidelik getoon dat indien ’n gemeentelid so ’n funksie wil hou, dit ’n persoonlike saak is en hy daaroor moet besluit. Wat hy daarna met die opbrengs doen, is ook ’n persoonlike saak. Dit is egter nooit gepas dat enigeen of enige groep persone dit ’n gemeentelike aangeleentheid maak nie. In party gevalle het broers kos na die Koninkryksaal gebring en dit na afloop van die vergadering teen ’n bydrae aan die aanwesiges beskikbaar gestel. Daar is gesê dat die geld vir die Koninkryksaalboufonds gebruik sou word. Dit is nie gepas nie. In ander gevalle het broers ’n gedrukte uitnodiging na ’n “bring en koop” omgestuur en aangedui dat die opbrengs vir ’n nuwe Koninkryksaal gebruik sou word. Jehovah se Getuies maak nie van sulke metodes gebruik nie. Jehovah sal diegene wat ware aanbidding met ’n vrygewige gees bevorder ryklik seën.​—Spr. 3:9, 10, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel