Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Julie: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R4,50. Klein uitgawe kos R2,25. Augustus: Een van die volgende brosjures teen ’n bydrae van 50c: Jy kan vir ewlg op die aarde lewe!, “Laat u Naam geheilig word”—Watter naam? of Die regering wat die Paradys gaan bring. September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R4,50. (Ontoegekende gebied: Enigeen van die aanbiedinge vir Julie tot September. Enige ouer sakformaat-publikasie kan ook teen R1,80 aangebied word.) Oktober: Intekening op Ontwaak! of Die Wagtoring of albei teen ’n bydrae van R6,50 elk vir ’n jaar-intekening.
• Streekbyeenkomslapelkaarte vir 1986 sal gedurende Augustus saam met gemeentes se jaarlikse voorrade gestuur word. Dit is nie nodig om dit te bestel nie. Besendings in pakkies van 20 sal gebaseer word op die grootte van elke gemeente, en die lektuurrekening sal gedebiteer word met drie sent per kaart.
• Die Genootskap het nog ’n goeie voorraad kassetopnames van die boek Psalms. As jy nog nie ’n stel van hierdie kassette het nie, wil ons jou aanmoedig om dit dadelik te bestel aangesien ons hierdie boek vanaf 24 Augustus 1986 in ons Teokratiese Bedieningskool gaan lees.
• Verspreiderseksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! moet nie voor ongeveer tien dae voor die datum van die tydskrif aan die verkondigers vir gebruik in die veld beskikbaar gestel word nie. Dit is ’n verandering van paragraaf 26 in die Cost List Instructions.
• Weer beskikbaar in Suid-Afrika:
“All Scripture Is Inspired of Cod and Beneficial”—Engels
Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die Skepping?—Engels
Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?—Engels