Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/86 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 29 JUNIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 6 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 13 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 20 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 27 JULIE
Ons Koninkryksbediening—1986
km 7/86 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 29 JUNIE

Lied 43 (11)

13 min: Plaaslike aankondigings. Demonstreer die volgende alternatiewe ‘Onderwerp vir gesprekke’. Tema: Ewige lewe op aarde​—Is dit moontlik? Gebruik Titus 1:2 om te toon dat ons ’n gewisse belofte vir die ewige lewe het. Spreuke 2:20, 21 kan dan gelees word om te toon dat regskapenes ewige lewe op aarde kan geniet. Gepaste dele uit die Paradys op aarde-boek kan gebruik word om hierdie punte toe te lig. Hierdie opsionele onderwerp sal groter verskeidenheid toelaat, veral waar gebied dikwels gedek word. Moedig almal aan om op eerste Sondag in Julie velddiens te doen.

17 min: “Kan jy help waar hulp nodig is?” Toespraak met gehoordeelname by paragrawe 4-8. ’n Ouere man kan gepaste wenke aan die hand doen wat strook met informasie in paragrawe 5 en 6. Wanneer paragraaf 7 gedek word, moet daar benadruk word dat planne met ouere manne bespreek moet word voordat daar aan die Genootskap geskryf word oor die moontlikheid om te dien waar hulp nodig is.

15 min: Redeneriny uit die Skrif. Bespreking tussen ouere man en jong broer wat die wêreld aanloklik vind. Ouere man gebruik materiaal in Redenering-boek, bladsye 148-152, “Gees van die wêreld”. Ouere man definieer gees van die wêreld en verduidelik waarom dit kommer wek as ons daardeur bevlek word (1 Joh. 5:19; Openb. 12:9). Ouere man betrek broer by bespreking en redeneer oor volgende punte: Dit benadeel ons geestelikheid as gees van wêreld ons denke en begeertes beïnvloed. Wêreldse gees is gegrond op trots en opstand teen Jehovah. Wat gedoen moet word om van gees van wêreld los te breek. Ons moet Eva se eiegeregtige weg vermy en neiging weerstaan om teen gesag te rebelleer. Maniere waarop gees van die wêreld in gedrag van mense vandag geopenbaar word. Valstrikke van materialisme; hoe dit met gees van wêreld in verband staan. Hoe onbehoorlike spraak en gedrag tot verkeerde gees bydra. Onderskeid wat Bybel tref tussen geestelike en vleeslike mens. Moenie mense vereer nie. Ouere man sluit af met ondervinding wat toon dat ons werklik niks mis as ons nie by wêreldse bedrywighede betrokkke raak nie. ’n Negejarige meisietjie moes ’n Afrikaland waar werk verbied was saam met gesin verlaat om na ’n ander land te gaan waar sy 14 jaar in ’n vlugtelingekamp deurgebring het. Al haar tienderjare is gewy aan ’n vreedsame lewe wat om Bybelstudie en vergaderinge gedraai het. Nou is sy in voltydse diens. Hoewel sy nie toegang tot die wêreld en sy vermaak gehad het nie, het sy niks gemis nie! Jong broer spreek waardering uit vir bespreking.

Lied 80 (8) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 6 JULIE

Lied 69 (78)

10 min: Plaaslike aankondigings, gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening en diensrapport vir April. Moedig almal aan om hierdie Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem. Demonstreer twee tydskrifaanbiedings van 60 sekondes soos tyd toelaat. Gebruik die jongste Wagtoring in een demonstrasie en jongste Ontwaak! in die ander.

20min: “Gaan jy binnekort die pionierdiens betree?” Bespreek materiaal met gehoor. Laat diegene wat pioniers is of was ondervindinge vertel oor hoe pionierdiens hulle lewens verryk en hulle gehelp het om ander te help. Spoor almal aan wat kan om die pionierdiens te betree.

15 min: Twee ouere manne bespreek die feit dat ouers en kinders voortdurend moet let op hulle gedrag by Koninkryksaal en by byeenkomste. Bespreek plaaslike situasie wat die volgende kan insluit: kinders wat na vergaderinge in die gange rondhardloop, harde pratery buitekant die saal wat die bure kan steur, en die gevare daaraan verbonde as kinders saans in parkeerterreine rondhardloop. Prys diegene wat daarna streef om hulle kinders in toom te hou. Sluit op positiewe, aanmoedigende trant af en meld dat ons alles moet doen om Jehovah te behaag.

Lied 167 (28) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 13 JULIE

Lied 100 (22)

8 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag.

17 min: “Moenie die huis van onse God verwaarloos nie.” Vrae en antwoorde. Skets duidelik wat plaaslik gedoen kan word om beter na die Koninkryksaal en die erf om te sien.

20 min: “Goddelike vrede’​—Streekbyeenkoms vir 1986”​—Deel een. Vraag-en-antwoordbespreking van byvoegsel, paragrawe 1-13. Beklemtoon dat ons gedurende die program stil en aandagtig moet luister. Moet behartig word deur gemeentelike sekretaris.

Lied 164 (73) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 20 JULIE

Lied 68 (82)

10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig tydskrifwerk op vierde Saterdag aan. Bespreek geselspunte in jongste nommers wat hierdie week in die velddiens gebruik kan word. Herinner almal daaraan om volgende week brosjures vir aanbod in Augustus na Diensvergadering te bring.

15min: “Bied die goeie nuus aan​—Met empatie.” Vrae en antwoorde.

20 mln: “‘Goddelike vrede’​—Streekbyeenkoms vir 1986”—Deel twee. Vraag-en-antwoordbespreking van byvoegsel, paragrawe 14-27. Almal moet noukeurig aandag skenk aan “Inligting in verband met die Streekybeenkoms”. Benadruk dat behoorlike dekorum en kleredrag nodig is wanneer ons die byeenkoms bywoon. Moedig ook elke verkondiger aan om ’n lapelkaart op pad na en tydens die byeenkoms te dra. Dit sal nie net die byeenkoms adverteer nie, maar sal ook Jehovah se volk identifiseer en beter sekuriteit tot gevolg hê. Moet deur presiderende opsiener behartig word.

Lied 147 (38) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 27 JULIE

Lied 177 (55)

10 min: Plaaslike aankondiging en Teokratiese nuus.

20 mln: Gebruik Redenering-boek om ander te bemoedig. Toespraak en demonstrasies gebaseer op bladsye 65-68. Barnabas was bekend vir sy goedhartigheid en groot moedigheid. Hy was gewillig om van homself te gee en sy broers te help. Sy besoek aan Antiochië het die nuwe dissipels aangespoor. Sy hartlike woorde en gedagtes het die nuwe dissipels beweeg om “met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly” (Hand. 11: 23). Doeltreffende bemoediging lewer resultate op. Die ontvanger vind baat daarby deur moed, hoop en vertroue te kry om ’n moeilike situasie die hoof te bied.

Ons het almal bemoediging nodig en moet mekaar bemoedig. Wat kan ons sê en doen om mekaar te help om problème die hoof te bied en voort te gaan om Jehovah met “hartlike voorneme” te dien? DEMONSTRATES: (1) Verkon­diger besoek ouer verkondiger. Ouer verkondiger kan weens siekte nie vergaderinge gereeld bywoon nie en is mismoedig. Verkondiger spreek waardering uit vir ouer verkondiger se baie jare van getroue diens en vertel moontlik ’n goeie ondervinding wat verkondiger met ouer persoon in velddiens gehad het. Gesprek leen hom tot 2 Korinthiërs 4: 13,16 en verwante materiaal in Redenering-boek. (2) Twee broers gesels na vergadering. Gesprek handel oor daaglikse bedrywighede en sekulére werk. Broer sê dat sy werk op die spel staan omdat maatskappy dalk bankrot kan speel. Hulle bly in gebied waar dit ekonomies moeilik gaan en broer het dit reeds nie juis breed nie. Ander broer simpatiseer met broer se gevoelens; hy kry ook swaar. Vind gemoedsrus in wat die Bybel te sê het. Redenering-boek onder “Ekonomiese probleme”, bladsy 67. Bespreking gebaseer op Mattheüs 6:33 en Romeine 8:35, 38, 39.

15 min: Lektuuraanbod vir Augustus. Bespreek geselspunte in brosjures wat doeltreffend gebruik kan word deur jonger en nuwer verkondigers sowel as deur meer ervare verkondigers. Bespreek reëlings vir volgende besoek aan afgesonderde gebied. Kan party as hulppioniers dien? Moedig almal hartlik aan om kampanje heelhartig te ondersteun.

Lied 52 (81) en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel