Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/86 bl. 9-12
  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1986
Ons Koninkryksbediening—1986
km 7/86 bl. 9-12

Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, Bybelonderwerpe vir bespreking [tdAF], “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], My Boek met Bybelverhale [myAF], en weeklikse skrifgedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 6 Julie tot 24 Augustus 1986.

[Let wel: Verwysings na die boeke myAF, si en na tdAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Elkeen sal vir sy eie sondes verantwoording doen, maar Jehovah sal iemand vergewe wat hom van sy verkeerde weg bekeer. [si bl. 137 par.30]

2. Perversie, soos homoseksualiteit, is geen grond vir egskeiding nie. [tdAF 26B]

3. Hosea se profesie is nie net vervul met die terugkeer van ’n oorblyfsel in Serubbabel se dag nie, maar ook met Jehovah se barmhartige insameling van ’n geestelike oorblyfsel. [si bl. 145 par. 16]

4. Farao was baie gekant daarteen dat Josef se gesin in Egipte kom bly het. [myAF 25]

5. Toe Moses drie maande oud was, is hy in ’n waterdigte mandjie in die lang gras langs die Nylrivier gesit. [myAF 28]

6. Toe Moses vir die Israeliete ’n paar wonderwerke getoon het, het hulle geglo dat Jehovah aan hom verskyn het. [myAF 31]

7. Selfs voordat Israel ’n nasie geword het, het manne van ouds kennis gedra van die vervaardiging van yster- en koperprodukte. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF71 22/10 bl. 15 (g71 22/7 bl. 11)]

8. Eeue voor Jesus se Bergpredikasie het Job hom voorgeneem om nie eers met begeerte na ’n ander vrou behalwe sy eggenote te kyk nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF79 15/3 bl. 23 (w78 15/12 bl. 32)]

9. Hoewel ons sondes nie Jehovah se opperposisie raak nie, verbly dit hom as ons doen wat reg is (Job 35: 6,7). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk w75 1/12 bl. 713 pare. 1, 2.]

10. ’n Volstruis kan vinniger as ’n perd hardloop. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk gAF79 8/11 bl. 15 (r/79 22/6 bl. 21)]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Waarom kan daar nie gesê word dat Satan by Jehovah vertoef het nie al het hy toegang tot die hemel gehad? (Ps. 5:5). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk w7A 15/10 bl. 639.]

12. Waarom sal Johannes die Doper nie in die hemelse Koninkryk wees nie? [tdAF 36D; kyk gAF73 22/7 bl. 7 (g73 8/5 bl. 7)]

13. Noem twee van die vier gesigte aangaande die wêreldmagte wat Daniël neergeskryf het. [si bl. 142 par. 21]

14. Wie was ‘die manne met wie Edom vriendskap gehou het’? (Obadja 7). [si bl. 152 par. 11]

15. Wanneer het Psalm 2:1, 2 sy groot vervulling ondergaan? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF83 15/10 bl. 22 (w83 1/8 bl. 23)]

16. Hoe verklaar ’n mens die feit dat Jakob se groot gesin slawe geword het en baie wreed behandel is nadat hulle baie jare lank in vrede in Egipte gewoon het? [myAF 27]

17. Wat is een van die wonderwerke wat Jehovah Moses laat verrig het en wat bewys het dat God aan hom verskyn het? [myAF 30]

18. Hoe het jong Elihu in sy gedrag teenoor Job eerbied vir ouer persone getoon? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF71 1/9 bl. 392 par. 6 (w71 15/6 bl. 363 par. 6)]

19. Wanneer sal Job 33:25 in vervulling gaan? [Weeklikse Skrifgedeelte]

20. Wie beklee ’n posisie soos Elihu van Job se dag? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF66 bl. 541 (w66 bl. 558)]

21. Hoe toon Psalm 2:1-6 dat Jesus Christus ’n ruk voor Armageddon as Koning sou begin regeer? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF74 15/9 bl. 427 (w74 1/7 bl. 398)]

22. Wat toon die illustrasie van Hosea se owerspelige vrou? [si bl. 145 par. 17]

Vul die ruimtes in die volgende Stellings in:

23. Die onbeperkte getal van die “groot menigte” “ander skape” wag nou op die belofte van․․․․․․․(Openb. 7:9,15-17).[tdAF 36E]

24. Nadat Josef gesterf het en voordat Moses sy weg van onkreukbaarheid betree het, was․․․․․․․die getrouste persoon aan Jehovah op die hele aarde. [myAF 26]

25. Toe Moses Egipte verlaat het, het hy na die land․․․․․․․gevlug.[myAF 29]

26. Die feit dat Job beloon is met dubbel soveel as wat hy voor sy strawwe toets gehad het, was ’n illustrasie van die beloning vir getrouheid wat․․․․․․․ontvang het (Job 42:10). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk sl bl. 89 par. 60]

Onderstreep die korrekte antwoorde in die volgende stellings:

27. Die boek (Hosea; Joël; Klaagliedere) spreek diepe smart uit oor die vernietiging van Jerusalem, [si bl. 132 par. 15]

28. Die sprinkaanplaag wat Joël beskryf het en die plaag wat in (Jesaja; Mattheüs; Openbaring) voorspel is, is albei deel van dieselfde algemene profetiese boodskap. [si bl. 148 par. 13]

29. Getrou aan Jehovah se woord deur Amos het die gevangenes van Israel in (740 v.G.J.; 537 v.G.J.; 455 v.G.J.) teruggekeer om hulle verwoeste stede te bou en te bewoon en hulle wingerde en tuine aan te lê (Amos 9:14). [si bl. 150 par. 15]

30. Toe die eerste minister van Egipte gesê het dat Benjamin as sy slaaf in Egipte moes agterbly, het (Simeon; Levi; Juda) aangebied om in die plek van Benjamin as ’n slaaf in Egipte agter te bly. [myAF 24]

Paar die volgende tekste met die stellings hieronder af:

Ps. 110:2; Dan. 2:44; Joh. 11:25, 26; Hand. 4:12; 1 Thess. 5:1-4

31. ’n Mens kan gered word slegs deur geloof in Jesus Christus te beoefen.[tdAF 30D]

32. God se Koninkryk sal alle goddelose koninkryke vernietig.[tdAF 32B]

33. Terwyl sy vyande nog bedrywig is, neem Christus sy mag aan.[tdAF 32C]

34. Ons moet wakker wees om sekere tekens raak te sien wat God vir ons leiding voorsien.[tdAF 34B]

35. Die Bybel verseker ons dat gehoorsame mense die ewige lewe sal ontvang.[tdAF 36B]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel