Teokratiese Nuus
♦ Uitstekende vordering word gemaak met die bou van Koninkryksale in die swart veld. Gedurende die naweek van 31 Mei 1986 is vier sale toegewy: Butterworth. Umtata, Naas (naby Komatipooort) en KwaNobuhle (naby Uitenhage). Altesaam 2,701 het dit bygewoon.
♦ Liberië het in Maart ’n hoogtepunt van 1,330 verkondigers en ’n hoogtepunt van 2,458 Bybelstudies gerapporteer. Die verkondigers het ’n gemiddelde van 15,8 uur bereik.
♦ Swaziland het ’n hoogtepunt van 878 verkondigers in Maart gerapporteer. Dit is aanmoedigend om te sien dat die verkondigers gemiddeld 17,8 uur in die velddiens deurgebring het.