Tydskrifverspreiding van huis tot huis
1 Die Wagtoring en Ontwaak! het ’n uiters belangrike rol gespeel om ons te help om ons opdrag te vervul om die “evangelie van die koninkryk” in die hele wêreld te verkondig (Matt. 24:14). Soos die publikasie Georganiseer om ons bediening te vervul toon, kan ons op verskeie tye en plekke tydskrifte versprei. Bladsye 87 en 88 sê byvoorbeeld die volgende: “In baie lande getuig verkondigers op straat. Dit word gewoonlik gedoen deur die jongste eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! vir verbygangers in sakegebiede aan te bied.” Dan is daar winkel-tot-winkelwerk wat goeie vrugte afwerp. As ons informele getuieniswerk doen, sal ons ook baie geleenthede hê om die jongste tydskrifte aan te bied.—Kyk Ons bediening, bladsye 93 en 94.
2 Dit is egter hoofsaaklik die huis-tot-huiswerk wat die beste geleentheid bied om tydskrifte te versprei. Het julle gemeente ’n reëling vir sulke bedrywigheid? Ondersteun jy dit gereeld? Party gemeentes het ’n reëling vir Saterdagoggend wanneer party broers aan straatwerk en ander aan die huis-tot-huiswerk deelneem. Dit is nietemin goed dat elke gemeente ook ’n reëling in die middag het, aangesien talle van ons broers en susters op ’n Saterdagoggend werk. In baie gevalle sal diegene wat in die oggend tydskrifwerk doen, ook graag op ’n Saterdagmiddag daaraan wil deelneem. Diegene wat as hulp- of gewone pioniers dien, sal veral sulke georganiseerde reëlings vir tydskrifwerk waardeer.
3 Soos die Ons bediening-boek op bladsye 92 en 93 uiteensit, sal ons veral op die tweede en vierde Saterdag van elke maand aandag skenk aan tydskrifwerk. Ons sal veral op daardie Saterdagmiddae wil seker maak dat daar ’n georganiseerde reëling is. Baie gemeentes het reeds ’n reëling vir elke Saterdag vir die wat graag velddiens wil doen, en dit is prysenswaardig. Ons spoor alle ander gemeentes hartlik aan om ook definitiewe reëlings te tref om tydskrifwerk van huis tot huis te doen.
4 Mag ons almal voortgaan om hierdie twee waardevolle tydskrifte te gebruik om die opdrag te vervul wat Jehovah ons gegee het. Stel jou dit ten doel om gereeld aan die verskeie aspekte van tydskrifwerk deel te neem, met inbegrip van ’n heilsame aandeel daarin om tydskrifte vir mense van huis tot huis aan te bied. —Hand. 20:20.