Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Oktober: Intekening op Ontwaak! of Die Wagtoring of albei teen ’n bydrae van R6,50 elk vir ’n jaarintekening. November: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van R1,80. (Engels: New World Translation en Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van R8,20. [Wanneer die 1981-uitgawe van die New World Translation saam met die Ware vrede en veiligheid-boek. aangebied word, is die bydrae R7,20.]) Desember: My boek met Bybelverhale teen ’n bydrae van R4,50. Januarie en Februarie: Enige van die volgende boeke teen ’n bydrae van Rl,80: Is die Bybel werklik die Woord van God?, Die waarheid wat lei tot die ewige lewe, Is hierdie lewe al wat daar is?, Goeie nuus om jou gelukkig te maak, of enige boeke of boekies waarvan daar te veel in voorraad is. (Engels: “Let Your Kingdom Come”, Your Youth—Getting the Best out of It, of enige boeke of boekies waarvan daar te veel in voorraad is.)
• Ons sluit die ‘Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1987’ by hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening in. Dit sal skoolopsieners in staat stel om vertroud te raak met die instruksies en om toesprake vroegtydig toe te wys. Almal moet vertroud raak met die instruksies sodat hulle hul toewysings behoorlik kan voorberei en aanbied.
• Ondersoek die Skrif elke dag—1987: Verkondigers en pioniers moet asseblief hulle boekies Ondersoek die Skrif deur die gemeente bestel. Gemeentes behoort nou al bestellings vir hierdie boekies te neem. Stuur dan hierdie bestelling op 1 Oktober 1986 of so gou moontlik daarna aan die Genootskap op die gewone lektuurbestelvorm (S-14). Ondersoek die Skrif in ander tale moet onder “Other Language Publications” aangedui word, met die afsonderlike getal vir elke taal sowel as die jaar 1987. Ondersoek die Skrif sal beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Nederlands, Portugees, Sepedi, Sotho, Tswana, Xhosa en Zulu. Totdat die boekies beskikbaar is en uitgestuur word, sal dit as “Will Send Later” op gemeentefakture verskyn. Ondersoek die Skrif is ’n beheerde item, en lektuurrekeninge sal met 50c per eksemplaar gedebiteer word. Dit is die prys vir verkondigers. Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1986 op die lys was, kan ’n gratis eksemplaar verkry, en bykomende eksemplare teen 35c elk. Geldsendings moet die bestelling vergesel wanneer gemeentes nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wanneer hulle ’n lektuurrekening met ’n nadelige saldo het. ’n Afsonderlike aantekening moet op die maandelikse geldsendingvorm (S-20) gemaak word om die gratis eksemplare aan pioniers aan te dui.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Aid to Bible Understanding (Deel 45)—Italiaans
• Weer beskikbaar in Suid-Airika:
Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe (Klein uitgawe)—Engels
• Presiderende opsiener: Sorg asseblief dat die rapport vir julle ontoegekende gebied ingevul word en nie later nie as 15 Oktober 1986 aan die Genootskap gestuur word. Maak asseblief seker dat die regte posgeld daarvoor betaal is.
• Presiderende opsieners en sekretarisse moet asseblief sorg dat alle tjeks aan die Genootskap behoorlik geteken en gedateer word. Maak ook asseblief seker dat daar genoeg geld in julle bankrekening is voordat julle ’n tjek uitskryf. As betaling deur middel van ’n bankoordrag geskied, moet julle asseblief ’n afskrif van die oordragvorm saam met die Remittance and Credit Request-vorm (S-20) stuur en toon hoe die geld aangewend moet word.
• Inbrake by Koninkryksale het die afgelope tyd toegeneem en aansienlike verliese van eiendom, wat duur klanktoerusting ingesluit het, tot gevolg gehad. Ons wil ouere manne aanmoedig om ons brief van 20 Julie 1986 noukeurig te hersien en die gemeente aan te spoor om te help om voorsorgmaatreëls te tref ten einde onnodige inbrake te vermy.