Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1987
INSTRUKSIES
Gedurende 1987 moet die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehou word:
LEERBOEKE: Die Bybel, die New World Translation of the Holy Scriptures [bi12], “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si] en Bybelonderwerpe vir bespreking [tdAF] sal vir toewysings gebruik word.
Die skool word met lied, gebed en verwelkoming geopen en verloop daarna soos volg:
TOEWYSING NR. 1: 15 minute. Dit moet deur ’n ouere man of ’n bekwame bedieningskneg behartig word. Dit sal gebaseer word op “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial”. Hierdie toewysing moet ’n instruksietoespraak van tien minute wees en gevolg word deur ’n mondelinge hersiening van vyf minute. Die gedrukte vrae moet hiervoor gebruik word. Die doel moet nie wees om net materiaal te dek nie, maar om die aandag te vestig op die praktiese waarde van die betrokke materiaal en die gedagtes wat vir die gemeente die nuttigste sal wees, moet beklemtoon word. Indien nodig, moet ’n tema gekies word. Almal word aangemoedig om sorgvuldig voor te berei om ten volle baat te vind by hierdie materiaal.
Die broers wat hierdie toespraak hou, moet noukeurig by die bepaalde tyd hou. Private raad moet gegee word, indien nodig.
GLANSPUNTE UIT DIE SKRIFGEDEELTE: 6 minute. Dit moet behartig word deur die skoolopsiener of ’n ander bekwame ouere man of ’n bedieningskneg wat deur die skoolopsiener aangestel word. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. Nadat ’n kort geheelbeeld van die toegewese hoofstukke gegee is, moet die gehoor gehelp word om in te sien waarom en hoe die inligting vir ons van nut is. Gaan nommers van Die Wagtoring na vir bykomende glanspunte. Die skoolopsiener sal die studente daarna versoek om na hulle onderskeie klaskamers te gaan.
TOESPRAAK NR. 2: 5 minute. Dit is ’n voorlesing van die toegewese materiaal in die Bybel en moet deur ’n broer behartig word. Dit geld in die hoofskool en in die ander groepe. Die leestoewysings is gewoonlik kort genoeg sodat die student kort kommentare tydens sy inleiding en slot kan lewer, en selfs tussenin. Geskiedkundige agtergrond, profetiese of leerstellige betekenis en die toepassing van beginsels kan ingesluit word. Al die toegewese verse moet gelees word.
TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Hierdie toespraak word aan susters toegewys. Die student moet kan lees. Die student kan sit of staan terwyl sy die toespraak hou. Die skoolopsiener sal een assistent aanwys, maar bykomende assistente kan gebruik word. Agtergronde kan situasies by die huis, gedurende velddiens, in die gemeente of elders insluit. Die suster wat die toespraak hou, kan die bespreking inlei sodat die agtergrond duidelik blyk, of haar assistent(e) kan dit doen. Die klem moet op die materiaal val, nie op die agtergrond nie. Die student moet die tema gebruik wat verskaf word.
TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Dit moet aan ’n broer of ’n suster toegewys word. Wanneer dit aan ’n broer toegewys word, moet dit ’n toespraak aan die hele gehoor wees. Dit sal gewoonlik die beste wees as die broer sy toespraak met die Koninkryksaalgehoor in gedagte voorberei, sodat dit werklik leersaam en nuttig is vir diegene wat dit hoor. As die materiaal egter besonder geskik is vir ’n ander praktiese en gepaste agtergrond, staan dit die broer vry om sy toespraak dienooreenkomstig te ontwikkel. Die student moet die tema gebruik wat verskaf word.
Wanneer die materiaal aan ’n suster toegewys word, moet dit op dieselfde manier as Toespraak nr. 3 gehou word.
RAAD EN KOMMENTAAR: Na elke studentetoespraak sal die skoolopsiener spesifieke raad gee, maar nie noodwendig volgens die program vir progressiewe raadgewing op die Spraakraadgewingstrokie nie. Hy moet hom eerder toespits op die spraakhoedanighede waarin die Student kan verbeter. As die student ’n “G” verdien en daar geen ander spraakhoedanigheid met ’n “V” of “W” gemerk is nie, moet die raadgewer ’n spraakhoedanigheid aandui waaraan die spreker volgende aandag moet skenk deur ’n kring om die blokkie te trek waar die “G”, “V” of “W” gewoonlik geskryf word. Hy sal die student daardie aand daarvan verwittig en hierdie spraakhoedanigheid op die student se volgende Teokratiese Bedieningskool-toewysing (S-89) aandui. Studente wat toesprake gaan hou, moet voorlangs in die saal sit. Dit sal tyd bespaar en die skoolopsiener ook in staat stel om sy raad direk aan elke student te gee. As daar tyd is nadat raad gegee is, kan die raadgewer kommentaar lewer oor leersame en praktiese gedagtes wat die studente nie gedek het nie. Die skoolopsiener moenie meer as twee minute vir raad en kommentaar na elke studentetoespraak gebruik nie.
VOORBEREIDING VAN TOESPRAKE: Broers aan wie die eerste toespraak toegewys word, moet ’n tema kies indien dit nodig is. Studente aan wie die tweede toespraak toegewys is, moet ’n tema kies wat die beste dekking van die materiaal tot gevolg sal hê. Studente aan wie die derde en Vierde toespraak toegewys word, moet die gegewe tema gebruik. Voordat hulle die toespraak hou, moet studente die materiaal in die Skoolhandleiding deurlees wat die spraakhoedanigheid bespreek waaraan hulle aandag moet skenk.
TYDREËLING: Geen toespraak moet die tydgrens oorskry nie. Dit geld ook vir die raad en kommentaar van die skoolopsiener. Toesprake nrs. 2 tot 4 moet taktvol onderbreek word wanneer die tyd verstreke is. Die persoon wat gevra word om die “stopsein” te gee, moet dit dadelik doen wanneer die tyd verstreke is. As die broer wat Toewysing nr. 1 behartig die tydgrens oorskry, moet hy privaat raad kry. Almal moet hulle tyd goed dophou. Die program is altesaam 45 minute lank, lied en gebed uitgesluit.
SKRIFTELIKE HERSIENING: Van tyd tot tyd word daar ’n skriftelike hersiening gehou. Hersien ter voorbereiding die toegewese materiaal en voltooi die toegewese Skrifgedeelte. Die skoolopsiener sal reeds die hoofgedagtes gedek het wat nie deur die sprekers gemeld is nie. Slegs die Bybel mag gedurende hierdie hersiening van 25 minute gebruik word. Die res van die tyd sal gewy word aan ’n bespreking van die vrae en antwoorde. Elke student sien sy eie vraestel na. Die skoolopsiener sal al die antwoorde aflees en veral aandag gee aan die moeiliker vrae en almal help om die antwoorde goed te verstaan. Indien die plaaslike omstandighede dit om die een of ander rede vereis, kan die Skriftelike hersiening ’n week later gehou word.
GROOT EN KLEIN GEMEENTES: Gemeentes met ’n skoolinskrywing van 50 of meer studente kan reël dat bykomende groepe studente die toesprake voor ander raadgewers hou. Ongedoopte persone wie se lewens aan Christelike beginsels voldoen, kan natuurlik ook by die skool inskryf en toewysings ontvang.
AFWESIGHEID: Die hele gemeente kan waardering vir hierdie skool toon deur sover moontlik elke weeklikse sessie by te woon, hulle toewysings goed voor te berei en te antwoord wanneer vrae gestel word. Ons hoop dat al die studente hulle toewysings pligsgetrou sal uitvoer. Indien ’n studentespreker nie opdaag nie, kan ’n vrywilliger die toespraak hou en net soveel van die materiaal toepas as waarvoor hy hom op sulke kort kennisgewing bevoeg voel. So nie kan die skoolopsiener die materiaal met gehoordeelname dek.
ROOSTER
4 Jan. Skrifgedeelte: Psalms 70 tot 73
Lied 46
Nr. 1: Die Bybel: ’n Vaste grondslag vir geloof (si bl. 7-8. par. 1-11)
Nr. 2: Psalm 72
Nr. 3: tdAF 2B Die Christen se aandeel in God se finale oorlog
Nr. 4: tdAF 9C “Doop vir die dode” is onskriftuurlik
11 Jan. Skrifgedeelte: Psalms 74 tot 77
Lied 180
Nr. 1: God se Woord: Die proses van inspirasie (si bl. 8-10, par. 12-20)
Nr. 2: Psalm 76
Nr. 3: tdAF 5B Ons het hulp nodig om God se Woord te verstaan
Nr. 4: tdAF 5D Die Bybel steun die gebruik van verspreide tekste
18 Jan. Skrifgedeelte: Psalms 78 en 79
Lied 98
Nr. 1: God se Woord: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 10-12, par. 21-33)
Nr. 2: Psalm 79
Nr. 3: tdAF 5E Ander “heilige boeke” is nie geïnspireer nie
Nr. 4: tdAF 5G “Ou” en “Nuwe” Testament albei belangrik
25 Jan. Skrifgedeelte: Psalms 80 tot 85
Lied 82
Nr. 1: Genesis: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 13-14, par. 1-9)
Nr. 2: Psalm 83
Nr. 3: tdAF 5H Egtheid van Bybelboeke beste bepaal uit interne bewys
Nr. 4: tdAF 7B 70 Weke: Profesie van Messias se eerste koms
1 Feb. Skrifgedeelte: Psalms 86 tot 89
Lied 64
Nr. 1: Genesis 1:1 tot 25:12 (si bl. 14-16, par. 10-22)
Nr. 2: Psalm 86
Nr. 3: tdAF 7C Jesus in 2 v.G.J. gebore
Nr. 4: tdAF 7D Christus se bediening 3 1/2 jaar
8 Feb. Skrifgedeelte: Psalms 90 tot 94
Lied 135
Nr. 1: Genesis 25:13 tot 50:26 (si bl. 16-17, par. 23-32)
Nr. 2: Psalm 90
Nr. 3: tdAF 31B Christus se Kerk beperk tot 144 000
Nr. 4: tdAF 31C Vergaderinge in huise of bou van sale gepas
15 Feb. Skrifgedeelte: Psalms 95 tot 101
Lied 194
Nr. 1: Exodus: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 19-20, par. 1-8)
Nr. 2: Psalms 100 en 101
Nr. 3: tdAF 31D Christengemeente nie op Petrus gebou nie
Nr. 4: tdAF 31E Christus het geen pous as opvolger aangestel nie
22 Feb. Skriftelike hersiening. Voltooi Psalms 70 tot 101
Lied 91
1 Mrt. Skrifgedeelte: Psalms 102 tot 104
Lied 1
Nr. 1: Exodus 1:1 tot 13:16 (si bl. 21-22, par. 9-17)
Nr. 2: Psalm 103:1-14, 21, 22
Nr. 3: tdAF 16A Morele standaard van die Bybel moet
gehandhaaf word
Nr. 4: tdAF 16B Ware versiering is die van die hart
8 Mrt. Skrifgedeelte: Psalms 105 en 106
Lied 201
Nr. 1: Exodus 13:17 tot 40:38 (si bl. 22-23, par. 18-25)
Nr. 2: Psalm 106:1-12,47,48
Nr. 3: tdAF 8D Dodeverering is verkeerd
Nr. 4: tdAF 51A Toewyding aan Jehovah noodsaaklik vir lewe
15 Mrt. Skrifgedeelte: Psalms 107 tot 109
Lied 139
Nr. 1: Levitikus: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 25-26, par. 1-10)
Nr. 2: Psalm 108
Nr. 3: tdAF 39A Bybel se antwoord op probleem van jeugmisdadigheid
Nr. 4: tdAF 11C Die Duiwel is verantwoordelik vir wêreldbenoudheid
22 Mrt. Skrifgedeelte: Psalms 110 tot 115
Lied 17
Nr. 1: Levitikus 1:1 tot 15:33 (si bl. 27-28, par. 11-21)
Nr. 2: Psalms 110 en 114
Nr. 3: tdAF 53A Skriftuurlike grondslag vir uitsetting
Nr. 4: tdAF 53B Gronde vir uitsetting
29 Mrt. Skrifgedeelte: Psalms 116 tot 119:32
Lied 125
Nr. 1: Levitikus 16:1 tot 27:34 (si bl. 28, par. 22-27)
Nr. 2: Psalm 116
Nr. 3: tdAF 53C Berou noodsaaklik vir God se vergifnis
Nr. 4: tdAF 12A Christene vermy gewoontevormende middels
5 Apr. Skrifgedeelte: Psalm 119:33-112
Lied 160
Nr. 1: Numeri: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 30-31,
par. 1-10)
Nr. 2: Psalm 119:97-112
Nr. 3: tdAF 1B Van die verlore paradys tot die herwonne paradys
Nr. 4: tdAF 1D Die mens kan nie die aarde vernietig nie
12 Apr. Skrifgedeelte: Psalm 119:113-176
Lied 159
Nr. 1: Numeri 1:1 tot 12:16 (si bl. 31-32, par. 11-19)
Nr. 2: Psalm 119:161-176
Nr. 3: tdAF 13A Evolusie is onskriftuurlik
Nr. 4: tdAF 20A Christen se posisie ten opsigte van wêreldlike owerhede
19 Apr. Skrifgedeelte: Psalms 120 tot 130
Lied 65
Nr. l: Numeri 13:1 tot 36:13 (si bl. 33-34, par. 20-31)
Nr. 2: Psalms 122 en 123
Nr. 3: tdAF 20B Christen se eerste verantwoordelikheid is teenoor God
Nr. 4: tdAF 20C Christene moet neutraal bly in wêreldaangeleenthede
26 Apr. Skriftelike hersiening. Voltooi Psalms 102 tot 130
Lied 217
3 Mei Skrifgedeelte: Psalms 131 tot 136
Lied 168
Nr. 1: Deuteronomium: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 36-37, par. 1-9)
Nr. 2: Psalm 132
Nr. 3: tdAF 20D Christelike stryd ’n beskerming vir almal
Nr. 4: tdAF 20E Regte standpunt teenoor verering van embleme
10 Mei Skrifgedeelte: Psalms 137 tot 140
Lied 165
Nr. 1: Deuteronomium 1:1 tot 11:32 (si bl. 37-38, par. 10-19)
Nr. 2: Psalms 137 en 138
Nr. 3: tdAF 23A Waaruit bestaan goeie werke?
Nr. 4: tdAF 23B Opregte navolging van “gulde reël” nie genoeg nie
17 Mei Skrifgedeelte: Psalms 141 tot 145
Lied 41
Nr. 1: Deuteronomium 12:1 tot 33:29 (si bl. 39-40, par. 20-29)
Nr. 2: Psalm 144
Nr. 3: tdAF 23C Geloof sonder werke is dood
Nr. 4: tdAF 23D Liefdadigheidswerke ’n deel van die Christen se leefwyse
24 Mei Skrifgedeelte: Psalms 146 tot 150
Lied 183
Nr. 1: Josua: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 42-43, par. 1-5)
Nr. 2: Psalm 148
Nr. 3: tdAF 23E Gemeenskapsbelange beste gedien deur Koninkryksprediking
Nr. 4: tdAF 25A Hemel is God se tuiste, aarde is die mens s’n
31 Mei Skrifgedeelte: Spreuke 1 en 2
Lied 138
Nr. l: Josua 1:1 tot 12:24 (si bl. 43-44, par. 6-15)
Nr. 2: Spreuke 2:1-19
Nr. 3: tdAF 25C Vereistes vir hemelse lewe
Nr. 4: tdAF 24A Hel (Hades, Sjeool)voorsien tydelike rus, met opstandingshoop
7 Jun. Skrifgedeelte: Spreuke 3 en 4
Lied 132
Nr. 1: Josua 13:1 tot 24:33 (si bl. 44-45, par. 16-20)
Nr. 2: Spreuke 3:1-17
Nr. 3: tdAF 24D Bestaan van hemel bewys nie dat hel bestaan nie
Nr. 4: tdAF 54A Hou van feesdae nie van Christene vereis nie
14 Jun. Skrifgedeelte: Spreuke 5 en 6
Lied 152
Nr. 1: Rigters: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 46-47, par. 1-8)
Nr. 2: Spreuke 6:1-19
Nr. 3: tdAF 52C Daar is net een pad, maar dit is vir almal oop
Nr. 4: tdAF 52A Uitlegging behoort aan God
21 Jun. Skrifgedeelte: Spreuke 7 en 8
Lied 14
Nr. l: Rigters 1:1 tot 9:57 (si bl. 47-48, par. 9-17)
Nr. 2: Spreuke 8:22-36
Nr. 3: tdAF 52B Net een regte uitlegging van die Bybel
Nr. 4: tdAF 28B God se naam moet bekend gemaak word
28 Jun. Skriftelike hersiening. Voltooi Psalm 131 tot Spreuke 8
Lied 42
5 Jul. Skrifgedeelte: Spreuke 9 en 10
Lied 9
Nr. l: Rigters 10:1 tot 21:25 (si bl. 49-50, par. 18-26)
Nr. 2: Spreuke 10:16-32
Nr. 3: tdAF 28E God is die Skepper; om hom te loën is noodlottig
Nr. 4: tdAF 28G Jehovah is nie net God van Jode nie
12 Jul. Skrifgedeelte: Spreuke 11 en 12
Lied 73
Nr. 1: Die Boek Rut (si bl. 51-52, par. 1-8)
Nr. 2: Spreuke 11:1-14
Nr. 3: tdAF 29B Hoofsaaklik “Jehovah se Getuies”, nie “Christus” s’n nie
Nr. 4: tdAF 30A God se voorsiening van Jesus Christus
19 Jul. Skrifgedeelte: Spreuke 13 en 14
Lied 191
Nr. 1: 1 Samuel: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 53-54, par. 1-6)
Nr. 2: Spreuke 14:1-16
Nr. 3: tdAF 30C Jesus is God se grootste profeet
Nr. 4: tdAF 30F Joodse verwagtinge vervul in Jesus die Messias
26 Jul. Skrifgedeelte: Spreuke 15 en 16
Lied 145
Nr. l: 1 Samuel 1:1 tot 15:35 (si bl. 54-55, par. 7-17)
Nr. 2: Spreuke 15:1-16
Nr. 3: tdAF 41A Oordeel oor alle volke
Nr. 4: tdAF 41B Oordeelsdag van 1 000 jaar
2 Aug. Skrifgedeelte: Spreuke 17 en 18
Lied 4
Nr. l: 1 Samuel 16:1 tot 31:13 (si bl. 56-57, par. 18-26)
Nr. 2: Spreuke 18:1-15
Nr. 3: tdAF 32A Doel en belangrikheid van God se Koninkryk
Nr. 4: tdAF 32D Christus nie met Pinkster volle mag as Koning gegee nie
9 Aug. Skrifgedeelte: Spreuke 19 en 20
Lied 155
Nr. 1: 2 Samuel: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 59, par. 1-5)
Nr. 2: Spreuke 19:8-23
Nr. 3: tdAF 34C Die laaste dae het in 1914 begin (Sigbare gebeure)
Nr. 4: tdAF 34D Chronologie bewys dat laaste dae in 1914 begin het
16 Aug. Skrifgedeelte: Spreuke 21 en 22
Lied 164
Nr. l: 2 Samuel 1:1 tot 12:31 (si bl. 60-61, par. 6-16)
Nr. 2: Spreuke 22:1-16
Nr. 3: tdAF 59A Die doel van die Wetsverbond
Nr. 4: tdAF 59B Tien Gebooie is saam met res van Wetsverbond afgeskaf
23 Aug. Skrifgedeelte: Spreuke 23 en 24
Lied 89
Nr. l: 2 Samuel 13:1 tot 24:25 (si bl. 61-63, par. 17-27)
Nr. 2: Spreuke 24:1-16
Nr. 3: tdAF 59C Meer as Tien Gebooie nodig om lewe te verkry
Nr. 4: tdAF 59D Tien Gebooie regverdig maar nie bindend vir Christene nie
30 Aug. Skriftelike hersiening. Voltooi Spreuke 9 tot 24
Lied 177
6 Sept. Skrifgedeelte: Spreuke 25 en 26
Lied 215
Nr. 1: 1 Konings: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 64-65, par. 1-5)
Nr. 2: Spreuke 25:1-13
Nr. 3: tdAF 36A God beloon getroue diens met die lewe
Nr. 4: tdAF 36C God se belofte sluit hemelse sowel as aardse lewe in
13 Sept. Skrifgedeelte: Spreuke 27 en 28
Lied 170
Nr. l: 1 Konings 1:1 tot 14:20 (si bl. 65-66, par. 6-14)
Nr. 2: Spreuke 28:1-14
Nr. 3: tdAF 35A Verspreiding van Bybellektuur nie vir wins nie
Nr. 4: tdAF 35B Lees van Bybellektuur nie verwarrend nie
20 Sept. Skrifgedeelte: Spreuke 29 tot 31
Lied 82
Nr. 1: 1 Konings 14:21 tot 22:54 (si bl. 67-68, par. 15-22)
Nr. 2: Spreuke 31:10-31
Nr. 3: tdAF 26A Die huwelik ’n heilige instelling van God
Nr. 4: tdAF 35C Kerklektuur voorsien nie in behoefte vir gesinstudie nie
27 Sept. Skrifgedeelte: Prediker 1 en 2
Lied 149
Nr. 1: 2 Konings: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 69, par. 1-4)
Nr. 2: Prediker 1:1-15
Nr. 3: tdAF 26G Kain se vrou was sy suster
Nr. 4: tdAF 35E Onredelik om mense te belet om troostende lektuur te lees
4 Okt. Skrifgedeelte: Prediker 3 tot 4:16
Lied 105
Nr. 1: 2 Konings 1:1 tot 8:29 (si bl. 70-71, par. 5-12)
Nr. 2: Prediker 3:1-9,18-22
Nr. 3: tdAF 38B Maria, ’n maagd, word Jesus se moeder en later ’n dissipelin
Nr. 4: tdAF 35F Elkeen moet self besluit wat hy wil lees
11 Okt. Skrifgedeelte: Prediker 4:17 tot 6:12
Lied 112
Nr. l: 2 Konings 9:1 tot 16:20 (si bl. 71-72, par. 13-24)
Nr. 2: Prediker 4:17–5:7, 17–19
Nr. 3: tdAF 38D Moet deur Christus, nie heiliges nie, tot God bid
Nr. 4: tdAF 35G Baie lektuur word uitgegee; prakties om selektief te wees
18 Okt. Skrifgedeelte: Prediker 7 en 8
Lied 95
Nr. l: 2 Konings 17:1 tot 25:30 (si bl. 72-73, par. 25-32)
Nr. 2: Prediker 7:1-12
Nr. 3: tdAF 40A God se Koninkryksvoorsiening is vir alle mense
Nr. 4: tdAF 35H Mense met Bybelhulpe moet studie hê, geestelik groei
25 Okt. Skriftelike hersiening. Voltooi Spreuke 25 tot Prediker 8
Lied 111
1 Nov. Skrifgedeelte: Prediker 9 en 10
Lied 118
Nr. 1: 1 Kronieke: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 75-76, par. 1-7)
Nr. 2: Prediker 9:1-11
Nr. 3: tdAF 40B Nie-Christene het gelyke geleentheid om gered te word
Nr. 4: tdAF 351 ’n Mens het nie geld nodig om waarheid te bekom nie
8 Nov. Skrifgedeelte: Prediker 11 en 12
Lied 161
Nr. 1: 1 Kronieke 1:1 tot 12:40 (si bl. 76-77, par. 8-13)
Nr. 2: Prediker 12:1-14
Nr. 3: tdAF 40C Joodse Vaders het hul hoop op Koninkryk gevestig
Nr. 4: tdAF 40D Lyding van Jode profeties voorspel
15 Nov. Skrifgedeelte: Hooglied van Salomo 1 tot 4
Lied 66
Nr. 1: 1 Kronieke 13:1 tot 29:30 (si bl. 77-78, par. 14-21)
Nr. 2: Hooglied van Salomo 2:1-14
Nr. 3: tdAF 50B Vervolging kan uit baie bronne kom; hoef geeneen te vrees nie
Nr. 4: tdAF 50E Afvalliges kan God se “skape” nie verhinder om waarheid te hoor nie
22 Nov. Skrifgedeelte: Hooglied van Salomo 5 tot 8
Lied 11
Nr. 1: 2 Kronieke: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 79-80, par. 1-6)
Nr. 2: Hooglied van Salomo 8:1-14
Nr. 3: tdAF 50F God se waarskuwing aan vervolgers
Nr. 4: tdAF 14B Gebede vir hierdie wêreld nie geoorloof nie
29 Nov. Skrifgedeelte: Jesaja 1 tot 3
Lied 212
Nr. l: 2 Kronieke 1:1 tot 9:31 (si bl. 80-81, par. 7-13)
Nr. 2: Jesaja 1:1-13
Nr. 3: tdAF 43B “Eenmaal gered, altyd gered” is onskriftuurlik
Nr. 4: tdAF 44A Rasse is almal gelyk; nie afsonderlike skeppings nie
6 Des. Skrifgedeelte: Jesaja 4 tot 7
Lied 61
Nr. 1: 2 Kronieke 10:1 tot 26:23 (si bl. 81-83, par. 14-24)
Nr. 2: Jesaja 6:1-13
Nr. 3: tdAF 44B Rasseprobleme sal deur God se Koninkryk opgelos word
Nr. 4: tdAF 44C Die swart ras nie die gevolg van ’n vloek nie
13 Des. Skrifgedeelte: Jesaja 8 tot 10
Lied 53
Nr. 1: 2 Kronieke 27:1 tot 36:23 (si bl. 83-84, par. 25-33)
Nr. 2: Jesaja 8:23–9:11
Nr. 3: tdAF 22B Baie gelowe; hoe die ware geïdentifiseer kan word
Nr. 4: tdAF 22D Valse leiers moet ontmasker word om God se “skape” te beskerm
20 Des. Skrifgedeelte: Jesaja 11 tot 13
Lied 195
Nr. 1: Esra: Wie het dit geskryf en wanneer? (si bl. 85-86, par. 1-7)
Nr. 2: Jesaja 11:1-10
Nr. 3: tdAF 22F Selfs diegene wat ’n geloof bely, moet op hul wandel let
Nr. 4: tdAF 22H Slegtheid van valse godsdiens geen bewys dat ware nie bestaan nie
27 Des. Skriftelike hersiening. Voltooi Prediker 9 tot Jesaja 13
Lied 181