Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/86 bl. 1-3
  • Vrede en veiligheid —’n betroubare hoop

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrede en veiligheid —’n betroubare hoop
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • STEL DIE VOORBEELD AS VREDESOEKERS
  • HUIDIGE AANBOD BEVORDER VREDE
  • Ware vrede en veiligheid
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Vrede — Hoe kan jy dit vind?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Laat “die vrede van God” jou hart bewaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Hoe vrede op aarde kan kom
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 11/86 bl. 1-3

Vrede en veiligheid —’n betroubare hoop

1 Die meeste mense smag vandag na vrede en veiligheid. Maar ware vrede en veiligheid het hierdie wêreld nog altyd ontwyk. Miljoene bly in gebiede wat deur oorlog verwoes is. Tallose ander meen dat vrede en veiligheid ’n hopelose ideaal is as gevolg van terroristebedrywighede en guerrillaoorloë. Baie is bang om saans hulle goed verskanste huise te verlaat omdat kriminele elemente dan skynbaar oorneem. Daar is inderdaad min mense wat ’n rustige lewe lei.

2 Daar is verlede April 31 503 boeke versprei. Die meeste hiervan was eksemplare van die boek Ware vrede en veiligheid​—Hoe kan jy dit vind? Ja, diegene wat beter toestande begeer, verwelkom die boodskap van vrede. As Christene gee ons ag op Jesus se bevel: “In watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis! En as daar ’n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer” (Luk. 10:5, 6). As verteenwoordigers van die God van vrede nader ons mense in vrede. Ons het ‘as skoene aan ons voete die evangelie van vrede’.​—Ef. 6:15.

STEL DIE VOORBEELD AS VREDESOEKERS

3 Dit spreek vanself dat Jehovah se knegte vreedsame lewens in hulle gemeenskappe en gemeentes moet lei ten einde ’n boodskap van vrede aan te beveel. Ons moet die voorbeeld as vredesoekers stel. Petrus het aan mede-Christene geskryf dat hulle ‘vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind moet word in vrede’ (2 Pet. 3:14). Hoe stel ons die voorbeeld as Christene wat vrede najaag?

4 Ten eerste moet ons ’n vreedsame verhouding met Jehovah, die God van vrede, bewaar. Ons erken sy gesag as die allerhoogste Soewerein, en ons gehoorsaam sy gebooie (Ps. 34:15). Ons lewens moet getuig van vrede, ’n vrug van sy gees.​—Gal. 5:22.

5 Ons stel ook die voorbeeld as Christene wat vrede najaag wanneer ons eerbied vir menslike gesag toon. Dit sluit regeringsowerhede, onderwysers, werkgewers, ouers en ouere manne in (Rom. 13:1, 2; Kol. 3:22; Ef. 6:1; Hebr. 13:17). Ons versier ons boodskap deur stil en vreedsame lewens te lei. Ons toon dat ons wil “najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien” (Rom. 14:19). Vrede en veiligheid in ’n nuwe stelsel is vir ons ’n gewisse hoop.

HUIDIGE AANBOD BEVORDER VREDE

6 Gedurende November sal ons ons hoop met ander deel deur die boek Ware vrede en veiligheid​—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van R1,80 aan te bied. Aangesien miljoene mense in hierdie wêreld vol beroering vandag vrede en veiligheid verlang, is hierdie aanbod baie tydig.

7 Die eerste twee hoofstukke van hierdie boek bevat uitstekende geselspunte. Jy wil dalk die eerste twee paragrawe op bladsy 5 vir die huisbewoner lees. Of jy kan na paragraaf 11 op bladsy 8 verwys, waar God se gewisse beloftes vergelyk word met die van menseleiers. Kyk ook paragrawe 28 en 29 op bladsy 20-21. Sorg dat jy na almal teruggaan wat belangstelling toon of die aanbod neem en probeer om ’n Bybelstudie te begin.

8 Laat ons voortgaan om vir almal wat vrede en veiligheid soek te vertel van die waarlik betroubare hoop wat Jehovah, die God van vrede, waarborg. Laat ons hulle leer hoe dit deur sy Koninkryk in die hande van Jesus, die Vredevors, verwesenlik gaan word (Jes. 9:5, 6). Mag die vreedsame lewe wat ons lei altyd as voorbeeld dien en ons aanbeveel as Christene wat “vrede soek en dit najaag”.​—1 Pet. 3:10, 11.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel