Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Februarie: Enige van die volgende boeke teen ’n bydrae van Rl,80: Is die Bybel werklik die Woord van God?, Die waarheid wat lei tot die ewige lewe, Is hierdie lewe al wat daar is?, Goeie nuus om jou gelukkig te maak, of enige boeke of boekies waarvan daar te veel in voorraad is. (Engels: Enige van die volgende boeke teen ’n bydrae van R1,80: “Let Your Kingdom Come”, Your Youth—Getting the Best out of It, of enige boeke of boekies waarvan daar te veel in voorraad is.) Maart: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R4,50. Bydrae vir klein uitgawe is R2,25. April en Mei: Intekening op Die Wagtoring teen R6,50 vir ’n jaar. As intekening nie aanvaar word nie, bied twee tydskrifte en ’n brosjure teen R1,10 aan.
• Die Gedenkmaalviering sal op Sondag, 12 April 1987, gehou word. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet daar asseblief in gedagte gehou word dat die Gedenkmaalbrood en -wyn nie voor sononder omgestuur moet word nie. Raadpleeg plaaslike bronne om vas te stel hoe laat die son in julle gebied ondergaan. Aangesien geen ander vergaderinge op daardie dag gehou sal word nie, moet gepaste veranderinge volgens plaaslike omstandighede gemaak word. Elke gemeente moet, waar moontlik, sy eie Gedenkmaal reël in plaas van saam met ’n ander gemeente bymekaar te kom. Indien meer as twee gemeentes dieselfde Koninkryksaal gebruik, sal dit miskien nodig wees om reëlings vir alternatiewe vergaderplekke te tref om te voorkom dat party gemeentes hulle Gedenkmaal baie laat in die aand hou. Kringopsieners sal daardie week ook hulle rooster wysig sodat slegs die Gedenkmaal op 12 April gehou sal word.
• Gewone pioniers wat op Roodekrans gewerk het en aan wie ’n Identifikasie-en-toewysingkaart (S-202) uitgereik is maar wat dit terugbesorg het, moet nou deur die presiderende opsiener by die Genootskap om ’n nuwe Identifikasie-en-Toewysing-kaart aansoek doen.
• Alle intekeninge, met inbegrip van verkondigers se persoonlike intekeninge, moet DEUR DIE PLAASLIKE GEMEENTE ingelewer word, en nie direk aan die Genootskap gestuur word nie. Dit geld ook vir intekeninge wat hernieu word.
• Let asseblief daarop dat die selfdienboekekamer by die Bethel op Elandsfontein vanaf 1 Februarie 1987 permanent gesluit sal wees. Broers kan steeds lektuur en tydskrifte vir kontant by die boekekamer in die nuwe Bethel kry.
• Diegene wat uit die pionierdiens moes tree weens gesondheidsprobleme, finansiële of ander redes, kan eers na ses maande weer om gewone pionierdiens aansoek doen. Hierdie reëling geld nie vir diegene wat gedurende die afgelope jaar bestraf of herstel is nie.
• Die prys van die Afrikaanse Bybel (Nuwe vertaling) is R6,50 vir verkondigers en R5,70 vir pioniers, en nie R7,50 en R6,50 soos voorheen aangekondig nie. Verander asseblief julle pryslys dienooreenkomstig.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe (Klein uitgawe)—Zulu
Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”—Afrikaans, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Nederlands, Portugees, Sepedi, Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa, Zulu
Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd —Afrikaans, Chichewa, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Nederlands, Portugees, Sepedi, Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu
“Kyk, Ek maak alles nuut” (Brosjure)—Afrikaans, Chichewa, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Kalanga, Nederlands, Portugees, Sepedi, Sotho, Sjona, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu
• Weer beskikbaar in Suid-Afrika:
Jy kan vir ewig op die aarde lewe!—Afrikaans, Zulu
The Divine Name That Will Endure Forever—Engels, Sotho
• Uit voorraad in Suid-Afrika:
Jy kan vir ewig op die aarde lewe!—Sotho