Teokratiese Nuus
♦ Ondanks die reën en modderige toestande op 29 November 1986 het ’n gelukkige skare van 343 die toewyding van die Katlehong-Oos-gemeente se Koninkryksaal naby Germiston bygewoon. Hierdie pragtige siersteengebou is binne tien weke voltooi.
♦ Curaçao het berig dat hulle in September ’n hoogtepuntvan 1 333 verkondigers gehad het. Bybelstudies is 22 persent hoër as die ooreenstemmende maand verlede jaar—’n totaal van 2 171.
♦ Die Dominikaanse Republiek het die nuwe diensjaar begin met hoogtepunte van 9 743 verkondigers en 17 881 studies. Hulle het ook ’n hoogtepunt van 627 gewone pioniers gehad.
♦ Ecuador het ’n hoogtepunt van 11 194 verkondigers bereik—’n vermeerdering van 12 persent vergeleke met verlede jaar se gemiddelde, en ’n hoogtepunt van 638 gewone pioniers, wat ’n vermeerdering van 23 persent is.
♦ Fidji het in September hulle 21ste opeenvolgende hoogtepunt in verkondigers gehad toe 1 161 gerapporteer het en hulle 6de opeenvolgende hoogtepunt in gewone pioniers toe 120 gerapporteer het.
♦ Hongkong het ’n hoogtepunt van 1 446 verkondigers vir September gerapporteer. Hulle het ’n hoogtepunt van 191 gewone pioniers gehad.
♦ Ierland rapporteer ’n hoogtepunt van 2 532 verkondigers vir September. Gemeentelike verkondigers het gemiddeld 12 uur per maand velddiens gedoen.
♦ Luxemburg het die nuwe diensjaar met ’n hoogtepunt van 1 295 verkondigers—’n vermeedering van 4 persent—begin.
♦ Mexiko het die tweehonderdduisendtal oorskry met 200 300 verkondigers wat in September gerapporteer het, en 332 821 Bybelstudies is gedurende die maand gehou.
♦ Nieu-Caledonië berig dat 2 051 hulle streekbyeenkoms bygewoon het en dat 51 gedoop is. Hulle het ’n hoogtepunt van 1 053 studies in September gehou, met 858 verkondigers in die diens.
♦ Portugal se hoogtepunt van 30 638 verkondigers vir September is ’n vermeerdering van 7 persent in vergelyking met verlede jaar se gemiddelde. Die 21 024 Bybelstudies verteenwoordig ook ’n vermeerdering van 7 persent.