Vraebus
• Wie moet ’n eksemplaar van Ons Koninkryksbediening ontvang?
Ons Koninkryksbediening word voorberei om diegene wat aan die veldbediening deelneem te help en te bemoedig. Dit is dus nie vir algemene verspreiding bedoel nie. Alle gedoopte verkondigers en goedgekeurde metgeselle moet ’n eksemplaar ontvang. Diegene wat die Diensvergadering gereeld bywoon en vordering maak sodat hulle binnekort aan die veldbediening sal begin deelneem, moet ook ’n eksemplaar kry. Sorg dat julle ’n eksemplaar vir die Koninkryksaalbiblioteek hou. Uitgesette persone moenie ’n eksemplaar van Ons Koninkryksbediening ontvang nie.
Party gemeentes het dit nuttig gevind om ’n lys op te stel van almal wat aan die vereistes voldoen en dit dan volgens die Gemeentelike Boekstudiegroepe te verdeel. Die Boekstudiehouer kan hierdie lys gebruik om die uitdeel te vergemaklik, en kan miskien selfs die naam van elke persoon op sy eksemplaar tik of netjies skryf. Elkeen wat Ons Koninkryksbediening ontvang, moet dit oppas en dit gebruik om vir die Diensvergadering en vir velddiens voor te berei. Baie het dit nuttig gevind om hulle eksemplare van Ons Koninkryksbediening in ’n persoonlike lêer te hou vir toekomstige gebruik.