Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/87 bl. 1-7
  • Voorbereiding vir ’n spesiale geleentheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Voorbereiding vir ’n spesiale geleentheid
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ALMAL MOET VOORBEREI
  • WAT OUERE MANNE MOET REËL
  • Gedenkmaalviering vir 1989
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • “Doen dit tot my gedagtenis”
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Ter voorbereiding vir die Gedenkmaal
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Wees ywerig vir wat goed is!
    Ons Koninkryksbediening—2003
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 3/87 bl. 1-7

Voorbereiding vir ’n spesiale geleentheid

1 “Doen dit tot my gedagtenis” (Luk. 22:19). Daardie woorde dra spesiale betekenis vir Jehovah se Getuies. Jesus het dit tot sy dissipels gerig toe hy die Here se Aandmaal ingestel het. Hierdie geleentheid word tereg elke jaar op 14 Nisan gevier. In 1987 vind die herdenking van Christus se dood op Sondag, 12 April, plaas. Beplan jy om teenwoordig te wees?

ALMAL MOET VOORBEREI

2 Beplanning is nodig as ons ten volle baat wil vind by hierdie uiters heilige dag. Hoe moet ons beplan? Ten eerste moet ons ons geestelik voorberei. ’n Uitstekende hulp in hierdie verband is die spesiale Skrifgedeeltes vir 7-12 April, soos aangedui op die 1987-kalender van Jehovah se Getuies. Almal word aangeraai om die leesrooster noukeurig te volg en tyd af te staan om oor hierdie Bybelgedeeltes te mediteer. Dit sal ons help om ons verstande en harte vir hierdie spesiale geleentheid voor te berei.

3 Beplan om by die Koninkryksaal te wees lank voordat die vergadering begin. Dit sal jou in staat stel om nuwelinge te verwelkom. Verlede jaar was daar in Suid-Afrika oor die 63 500 meer mense by die Gedenkmaal as wat gemiddeld elke maand van die 1986-diensjaar velddiens gedoen het. Baie meer sal moontlik vanjaar die Gedenkmaal bywoon, omdat dit op ’n Sondag val. As ons vroeg by die vergadering aankom om nuwelinge te groet, kan dit hulle en ander wat vergaderinge nie gereeld bywoon nie dalk net aanspoor om verder vooruitgang te maak.

4 ’n Spesiale dag vir velddiens moet vir daardie Sondag beplan word. Beplan gerus NOU om aan die veldbediening deel te neem. Talle sal in April aan die hulppionierdiens deelneem, en dit behoort ’n groter getuienis op hierdie spesiale dag te verseker. Besoek voormalige Bybelstudente, intekenaars en ander wat sal kom as jy hulle daaraan herinner. Doen jou bes om te help as party Bybelstudente of ander belangstellendes vervoer nodig het, of iemand om hulle te vergesel. Beplan om vroeg daar aan te kom.

WAT OUERE MANNE MOET REËL

5 Die liggaam van ouere manne moet aandag skenk aan die talle besonderhede van voorbereiding. Wat behels dit? Raadpleeg die lys in die venster op hierdie bladsy.

6 Geen ander gemeentelike vergadering moet op die dag van die Gedenkmaal gehou word nie. Die ouere manne moet die gewone openbare toespraak kanselleer en reël om die materiaal in Die Wagtoring vir daardie Sondag of by die Gemeentelike Boekstudie of op die Saterdag voor die Gedenkmaal te bestudeer. Die informasie vir die gewone Gemeentelike Boekstudie vir daardie week kan gedeeltelik die week voor en gedeeltelik die week na die Gedenkmaal bestudeer word. Die ouere manne moet plaaslik uitvind hoe laat sononder op 12 April sal wees.

7 Die Gedenkmaal is vir ons almal ’n spesiale geleentheid. Dit is ’n tyd om met ander te praat oor die liefde wat Jehovah aan ons betoon het deur sy Seun te stuur om as losprys te sterf en ons die geleentheid te gee om in ’n regverdige posisie voor Jehovah te kom (Joh. 3:16). Ons moenie toelaat dat enige bedrywigheid, hetsy voor of na die Gedenkmaalviering, afbreuk doen aan hierdie heilige geleentheid nie.

[Box on page 7]

VOORBEREIDSELS OM TE TREF

(Kyk wAF85 15/2 bl. 19)

1. Is die spreker in kennis gestel van presies hoe laat en waar die viering sal plaasvind? Het hy vervoer?

2. Wie gaan die embleme voorsien?

3. Is reëlings getref sodat iemand ’n skoon tafeldoek en genoeg glase en borde sal bring?

4. Watter reëlings is getref om die saal skoon te maak?

5. Wie sal voor die Gedenkmaal met die saalwagters en bedieners hulle pligte hersien? Wanneer? Watter prosedure sal gevolg word om te verseker dat die gehoor, spreker en bedieners doeltreffend bedien word?

6. Watter aankondiging sal gemaak word oor die tyd en plek van die vergadering(e) vir velddiens op die dag van die Gedenkmaal?

7. Is doeltreffende reëlings getref om bejaarde en siek broers en susters te help? Is reëlings getref om enige van die gesalfdes wat bedlêend is of nie aanwesig kan wees nie te bedien?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel