Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, Bybelonderwerpe vir bespreking [tdAF], “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], en weeklikse Skrifgedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 1 Maart tot 19 April 1987.
[Let wel: Verwysings na die boek si en na tdAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Dit is onvermydelik dat die aarde vernietig gaan word, hetsy deur besoedeling of deur ’n kernoorlog. [tdAF 1D]
2. Romeine 13:1, 7 toon dat ’n Christen verplig is om die wette van wêreldlike owerhede te gehoorsaam, alle belasting te betaal, registrasievereistes na te kom, ens. [tdAF 20A]
3. Moses kon Numeri eers teen die einde van die 40ste jaar in die woestyn, vroeg in die kalenderjaar 1473 v.G.J., voltooi het. [si bl. 30 par. 4]
4. Toe die volk Moses en Aäron begin veroordeel het vir wat Jehovah aan Korag, Datan, Abiram en hulle huisgesinne gedoen het, het Jehovah ’n plaag oor hulle gebring en 14 700 murmureerders vernietig. [si bl. 33 par. 23]
5. Hoewel dit gelyk het of die sigbare teokratiese organisasie gedurende die 70 jaar van verwoesting nie meer bestaan het nie, was daar, volgens Psalm 102: 13-18, ’n getroue oorblyfsel wat verlang het dat so ’n teokratiese organisasie herstel moet word. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF79 15/5 bl. 9 par. 5 (w79 1/3 bl. 13 par. 5)]
6. Psalm 105:17-19 toon dat Jehovah toegelaat het dat Josef swaar tye deurmaak sodat hy gelouter kon word om moeiliker take te volbring. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF86 1/11 bl. 19 par. 15.]
7. Psalm 116:3, 4 toon dat die “oorblyfsel” en “groot menigte” tydens Armageddon baie na aan die dood sal kom. [Weeklikse Skrif gedeelte; kyk ka bl. 401 par. 7.]
8. Die boek Levitikus dek die hele tydperk, sowat 40 jaar, wat die Israeliete in die woestyn deurgebring het. [si bl. 25 par. 3]
Beantwoord die volgende vrae:
9. Die opvoeding van kinders in Israel het gehelp om watter probleem wat vandag algemeen in die samelewing voorkom die hoof te bied? (Deut. 6:5-7) [tdAF 39A]
10. Noem twee hoofredes vir uitsetting. [tdAF 53B]
11. Wat is volgens Deuteronomium 32:4, 5 die ware toedrag van sake, pleks dat die mens ’n produk van evolusie is en nog steeds ontwikkel? [tdAF 13A]
12. Watter voorbeeld het Jesus met betrekking tot wêreldaangeleenthede gestel, soos opgeteken in Johannes 17:16? [tdAF 20C]
13. Wat het Moses se eerste ontmoeting met Farao tot gevolg gehad pleks van die Israeliete te bevry? [si bl. 21 par. 13]
14. Waar in die Wet aan die Israeliete vind ons die Bybel se uitdruklikste verklaring oor bloed? [si bl. 28 par. 23]
15. Verduidelik Psalm 105:39: “Hy het ’n wolk uitgebrei as bedekking en vuur om die nag te verlig.” [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 1313 par. 13.]
16. Verduidelik waarom Psalm 110:4 sê dat dit Jehovah ‘nie sal berou’ wat sy Seun betref nie. [Weeklikse Skrif gedeelte; kyk gAF77 22/6 bl. 22 (g77 22/3 bl. 27)]
17. Wat moet ’n mens volgens Psalm 119:144 verstaan om die ewige lewe in God se regverdige nuwe stelsel te verkry? [Weeklikse Skrif gedeelte; kyk wAF84 15/6 bl. 21 par. 8.]
Vul die ruimtes in die volgende stellings in:
18. Christene moet volgens Efesiers 4:25-28 teenoor almal․․․․․․․ wees. [tdAF 16A]
19. Handelinge 2:38 en 3:19 toon dat ’n persoon eers sy eie․․․․․․․ moet erken voordat hy hom aan Jehovah toewy. [tdAF 51A]
20. Ware berou is nie net vrees of spyt nie, maar․․․․․․․ (Ps. 97:10). [tdAF 53C]
21. Jesus se dood het vir die mens die weg geopen om die ․․․․․․․ te herwin (Luk. 23:43). [tdAF 1B]
22. Verantwoordelikheid teenoor․․․․․․․ moet eerste in die lewe van ’n Christen kom (Hand. 5:29). [tdAF 20B]
23. Die profesie in Psalm 109:8, “Laat sy dae min wees”, is ten opsigte van․․․․․․․ vervul. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 598 par. 7.]
24. Psalm 119:72 toon dat․․․․․․․ dinge van groter waarde as․․․․․․․ dinge is. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk gAF74 8/11 bl. 6 (g74 8/8 bl. 6)]
25. As ons vandag die gesindheid het wat in Psalm 122:1, 2 verwoord word, sal ons ons daarin verheug om․․․․․․․ [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF80 1/3 bl. 30, 31 (w79 15/12 bl. 28, 29)]
Onderstreep die korrekte antwoorde in die volgende stellings:
26. Na die Uittog het (Amram; Aäron; Jetro) beter organisasie in Israel voorgestel, naamlik dat bekwame manne as owerstes oor duisend, honderd, vyftig en tien aangestel word. [si bl. 23 par. 20]
27. Die boek Levitikus is in (1513; 1512; 1473) v.G.J. geskryf. [si bl. 25 par.4]
28. Aäron se seuns (Eleaser en Itamar; Nadab en Abihu) het onwettige vuuroffers voor die aangesig van Jehovah gebring, en dit het moontlik veroorsaak dat God beveel het dat priesters nie sterk drank mag drink terwyl hulle by die tabernakel dien nie. [si bl. 27 par. 19]
29. Van die ouderdom van (20; 25; 30) af moes Leviete die swaar werk doen om die tabernakel te vervoer. [si bl. 32 par. 13]
30. In hedendaagse tye het Jehovah in (1878; 1919; 1935) begin om “die gevangenes van Sion te laat terugkeer” (Ps. 126:1, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk kjAF bl. 293 par. 18 (kj bl. 300 par. 18)]
Paar die volgende tekste met die stellings hieronder af:
1 Sam. 16:7; Job 14:1, 2, 21; 1 Kor. 5:11-13; 2 Kor. 7:1;
31. Jehovah kyk na die hart, nie na ’n persoon se uiterlike nie. [tdAF 16B]
32. Dit is nutteloos om die dode te vereer, want hulle is onbewus daarvan. [tdAF 8D]
33. Die Duiwel is verantwoordelik vir die groter weë op aarde. [tdAF 11C]
34. Uitsetting hou die gemeente rein sodat dit God tot eer kan strek. [tdAF 53A]
35. Christene moet hulle van alle besoedeling reinig. [tdAF 12A]