Hoe om vreugde in ons bediening te behou
1 Watter ongeëwenaarde vreugde kan die aanbidding van Jehovah God tog verskaf! Dit is net soos hy lank gelede deur die profeet Jesaja gesê het: “Kyk, my knegte sal bly wees. . . Kyk, my knegte sal jubel”(Jes. 65:13, 14). Waarom is Jehovah se volk vandag bly en jubel hulle? Weens hulle geestelike voorspoed terwyl hulle in ’n geestelike paradys wandel. Hierdie vreugde beweeg hulle om ’n deelname te hê aan die allerbelangrikste werk om ander te help om Jehovah te ken en in sy goedheid te deel.
2 Dit verskaf ons groot vreugde om te lees van hedendaagse vermeerderings soos dit uiteengesit word in die Yearbook. Dit was ook die geval met Jesus se dissipels in die eerste eeu. Nuus van Jehovah se seën op die predikingswerk was ’n bron van bemoediging (Hand. 15:3, 4). Namate die insameling vandag versnel, word ons aangespoor om besig te bly in die bediening. Waarom is Mei ’n baie gunstige tyd om dit te doen? Die weer is gewoonlik matig en Mei het vanjaar vyf naweke. Baie sal dit dus ’n ideale tyd vind om hulppionierdiens te doen.
WEES OORTUIG
3 Hartgrondige oortuiging beweeg ons om met ander oor ons hoop te praat (Luk. 6:45). Dit help ons selfs in gebied wat moontlik onproduktief lyk. Ons moet volhard, ten volle op Jehovah vertrou net soos Dawid, wat gesê het: “Here, open my lippe.”—Ps. 51:17; 63:6.
4 Sulke oortuiging is die resultaat van sterk geloof, ware hoop en Christelike liefde (1 Kor. 13:13). Hierdie eienskappe word aangekweek deur ywerige persoonlike studie, die toepassing van wat ons leer en volharding in gebed (Rom 12:12). Met Jehovah se liefdevolle hulp kan ons ’n positiewe beskouing teenoor ons diens ontwikkel en handhaaf. Op hierdie manier behou ons ons vreugde in die bediening.
5 Mei is die tweede maand van die Wagtoring-intekeningaanbod. Elke nommer van Die Wagtoring bevat lewensreddende inligting. Ons vind baat by die geestelike voedsel wat dit bevat en ander sal ook daarby baat vind as hulle hierdie tydskrif gereeld ontvang en lees. Deur middel van ’n intekening sal elke nommer in hulle huis beskikbaar wees. Met ons naaste se welsyn in gedagte, wil ons elke geleentheid om die intekening aan te bied benut. As die huisbewoner besig is, kan ons die intekening kortliks aanbied. As dit van die hand gewys word, kan die nuutste tydskrifte aangebied word.
6 Ons weet dat as ons Jehovah se werk doen dit nie net aan ons nie, maar ook aan diegene wat luister en handel volgens wat hulle hoor ewige vreugde verskaf (Filip. 4:4). Mag ons voortgaan om bly te wees in Jehovah, en mag Jehovah ons pogings in die bediening seën namate die goeie nuus van die Koninkryk die harte van baie ander regskapenes bereik.—Ps. 32:11.