Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/87 bl. 4
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Slotbespreking met doopkandidate
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Maak die keuse om Jehovah te dien
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 5/87 bl. 4

Vraebus

• Is dit gepas vir ouere manne om die vrae met meer as een doopkandidaat op ’n keer te hersien, en hoe lank moet elke sessie duur?

Dit hou spesifieke voordele in om die vrae in Ons bediening met individuele doopkandidate te hersien. As elke kandidaat elke vraag beantwoord, kan die ouere manne ’n duideliker beeld kry van sy begrip, en dan sal daar geen twyfel bestaan of hy vir doop gereed is of nie. Die een wat gedoop wil word, kan ook meer geneig wees om sy gedagtes uit te druk as hy alleen met ’n ouere man vergader.

Daar kan egter omstandighede wees wat dit gepas maak om met meer as een kandidaat op ’n keer te vergader. Dit is dalk prakties om met ’n man en ’n vrou of ander gesinslede as ’n groep te vergader, veral as hulle saam gestudeer het en beplan om saam gedoop te word. Of as daar net ’n paar ouere manne is en ’n buitengewoon groot aantal wat hulle vir doop voorberei, kan dit nodig wees om met die kandidate te vergader in groepe van nie meer as twee of drie nie. Goeie oordeel moet hierin aan die dag gelê word.

In die algemeen moet elke sessie omtrent een uur duur, maar daar is geen beswaar daarteen om meer tyd te gebruik indien dit nodig is nie. (Dit kan die geval wees wanneer ’n groep van twee of drie daarby betrokke is of wanneer meer tyd nodig is sodat die ouere manne kan seker maak dat die kandidaat gereed is om gedoop te word.) Nog die ouere man nog die kandidaat moet in ’n haas wees om die vrae te hersien.

Die pas toegewyde moet goed voorbereid wees, die vrae alreeds op sy eie nagegaan het en soveel moontlik van die teksverwysings nageslaan en gelees het. Dit is nie nodig vir iemand om die vrae met hom te hersien voordat hy met die ouere manne vergader nie. AL die genommerde vrae moet bespreek word. Die ouere manne sal ook die opsionele vrae wat op die kandidaat van toepassing is met hom hersien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel