Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/87 bl. 7
  • Aanbid Jehovah eensgesind

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aanbid Jehovah eensgesind
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Verenigde aanbidders van die enigste ware God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Eenheid van aanbidding in ons tyd—Wat beteken dit?
    Aanbid die enigste ware God
  • ’n Studie van die Aanbid God-boek
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Gebruik die Aanbid God-boek om Bybelstudies te hou
    Ons Koninkryksbediening—2003
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 7/87 bl. 7

Aanbid Jehovah eensgesind

1 Die psalmis het ons gevoelens omtrent die wêreldwye broederskap wat Jehovah eensgesind aanbid goed weergegee toe hy geskryf het: “Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!” (Ps. 133:1). Deur meer juiste kennis van die waarheid op te doen en beweeg te word om dit daagliks in ons lewe toe te pas, kan ons almal ‘dieselfde gesindheid en dieselfde mening’ huldig (1 Kor. 1:10). Die eenheid onder ons is in die laaste jare versterk deur die gebruik van die boek Verenig in die aanbidding van die enigste ware God, wat by die “Koninkrykseenheid”-Streekbyeenkoms in 1983 bekend gestel is. Ons behoort selfs groter waardering vir hierdie uitsonderlike publikasie op te bou wanneer ons dit vanaf September weer by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer.

2 Almal sal daarby baat vind, hetsy ons in die gemeente was toe die boek voorheen bestudeer is of een van die duisende nuwelinge is wat in die waarheid gekom het sedert die Verenig in aanbidding-boek in die Gemeentelike Boekstudie bestudeer is. Nuwelinge sal baat vind by die verskillende kommentare en toepassings deur ryp medegelowiges. Plaaslike toepassing van die materiaal en gedagtes wat deur ervare studiehouers beklemtoon word, sal ongetwyfeld aspekte van ons persoonlike lewe en bediening wat meer aandag nodig het, aanroer. Aangesien nie een van ons in presies dieselfde omstandighede verkeer as toe ons die boek voorheen bestudeer het nie, sal ’n hersiening van die inligting en die toepassing van die raad in die Verenig in aanbidding-boek, wat verband hou met die probleme en druk wat ons vandag ondervind, ons versterk terwyl ons steeds ‘kragtig vir die geloof stry’.​—Jud. 3.

3 Die Verenig in aanbidding-boek bevat nie net gesonde raad wat bemoedigend en besielend is nie, maar stimuleer ook ons aptyt vir geestelike kennis. Ons redeneervermoë word versterk deur die manier waarop die inligting aangebied word. Die vrae onderaan die bladsy, asook die vrae en tekste in sekere paragrawe, vereis diep bepeinsing en persoonlike toepassing aan ons kant as ons die volle betekenis van die materiaal wil inneem. ’n Studie van hierdie boek help ons om ons denkvermoë te ontwikkel en ons begrip van geestelike sake te verbeter. Ons word gehelp om die verskillende aspekte van die waarheid te verstaan en om nie net die verband tussen gedagtes te bepaal nie, maar ook hoe dit op ons persoonlik van toepassing is (Spr. 1:1-5). Dit help ons om ‘seker te maak van die belangriker dinge’.​—Filip. 1:10, NW.

4 Noukeurige voorbereiding is ’n sleutelfaktor om ten volle daarby baat te vind. As jy die materiaal in die verlede bestudeer het en reeds die antwoorde in jou boek onderstreep het, moet jy nie dink dat jy nie elke week noukeurig hoef voor te berei nie. Ons almal se gedagtes oor hierdie geestelike sake moet van tyd tot tyd opgefris word. Die apostel Petrus is geïnspireer om die broers aan basiese waarhede wat hulle reeds geleer het te herinner (2 Pet. 1:12, 13; 3:1). Paulus herinner ons daaraan dat dit ter bevordering van ons geestelike veiligheid is (Filip. 3:1). Deur die Verenig in aanbidding-boek weer te bestudeer, sal ons versterk word om in hierdie kritieke laaste dae eensgesind in ons aanbidding van die enigste ware God Jehovah te bly.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel