Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/90 bl. 1-2
  • Ons almal moet studeer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons almal moet studeer
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • PERSOONLIKE BIBLIOTEEK
  • Gebruik die Index om geestelik te groei
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Vervul ons Koninkryksbediening met behulp van die Index
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Gebruik jy wat jy het?
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Hoe om navorsing te doen
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 7/90 bl. 1-2

Ons almal moet studeer

1 Jesus het in die teenwoordigheid van sy dissipels tot Jehovah gebid: “Dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het” (Joh. 17:3). Ja, alle dissipels van Christus, asook nuwe belangstellendes, moet sulke kennis inneem. Ons kan dit doen deur persoonlike en gesinstudie, en deur gemeentelike vergaderinge by te woon. Bly jy by ’n praktiese rooster vir gereelde persoonlike studie?

2 Nuwe belangstellendes vind grootliks baat by ’n persoonlike tuisbybelstudie. Om geestelik te groei moet hulle egter voortgaan om kennis in te neem en daarna toe te pas wat hulle leer (Hebr. 5:13, 14). Doen jy dit?

3 Jong knegte van Jehovah is in ’n goeie posisie om kennis in te neem. Hulle verstand absorbeer groot hoeveelhede informasie, en hulle wil dikwels die redes vir dinge weet. Jehovah het ons met hierdie begeerte geskep. Gebruik jou tyd wyslik om geestelike kennis in te neem. Maak soos die apostel Paulus gesê het en ‘koop die tyd uit’ vir sulke verrykende en geloofversterkende persoonlike studie.—Kol. 4:5.

PERSOONLIKE BIBLIOTEEK

4 Het jy ’n persoonlike of gesinsbiblioteek? Bevat dit bundels van Awake! en The Watchtower of nommers van hierdie tydskrifte wat jy in lêers bymekaargemaak het, die Insight-bundels en die publikasies wat ons by die Gemeentelike Boekstudie en by vergaderinge in die Koninkryksaal gebruik? Het jy die Watch Tower Publications Index 1930-1985 en die beskikbare ouer publikasies van die Genootskap?

5 Jy sal waardevolle informasie in die ouer publikasies vind. Het jy die boekie Jehovah’s Witnesses and the Question of Blood gelees of bestudeer? Die 1975 Yearbook of Jehovah’s Witnesses gee die geskiedenis van Jehovah se volk van broer Russell se tyd tot en met ons tyd en beantwoord baie van die vrae wat al oor Jehovah se Getuies gevra is.

6 Ons moet persoonlike en gesinstudie doen as ons geestelik sterk en goed toegerus vir velddiens wil wees. Hoe vaar jy hiermee? Berei jy vir gemeentelike vergaderinge voor? Berei jy vir die veldbediening voor sodat jy so bekwaam moontlik kan wees? Het jy jou eksemplaar van Redenering uit die Skrif deurgelees? Gebruik jy dit in die veldbediening?

7 Gebruik die Watch Tower Publications Index 1930-1985 om antwoorde te kry op jou eie vrae en op dié wat persone in die veldbediening stel. Ouere manne sal vind dat die Index ’n baie waardevolle instrument is wanneer hulle informasie opsoek wat bemoedigend en gepas is vir diegene wat hulle om geestelike hulp nader.

8 Het julle gemeente ’n aantreklike biblioteek waar verkondigers navorsing kan doen of kan studeer as hulle wil? Indien nie, spoor ons die ouere manne aan om so gou moontlik een in die tweede skool of in ’n ander gepaste plek in die saal te begin. ’n Biblioteek sal ’n verdere aansporing wees vir almal wat graag in die publikasies van die Genootskap wil delf.

9 Die raad in 2 Timotheüs 2:15 is: “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.” As ons dit wil doen, moet ons almal studeer en toepas wat ons leer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel