Teokratiese Nuus
♦ Gedurende die 1987-kalenderjaar was daar ’n toename in die oprigting van Koninkryksale in Suid-Afrika. Trouens, 30 Koninkryksale is toegewy. Tot dusver is dit die meeste vir enige Jaar in Suid-Afrika, en ons is Jehovah baie dankbaar vir sy seën op hierdie aktiwiteit. Ons wil ook graag ons opregte dank betuig aan ons liewe broers, manne, vroue en kinders van alle rasse wat nie net hulle tyd en energie gegee het nie, maar ook hulle middele om Koninkryksale te bou. Ons hoop om hierdie aktiwiteit gedurende 1988 tot kleiner gemeentes in plattelandse gebiede uit te brei.
♦ Swaziland het in Oktober ’n hoogtepunt van 1 005 verkondigers gehad. Agt-en-vyftig is gedurende die afgelope diensjaar gedoop.
♦ Die jaarvergadering van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië is Saterdag, 3 Oktober 1987, in die Byeenkomssaal in die stad Jersey gehou, met ’n opkoms van 4 390. Rapporte is gehoor oor die werk in Alaska, Kanada, Korea, Mexiko, Porto Rico, Switserland en die Verenigde State. Die positiewe inligting wat oor Koninkryksvermeerdering gegee is, het almal met geesdrif gevul.