Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], Redenering uit die Skrif [rsAF], Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe [peAF], en weeklikse Skrif gedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 3 Januarie tot 21 Februarie 1988.
[Let wel: Verwysings na die boeke si, rsAF en peAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord. Beantwoord soveel vrae moontlik hieronder in die toegewese tyd.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. In Nehemia se tyd het die hoëpriester Eljasib vir Tobia, een van God se vyande, ’n eetsaal in die voorhof van die tempel ingerig. [si bl. 90 par. 14]
2. Een van die name wat die Bybel vir Satan die Duiwel gee, is Lucifer (Jes. 14:12). [Weeklikse Skrifgedeelte; wAF73 1/7 bl. 298 par. 6]
3. Die profesie in Jesaja 25:6-8 het sy groter vervulling in ’n geestelike paradys. [Weeklikse Skrifgedeelte; wAF84 15/2 bl. 30]
4. Jehovah sal sy ‘vreemde werk, sy ongehoorde daad’ verrig deur die valse Christendom by die aanvang van die “groot verdrukking” te vernietig (Jes. 28:21; Matt. 24:21). [Weeklikse Skrifgedeelte; wAF84 1/7 bl. 15 par. 10; wAF79 15/10 bl. 21 par. 22]
5. Die Verenigde Volke is die antitipiese, hedendaagse Edom (Jes. 34:5). [Weeklikse Skrifgedeelte; wsAF bl. 125 par. 9]
6. Hoewel Jesus Christus ’n verlosser is, is dit duidelik uit die verband van Jesaja 43:11 dat hierdie teks van Jehovah praat. [Weeklikse Skrifgedeelte; rsAF bl. 103]
7. ’n Liefdevolle God sal mense tog sekerlik nie skep met ’n begeerte om vir ewig te lewe sonder om dit vir hulle moontlik te maak om daardie begeerte te vervul nie! [peAF bl. 10 par. 10]
8. Afvalliges word as antichriste geïdentifiseer. [rsAF bl. 38]
9. Die einde van die wêreld sal die einde van ons aarde beteken. [peAF bl. 14 par. 15]
10. Die een wat Satan geword het, is nie so geskape nie, maar het later daardie soort persoon geword, net soos ’n dief nie as ’n dief gebore word nie, maar dit weens ’n verkeerde begeerte word. [peAF bl. 18par. 10]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Verduidelik die oorsprong van die fees van “die Pur, dit is die lot” wat tot vandag toe steeds deur die Jode gevier word (Est. 9:24). [si bl. 94 par. 15]
12. Watter belangrike vraag beantwoord die boek Job? [si bl. 95 par. 1]
13. Wie tree vandag soos Sebna op? (Jes. 22:15). [Weeklikse Skrifgedeelte; wAF81 15/12 bl. 27 par. 7]
14. Wat word afgebeeld deur “Leviatan” van Jesaja 27:1? [Weeklikse Skrifgedeelte; wAF86 15/8 bl. 31]
15. Hoe het Jesus die Genesisverslag van die skepping beskou? [rsAF bl. 33]
16. Hoe beskou afvalliges gewoonlik die predikings- en onderrigtingswerk? [rsAF bl. 35]
17. Wat was “die sleutels” wat aan Petrus toevertrou is? (Matt. 16:19). [rsAF bl. 41]
18. Hoe weet ons dat die oorlog van Armageddon nie by ’n letterlike berg Megiddo gevoer sal word nie? [rsAF bl. 48]
Vul die ruimtes in die volgende stellings in:
19. Die skrywer van die boek Ester was․․․․․․․.[si bl. 92 par. 6]
20. Ester het․․․․․․․as koningin van Persië en vrou van Ahasveros vervang. [si bl. 92 par. 7, 8]
21. Die skrywer van die boek Job was․․․․․․․.[si bl. 95 par. 4]
22. Die “wagter” van Jesaja 21:11 het․․․․․․․afgebeeld.[Weeklikse Skrifgedeelte; wAF80 15/9 bl. 7 par. 11]
23. Die “vorste” is vandag․․․․․․․(Jes. 32:1). [Weeklikse Skrifgedeelte; si bl. 362 par. 26]
24. Die bron van sogenaamde boodskappe van die dode is in werklikheid․․․․․․․[rsAF bl. 416]
25. Die oorlog in die hemel het․․․․․․․begin (Openb. 12). [peAF bl. 22 par. 18]
Onderstreep die korrekte antwoord in die volgende stellings:
26. Die 70 jaar van verlatenheid van Juda en Jerusalem het in die (Vierde; sewende; tiende) maand van 537 v.G.J. geëindig. [si bl. 86 par. 8]
27. Die Persiese koning Artaxerxes I het sy heerskappy in (443; 455; 474) v.G.J. begin. [si bl. 88 par. 5]
28. Jerusalem se muur is onder leiding van Nehemia in (52; 30; 25) dae herbou. [si bl. 89 par. 9]
29. (Jesus; Petrus; Johannes die Doper) het Jesaja 40:3 in die eerste eeu vervul. [Weeklikse Skrifgedeelte; ad bl. 600]
30. Die Rooms-Katolieke “heilige” (Ignatius; Augustinus; Christophorus) het sy geloof dat Christus, nie Petrus nie, die “rots” van Mattheüs 16:18 was onomwonde uitgespreek. [rsAF bl. 40]
Paar die volgende tekste met die stellings hieronder af:
Ex. 21:22, 23; Pred. 9:5, 6; Dan. 2:44; 1 Kor. 9:5; 2 Joh. 9,10
31. God sê dat ’n persoon wat ’n aborsie opsetlik veroorsaak tot verantwoording geroep moet word. [rsAF bl. 30]
32. Daar bestaan geen rede om te vrees dat ons afgestorwe voorouers ons kwaad sal aandoen nie. [rsAF bl. 415]
33. Getroue Christene verwelkom nie afvalliges in hulle teenwoordigheid en lees ook nie hulle lektuur nie.[rsAF bl. 36]
34. Die selibaat as vereiste vir die Rooms-Katolieke geestelikes is onskriftuurlik. [rsAF bl. 44, 45]
35. Alle politieke regerings sal by Armageddon vernietig word. [rsAF bl. 48]