Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Augustus: Enige twee van die volgende publikasies teen ’n bydrae van R2,00 elk: “Die nasies sal weet dat ek Jehovah is”—Hoe?, “Dinge waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg” en Van die verlore paradys tot die herwonne paradys. Pioniers kan hierdie boeke teen R1,00 per eksemplaar bekom. Krediet vir die ‘Nasies’- en ‘Dinge’-boeke wat deur verkondigers en pioniers geneem word, kan in die “Pioneer Credit Request”-kolom op die Remittance and Credit Request-vorm aangevra word. (Engels: Een van die volgende tydskrilgrootte brosjures met 32 bladsye teen 60c elk: Enjoy Life on Earth Forever!, The Divine Name That Will Endure Forever of The Government That Will Bring Paradise.) September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R5,00 vir die groot uitgawe en, R2,50 vir die klein uitgawe. Oktober: ’n Jaarintekening op of Ontwaak! of Die Wagtoring of albei. November: Is die Bybel werklik die Woord van God? teen ’n bydrae van R2,00. (Engels: New World Translation met die “Kingdom Come”-boek teen ’n bydrae van R9,00.)
• Net ’n sekere aantal bladsye per week is aangewys in die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? vir die Gemeentelike Boekstudie sodat alle tekste in die betrokke les nageslaan en gelees kan word.
• Elke gemeente sal drie lektuurinventaris vorms ontvang en moet kampanje lektuur tel. Vul die vorms asseblief volledig in en stuur die oorspronklike nie later nie as 6 September 1988 aan ons. Hou ’n deurslag in julle lêers. Ons stuur die derde eksemplaar wat as ’n werkstaat gebruik kan word.
• Gemeentes moet begin om die 1989-Kalender van Jehovah se Getuies saam met hulle lektuurbestelling vir September te bestel. Die kalender sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Kalenders is beheerde items en lektuurrekeninge sal met R2,20 per eksemplaar gedebiteer word. Dit is die prys vir verkondigers, pioniers en die publiek. Geldsendings moet nie die bestelling vergesel nie tensy julle gemeente ’n nadelige saldo by die Genootskap het. In sulke gevalle moet kontant julle bestelling vergesel. Totdat die kalenders beskikbaar is en uitgestuur word, sal dit as “Will Send Later” op gemeentefakture verskyn.
• Neem asseblief kennis van die volgende prysverhogings op ons tydskrifte wat deur die Bestuursliggaam goedgekeur is. Hierdie prysverhoging is vanaf die nommer van 1 September 1988 van krag. Pas julle Pryslys ooreenkomstig aan:
Pio. Gem. en publiek Die Wagtoring en Ontwaak!
Verspreiderseksemplare R ,25 R ,50
Half maandelikse intekeninge
Eenjaar 5,00 10,00
Sesmaande 2,50 5,00
Maandelikse intekeninge
Eenjaar 2,50 5,00
• Let asseblief op dat daar geen pioniertarief vir die nuwe reeks traktate is nie. Dit word ook nie gratis aan pioniers gegee nie. Moet asseblief nie traktate in die “Pioneer Credit Request”-kolom op die Remittance and Credit Request-vorm aangee nie.
• As jy verwag om in n ander stad in die hospitaal opgeneem te word, moet jy die stadsopsiener of die presiderende opsiener in daardie gebied daarvan verwittig. Die presiderende opsiener kan namens jou met die Genootskap in verbinding tree as jy nie weet hoe om met die betrokke opsiener in aanraking te kom nie.
• Nuwe publikasie beskikbaar:
“Kyk, Ek maak alles nuut” (Brosjure)—Hindi
• Nuwe kassetopname beskikbaar:
Esegiël (stel van vier; gemeente en publiek: R13,00; pioniers: R11,00)—Engels
• Permanent uit voorraad in Suid-Afrika:
Die lewe behels veel meer!—Engels
“Hierdie goeie nuus van die koninkryk”—Suid-Sotho, Zulu
’n Veilige toekoms—Hoe jy dit kan vind—Zulu
Ondersoek die Skrif elke dag—1988—Tswana