Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 1 AUGUSTUS
12 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Lewer verslag oor wat tot dusver in ontoegekende gebied verrig is. Meld reëlings vir volgende besoek en moedig volle ondersteuning aan. Aangesien Augustus laaste maand van diensjaar is, moet ons al ons kragte inspan om alle velddiensreëlings te ondersteun. Rapporteer velddiensaktiwiteit stiptelik aan einde van die maand. Spoor velddiens deelname op die eerste Sondag van die maand aan.
20 min: “Bied die goeie nuus aan—Met brosjures.” Bespreek kortliks paragraaf 1 en 2, en bied dan drie goed geoefende demonstrasies aan, een vir elke brosjure. Spoor jong verkondigers aan om aanbieding in paragraaf 4 te leer. Moedig verkondigers aan om goed voor te berei sodat hulle op bekwame wyse tot die aanbod kan oorgaan. Herinner hulle daaraan dat brosjures gebruik kan word om Bybelstudies te begin. Hou kort demonstrasie van boekaanbod vir die maand vir Afrikaanse gebiede.
13 min: “’n Nuwe kenmerk van die 1989-kalender.” Geesdriftige toespraak. Verduidelik goed hoe om kalender te bestel soos in Aankondigings uiteengesit word.
Lied 204 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 8 AUGUSTUS
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag en erkenning van bydraes. Spoor almal aan om op tweede Saterdag van Augustus aan tydskrifgetuieniswerk deel te neem. Sluit ’n kort demonstrasie in oor aanbieding van jongste tydskrifte.
20 min: “Vervul jou bediening ten volle.” Vraag-en-antwoordbespreking. Verwys na die Index onder “TERRITORY”, onderhofie “coverage”, subonderhofie “repeated”, vir ondervindinge oor die voordele daarvan om huis-tot-huisverslae te gebruik, wanneer paragraaf 3 en 4 bespreek word. Voorbereide plaaslike ondervindinge kan ook gebruik word.
15 min: Wees ’n goeie luisteraar! Bemoedigende en leersame toespraak. Luister speel ’n belangrike rol in leerproses (Spr. 1:5). Ons vooruitgang as ’n Christenbedienaar hang in groot mate af van hoe ons by vergaderinge, by byeenkomste en na ouere manne luister (Spr. 18:15). ’n Goeie luisteraar hoor nie net met sy ore nie, maar skenk ook aandag met sy verstand en sy hart. Hy word deur sy hart beweeg om ’n saak te verstaan en iets daaromtrent te doen. Hy word beweeg deur wat hy hoor (Matt. 13:23). Belangstelling is ’n uiters belangrike faktor om goed te kan luister. Ons belangstelling in die waarheid behoort ons te help om ons luistergewoontes by vergaderinge en byeenkomste te verbeter. Wat kan ons doen om ons luistergewoontes te verbeter? Kyk Studie 5 van die Skoolhandleiding vir bykomende wenke. Moedig almal aan om Jesus se raad te onthou: “ Skenk . . . aandag aan die wyse waarop julle luister.”—Luk. 8: 18, NW.
Lied 40 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 15 AUGUSTUS
10 min: Plaaslike aankondigings. Meld gemeente se velddiensreëlings. Voer onderhoud met jongmense wat as hulppioniers gedien het. Hoe het hulle daarby baat gevind en watter vreugdes het hulle ervaar? Vertel kortliks interessante ondervindinge wat hulle in die velddiens gehad het.
20 min: “ Gesinsbybelstudie—’n prioriteit vir Christene.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel.
15 min: Voer onderhoud met jong mense van verskillende ouderdomsgroepe in die gemeente. Wat is die probleme wat jong Getuies in die skool teëkom? Wat kan hulle persoonlik doen om met hulle ouers saam te werk om die gesinstudie ’n sukses te maak? Wat kan ons doen om hulle te help? Is dit hulle doelwit om Jehovah voltyds te dien?
Lied 157 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 22 AUGUSTUS
10 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese Nuus. Spoor velddiensdeelname met tydskrifte op die vierde Saterdag aan. Demonstreer gepaste aanbiedings.
18 min: Hoe kan ons meer produktief wees? Moet deur die diensopsiener behartig word. Hersien maniere met die gemeente waarop almal aan aspekte van diens wat dalk aandag nodig het, kan deelneem. Informasie kan nageslaan word met behulp van die Index onder “FIELD MINISTRY”. Gee praktiese wenke aan die gehoor. Een tot drie kort demonstrasies kan gebruik word om gedagtes onder bespreking toe te lig.
17 min: “ Het jy eens omgegaan met Jehovah se organisasie?” Roerende toespraak deur ervare ouere man wat verduidelik waarom die gemeente tereg besorg is oor onbedrywige persone en wat gedoen kan word om sulke persone te help wat gemeentelede moontlik ken.—wAF88 1/15 bl. 21-23.
Lied 123 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 29 AUGUSTUS
5 min: Plaaslike aankondigings. September is laaste maand van ontoegekendegebied-kampanje. Spoor almal in gemeente aan om, met die oog op warmer weer, reëlings vir die maand ten volle te ondersteun. Moedig almal aan om velddiensrapporte stiptelik aan einde van die maand in te gee.
13 min: Bied Skepping-boek gedurende September aan. Lewendige toespraak met demonstrasies. Beklemtoon waarde van Skepping-boek vir mense in julle gebied. Meld verskeie situasies waar dit aangebied kan word. Demonstreer huis-tot-huis aanbieding met behulp van ‘Onderwerp vir gesprekke’, en demonstreer een ander aanbieding wat in julle gebied gepas sal wees.
12 min: “Die voordele van gehoorsaamheid aan goddelike onderrig.” Gesinsbespreking wat beklemtoon hoe daar positief op eerste program vir spesiale byeenkomsdag gereageer is en na nuwe program uitgesien word. Herinner broers aan datum van volgende spesiale byeenkomsdag vir plaaslike gemeente indien dit nie reeds aangekondig is nie.
15 min: Plaaslike behoeftes.
Lied 80 en slotgebed.