Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/88 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 5 SEPTEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 12 SEPTEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 19 SEPTEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 26 SEPTEMBER
Ons Koninkryksbediening—1988
km 9/88 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 5 SEPTEMBER

Lied 79

10 min: Plaaslike aankondigings. Gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening en “Voorsiening vir Pioniers”. Moedig broers aan om tydskrifwerk op tweede Saterdag van die maand te doen. Doen gepaste gesprekspunte aan die hand as die tyd toelaat.

20 min: “Bied die goeie nuus aan​—Met die Skepping-boek.” Vrae en antwoorde. Sluit kort demonstrasie in oor hoe jy Skepping-boek by ’n jongmens sal aanbied. Demonstreer ook kortliks sleutelgedagtes uit paragrawe 4-6. (Begin demonstrasies nadat laaste teks in ‘Onderwerp’ gelees is.) Sluit af met plaaslike ondervindinge oor verspreiding van Skepping-boek.

15 min: Jongmense—Kan julle ’n Studie hou? Moet deur ’n ouere man behartig word. Lig gemeente in hoeveel verkondigers in die gemeente onder 20 jaar is en hoeveel van hulle studies hou. Bespreek waar hulle kan verbeter. Tieners kan dalk met behulp van Skepping-boek of Jeug-boek studies met klasmaats begin. Kan voorbeeldige jongmense vra om ondervindinge te vertel. Kies net ’n paar wat die beste pas. (Kyk yb88 bl. 53 par.  1-3; w84 4/1 bl.  30 par.  4; yb71 bl.  150 par.  1.) Jonger kinders kan Bybelstudies met ander kinders begin in Bybelverhale-of Groot Onderwyser-boek. (Kyk yb75 bl. 13 par.  4; yb70 bl. 93 par.  2.) Jongmense kan probeer om studies te begin met mense wat hulle in die velddiens ontmoet. (Kyk wAF82 3/15 bl.  24 par. 7; yb71 bl.  264 par.  2.) As daar plaaslike ondervindinge is, kan dit gebruik word om gedagtes toe te lig

Lied 221 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 12 SEPTEMBER

Lied 128

12 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Meld erkennings van bydraes aan Genootskap.

18 min: “Stel persoonlike doelwitte vir die nuwe diensjaar.” Vraag-en-antwoorddekking. Jy kan dalk, om te toon watter vooruitgang gemaak is, vra of sommige gedurende die afgelope jaar by vergaderinge kommentaar begin lewer het, Bybelstudies begin het, vir die eerste keer hulppionierdiens gedoen of as gewone pioniers begin dien het.

15 min: Ons gemeente se aktiwiteit. Presiderende opsiener bespreek met gemeente die werk wat gedurende die afgelope diensjaar verrig is. Gebruik Ontledingsrapport oor gemeente (S-10-AF) as grondslag om te toon watter vooruitgang gemaak is en wat aandag moet geniet. Meld gepaste gedagtes wat deur kringopsiener gedurende sy laaste besoek gemeld is.

Lied 166 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 19 SEPTEMBER

Lied 194

5 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om op Vierde Saterdag van maand aan tydskrifwerk deel te neem.

17 min: “Begin Bybelstudies—Nou is die geleë tyd.” Gehoorbespreking van artikel. Laat ervare verkondiger tydens bespreking van paragraaf 3 ’n kort demonstrasie hou deur tweede inleiding onder “Tuisbybelstudies” op bladsy 14 van Redenering-boek te gebruik. Begin na bespreking van paragraaf 5 ’n ander demonstrasie waar huisbewoner lektuuraanbod hoflik van die hand wys. Verkondiger vra dan of huisbewoner ooit gewonder het of die aarde in ’n kernoorlog vernietig sal word en wag op antwoord. Verkondiger bied dan aan om terug te kom en onderwerp te bespreek. Doen aan die hand dat huisbewoner sekere tekste neerskryf en hulle later, maar voor die volgende besoek, lees. Broer wat deel behartig, moet hartlik en entoesiasties wees, en almal nooi om ’n deelname aan Bybelstudiewerk te hê.

13 min: Hoe vaar ons in die Bybelstudiewerk? Bespreking van gemeente se aktiwiteit deur diensopsiener. Meld getal Bybelstudies wat gerapporteer word. Bron van vreugde om te sien dat belangstellendes ag slaan op die waarheid (Hand. 11:18; 15:3). Trek getal gesinsbybelstudies wat gerapporteer word af om te toon hoeveel studies in gebied gehou word. Vergelyk tydskrif- en lektuurverspreiding met getal herbesoeke wat gerapporteer word. Is dit ’n gebied waar Bybelstudies ontwikkel kan word? Vergelyk die gemiddelde getal Bybelstudies (gesinstudies inkluis) per verkondiger met land se gemiddelde van 0,6. Gee gepaste lof en bemoediging. Kan ondervindinge insluit oor Bybelstudies wat begin en gehou is.

10 min: Hou gesinstudies. Moet deur voorbeeldige gesinshoof behartig word. Herinner ouers aan Godgegewe verantwoordelikheid (Ef. 6:4). Die Wagtoring, 1 Augustus 1986, bladsy 28, en 1 November 1986, bladsy 24, bevat nuttige wenke. Verduidelik hoe gesinstudie met ongedoopte kinders gerapporteer kan word (kmAF 8/83, Vraebus, par. 2). Voer onderhoud met ouer wat goeie resultate behaal het deur gereeld met sy of haar kinders te studeer.

Lied 168 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 26 SEPTEMBER

Lied 143

12 min: Plaaslike aankondigings.

Teokratiese nuus. Berei voor vir intekeningaanbod wat komende naweek begin. Demonstreer hoe aanbod by ‘Onderwerp vir gesprekke’ ingeskakel kan word. Spoor almal aan om intekeninge op eerste Sondag van maand aan te bied.

10 min: Die vreugdes van pionierdiens. Voer onderhoud met ’n paar gewone pioniers wat Pionierdiensskool bygewoon het oor hoe die skool hulle tot voordeel gestrek het. (As daar geen gewone pioniers in gemeente is wat by die skool was nie, kan pioniers of diegene wat onlangs hulppionierdiens gedoen het om velddiensondervindinge gevra word.)

13 min: “Rapporteer jou velddiens akkuraat.” Gemeentelike sekretaris behartig bespreking met gehoor.

10 min: Plaaslike behoeftes of toespraak oor “Word ’n geordende bedienaar—op God se manier!” in Die Wagtoring van 15 Junie 1988, bladsye 28-31.

Lied 196 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel